Dagse..
Ek gebruik al van 2017 af 'n LG G6 en alhoewel dit nie die beste specs in die wereld het nie is dit die beste foon wat ek al ooit gehad het. Alles op daai foon werk net soos ek daarvan hou en die features wat my die meeste trek is die Fingerprint scanner agter op die foon en die volume control (Samsung en LG het selfde tipe volume control). Klein goedjies maar dis wat tel.
Ek het die LG gekoop by Connecteddevices nadat ek my CAT S60 verkoop het wat ook splinternuut was...baie nice foon maar net te groot en lomp vir my gewees.
Einde 2018 kon ek upgrade maar MTN het net die G7 ThinQ gehad en dis nie veel van verbetering op G6 gewees nie so toe wag ek vir LGV40 om te launch maar net Vodacom het hulle in SA ingebring. So toe wag ek dat die V50 launch maar hy gaan ook nie SA toe kom nie.
Toe na 'n jaar van wag en nogsteeds baie happy met my G6 behalwe dat die lense op my kamera al effens gekrap was en foto kwaliteit nie meer is wat dit was nie toe besluit ek maar om in Oct vir my die Huawei P30 Pro te kry. Hy le toe vir 3 weke in die boks sonder dat ek hom oopmaak want ek sien nie kans om nuwe foon te leer terwyl ek werk nie...
So saterdag besluit ek dis 'n rustige naweek en ek maak hom oop en copy my LG na hom toe met phoneclone en neem baie fotos en ek dink dis genuine 'n smart foon. Laat glas screencover opsit en koop shockproof casing vir hom.
Stunning kamera, baie spasie, massive specs en awesome battery life.....maar ek kan hom na 2 dae nie gewoond raak by die werk nie nie en die ding wat ek die meeste mis is die fingerprint scanner agter op die foon.
So ek het gister die foon gedefault en in die boks terug gepak.
Wil hom graag verkoop en gaan vir my die LGG8s by Connecteddevices koop. Hy kos in die omgewing van R10200.00
So ek soek R10 000 vir die P30 Pro. (Klaar screencover en shockproof casing)
Ek weet nuut is hulle tussen R11500 en R13500
Ek post netnou gou fotos
groete
Martin
078four1nine611zero
PS: Daai p30 neem regtig stunning fotos. EK sit langs die krieketveld en neem batsmen af dat dit lyk of ek op die veld is. Baie impressive!
Huawei P30 Pro for sale
- Trompie
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Re: Huawei P30 Pro for sale
Daai is my post. My laptop het ingelog op my ou profile
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
- Trompie
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Re: Huawei P30 Pro for sale
Verkoop..dankie
Sent from my LG-H870 using Tapatalk
Sent from my LG-H870 using Tapatalk
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...