Wapen dra op vakansie.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Wapen dra op vakansie.
Ek gaan oor n week Mosselbaai toe vir n lekker vakansie.
My CZ P07 sal saamgaan, maar die vraag is hoe gemaak deur die dag op die strand en hoe dra ek die wapen as ek in die aand gaan visvang?

-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1394
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Wapen dra op vakansie.
Ek dra hom. Op die strand is hy in die strandsak by my as ek hom saamvat. As ek beplan om te swem, dan los ek hom maar tuis. As ek visvang, gaan hy saam met my. Aan my persoon. As vis byt dan word hy gewoonlik in 'n sak gesit (hy clip maklik af), in die rugsak en dan hou my vrou of swaer hom terwyl ek in die water werk.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Ek is nie 'n swemmer nie, baie aande in fransmanshoek op die saal gaan haaie vang, heeltyd op my...
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2198
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Ek veronderstel jy hengel van die strand of rotse of pier af.
Kry n los, groterige hemp wat ver genoeg oorhang.
Dra jou pistool soos altyd. As jy n swembroek aanhet kan jy nog steeds versteek dra; kry net n stewige gordel oor die swembroek, onder die groot hemp.
Die bietjie soutwater wat mag bykom sal niks aan jou pistool doen nie. By die see is dit altyd raadsaam om hom daagliks skoon te maak.

- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Jy kan natuurlik vir jou normale holster 'n ulticlip opsit en dan dra hy nie te sleg op 'n PT broek nie.
Kriek
Kriek
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1394
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Wapen dra op vakansie.
My pistool en soutwater sal nooit maatjies wees nie. As ek net die see naby hom noem dan begin hy al roeskolletjies sweet. Ek hou hom so droog as moontlik, dis hoekom ek hom afhaal as ek naby die water kom.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Ja dis moeilik op die strand, veral as mens besig is met kinders in die water en visvang.Die probleem is die vakansie sakke wat by die sambreel le is gewoonlik die eerste wat gesteel word so om hom daar te los in n handsak of strandsak gaan nie vlieg nie. Tensy vroulief / metgesel heeltyd daar is as jy hengel. Alternatiewelik op jou dra terwyl jy hengel, maar dit sal ek persoonlik nie doen nie.
Ek gaan af-en-toe af Swakop / Henties toe vir visvang. Ek dra beslis nie as ek hengel nie - soms is ek papnat tot by my nek met branders wat ek misgis het met die terugtrek inhardloop gooi-slag of n lekker kabbeljou of haai tot in die water baklei. Hierdiekant is jou motor-parkeering baie naby jou hengelplekke en in sig. Ek spuit altyd n stuk mutton-cloth nat met Ballistol en draai my wapen toe daarmee en sit hom in n groot zip-lock sakkie onder die sitplek en sluit die voertuig.
In die kus dorpe rondbeweeg dra ek op my en maak seker elke oggend en aand field-strip ek en vee ordentlik af met olieborsel en lap - trek die loop ook daagliks met olie, maak magasyn leeg en vee dit en koels ook af met olie lappie. Sover afgelope 3 jaar nog geen roes opgetel.

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Dankie vir almal se insette, die probleem is geen plekke is meer so veilig soos dit was nie, veral nie in die aand nie.
Hier is my probleem.
1.Ek het 3 kinders, dogters is 10 en 8 jaar oud, my seun is nou 20 maande. Deur die dag gaan ons Kleinbrak toe, so dan sit ek pistool in n ziploc sakkie in my rugsak onder n handdoek. Baie minder mense en die sak is die heeltyd onder iemand se toesig.
Die probleem is ek doen alles saam met die kinders, swem, vang krappies en vissies. So ek is nie die heeltyd by die sak nie, is dit wys om dit iemand anders se verantwoordelikheid te maak?
2. Ek vang my eie aas, so ek sal verskillende tye van die dag (soms 5uur die oggend) alleen rotspoele toe gaan en seekat ens vang.
Ek kan nie die bakkie sien waar ek is nie en kan ook nie pistool dra nie, want ek is sopnat.
So wat doek ek dan, los pistool by die huis?
3. In die aande vang ek by hartenbos en ook soms kleinbrak. Kleinbrak is ok want my bakkie is by my.
Hartenbos is die probleem want ek stap in as ek ingooi so word ook nat, so wat doen ek dan met pistool?
Wil verseker nie in die aand sonder dit wees nie.
Ek het al pistool in my vissak gesit, maar wat as n blikskottel besluit hy gryp die sak as ek by die water is?

Ek het eerlikwaar nie 'n antwoord wat 100% reg is nie. Jy praat van "die bakkie is nie naby jou nie", so dit skep 'n probleem. Maklik om te sê "kry 'n kluis vir die bakkie", wat wettig is, maar 'n pistool in 'n kluis ver van jou af is nutteloos, en dis juis as jy half-lyf in die water staan en sukkel met iets wat aandag verg wat mense beroof word by visvang-spots deesdae. Karre word ook vreeslik by die plekke gesteel, so al is jy wettig gedek is dit 'n gemors want jou wapen is in elkgeval daarmee heen, dan kon jy hom netsowel tuis gelos het.
Ek het eintlik maar net twee maniere - word nat en word nie nat nie. As ek nat word hou my vrou hom. As sy ook wil nat word dan los ek hom tuis. Ongemaklik, maar dis die opsie. Dan maak ek wel seker ek het ander goed by my - soos my duikmes. Dis nie die beste nie, maar dis beter as om my vinger te wys en "pew pew" te skree.

- saswart
- Sr. Member

- Posts: 486
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Askies @ Sako post bo, sou ek antwoord soos volg
1. Behalwe dat jy nie mag nie, weet ek nie of dit regverdig is op iemand anders om so verantwoordelikheid op hul te plaas nie.
2/3. Dit is nou glad nie mode nie maar wat van 'n moonbag, klein rugsak of daai sakkies wat so optrek met pistool in ziplock/waterdigte sak binne in. Dit gaan wel tyd vat om uit te kry maar met ziplock kan jy maklik pistool manipuleer in sakkie en sommer uit sakkie skiet as dit begin rof raak.
4. As nie een van bogenoemde los by huis in luis, bid niks gebeur en dra ordentlike mes.

Last edited by saswart on Fri Dec 13, 2019 9:58 am, edited 1 time in total.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
SAS / SAKO dis dan redelik 'eenvouding' (vir my)
As ek NIE my wapen by die vakansie tuiste veilig kan los nie en as ek NIE my wapen in die voertuig veilig kan los nie, sal ek n waterdigte rugsak kry en my wapen op my rug dra in n ziplock.

Last edited by FHM on Fri Dec 13, 2019 10:45 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Ek dink dit is die oplossing, veral vir die aande se visvang en as ek alleen in die water is.
Nou om so rugsak of "moonbag" op te spoor.
Nou om so rugsak of "moonbag" op te spoor.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
-
iCEtEA
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Fri Jul 10, 2015 1:58 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Hmmm hou baie van jou idee FHM,
Vandag se wapens is nie SO "geworry" oor water nie. Praat maar van die "Tupperware" soos Glock. Daar is natuurlik metaal wat kan roes op enige wapen. Veral met SEE WATER. My plan vir see-vakansie is my "Belly Band strap" wat ek dan hoog bo my boep en onder my bors dra. Sou hy nou nat word of bietjie see water kry, dan is dit nou maar afspoel met KOOKwater en dan spuit met Ballistol. Is nou al 'n paar keer in 'n swembad gegooi met my wapen of sopnat gereen (Laaste week of twee). Het nog nooit 'n probleem ondervind nie.
Kan wel die "Belly Band" voorstel as iets wat jy regdeur die jaar kan gebruik. Hy sit lekker gemaklik en werk met enige broek. Natuurlik kan jy hom ook oor jou bors dra as jy wil. Het hom hele winter so gedra as ek soms in die aande by die huis nie 'n broek dra wat 'n gordel het nie.
Groete.

BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Hierdie lyk vir my oulik. Dalk net bietjie te min tyd om hom hier te kry. https://www.ebay.com/itm/NEW-Alpine-Inn ... 2944526071
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
As mens die wapen in n ziplock sit - veral die wat n dubbel zip het, twyfel ek of dit nodig is vir n waterdigte rugsak. Die wat die fietsryers dra and loop/draf oorland atlete sal werk.
Sniper Africa het n lekker klein en kompakte rugsak wat ek altyd gebruik as ek gaan voorsit en torings klim op en af. Sien foto - die sal ook ideaal werk en mens kan dan n paar magasyne en jou 'koeldrank' of twee vir teen die water sommer bysit.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2198
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Laat die dominee nou maar n bietjie vir jou preeksako 30-06 wrote: Fri Dec 13, 2019 8:34 am Dankie vir almal se insette, die probleem is geen plekke is meer so veilig soos dit was nie, veral nie in die aand nie.
Hier is my probleem.
1.Ek het 3 kinders, dogters is 10 en 8 jaar oud, my seun is nou 20 maande. Deur die dag gaan ons Kleinbrak toe, so dan sit ek pistool in n ziploc sakkie in my rugsak onder n handdoek. Baie minder mense en die sak is die heeltyd onder iemand se toesig.
Die probleem is ek doen alles saam met die kinders, swem, vang krappies en vissies. So ek is nie die heeltyd by die sak nie, is dit wys om dit iemand anders se verantwoordelikheid te maak?
2. Ek vang my eie aas, so ek sal verskillende tye van die dag (soms 5uur die oggend) alleen rotspoele toe gaan en seekat ens vang.
Ek kan nie die bakkie sien waar ek is nie en kan ook nie pistool dra nie, want ek is sopnat.
So wat doek ek dan, los pistool by die huis?
3. In die aande vang ek by hartenbos en ook soms kleinbrak. Kleinbrak is ok want my bakkie is by my.
Hartenbos is die probleem want ek stap in as ek ingooi so word ook nat, so wat doen ek dan met pistool?
Wil verseker nie in die aand sonder dit wees nie.
Ek het al pistool in my vissak gesit, maar wat as n blikskottel besluit hy gryp die sak as ek by die water is?
n Mens dra n handwapen vir selfverdediging. Daarom moet jy die pistool binne een sekonde in die hand kan hê, anders kan jy dit los. Dit beteken dat daar nie tyd is om eers bakkie toe te hardloop nie, en daar is ook nie tyd om hom eers uit die visvangsak en die ziplocksakkie te haal nie. Die rower sal beslis nie terugstaan en jou daardie kans gee nie.
Daar is net een kans, en dit is dat hy onmiddelik beskikbaar moet wees.
Jou bekommernis lê klaarblyklik by moontlike roes. Vra jouself asb af wat belangriker is: n bietjie voorkombare/behandelbare roes, of jou en die gesin se veiligheid?
Dra gerus die pistool. Jy het een van die gehardste pistole wat geld kan koop. Hy is gemaak om so n bietjie mishandeling te kan verduur.
Randnota: selfs nie eers ammunisie behoort deur n enkele keer se dalk-nat-word geaffekteer te word nie.
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Ds praat die waarheid.
As jy hom gaan benodig is daar nie tyd om te soek nie.
Op die ammunisie:
Ek het nou die dag weer so bietjie gelaai en op een of ander poks skoot val een patroon in my varsgemaakte koffie. Vuurwarm, swart met suiker.
Ek los hom toe maar daar binne en drink toe eers die koffie heeltemal klaar toe dit al so tussen koud en ys koud was.
Ek merk toe die spesifieke 9mm "koffie" na my koffie klaar gedrink is.
Vier dae later stoot ek hom deur die chrony saam met die ander klomp en hy was redelik in die middel van die bondel.
Dis 'n brass koëel met een dryfband van 0.4mm breed waarop hy seel. So as +- 40 minute in koffie met so 'n klein seelvlak geen skade maak nie, sal 'n vinnige water sproei en dan en wan onderdompeling geen skade maak nie.
Maak seker jou pistool en ammunisie word skoongemaak so vinnig moontlkk nadat dit nat geword het.
En as jy by die huis kom het jy 'n rede om baan toe te gaan en die ou ammo uit te skiet

Ek ken nog 'n manier, klink baie simpel en is bitter eenvoudig, maar werk soos 'n bom. Nie net vir geweer, maar foon of enige iets. Ek het dit geleer by een van ons plaaswerkers, 'n oud perlemoen poacher. Koop 'n lekker groot ballon by crazy store. Blaas hom lekker groot op en druk die pistool teen sy onderkant lekker hard. Los dan die ballon se "op blaas gat" terwyl jy nog hard druk met die pistool. Die ballon blaas dan af om die pistool. Knip die rekkie op punt van die ballon se opening af en vou om die pistool. Knoop hom dan toe. Om veilig te wees kan mens twee ballonne om sit. Dra dan die pistool normaal. Mens kan selfs so swem.
Groete Ben
Groete Ben
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Ek gaan daardie een bietjie probeer. Dit klink asof dit kan werk. Jy gaan net vaie balonne opblaas met die oefen sessies

Kriek

Kriek
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2198
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Ben, het jy al so n toegedraaide pistool geskiet?BenJacobs wrote: Sat Dec 14, 2019 10:21 am Ek ken nog 'n manier, klink baie simpel en is bitter eenvoudig, maar werk soos 'n bom. Nie net vir geweer, maar foon of enige iets. Ek het dit geleer by een van ons plaaswerkers, 'n oud perlemoen poacher. Koop 'n lekker groot ballon by crazy store. Blaas hom lekker groot op en druk die pistool teen sy onderkant lekker hard. Los dan die ballon se "op blaas gat" terwyl jy nog hard druk met die pistool. Die ballon blaas dan af om die pistool. Knip die rekkie op punt van die ballon se opening af en vou om die pistool. Knoop hom dan toe. Om veilig te wees kan mens twee ballonne om sit. Dra dan die pistool normaal. Mens kan selfs so swem.
Groete Ben
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Ds, ek verstaan die probleem daar. Hamer, slide, vinger in die sneller beul kry, safety, as daar is, DINGUS, ens. Dis hoekom ek spesifiek praat van balonne opblaas met oefen. My SD lading staan op so 9gr CFE pistol of 8.8gr S121. Daardie ladings maak geweldig baie gas en mag Sannie se doodsteek wees. Maar as dit nie werk nie het ek dit darem getoets.Ds J wrote:Ben, het jy al so n toegedraaide pistool geskiet?BenJacobs wrote: Sat Dec 14, 2019 10:21 am Ek ken nog 'n manier, klink baie simpel en is bitter eenvoudig, maar werk soos 'n bom. Nie net vir geweer, maar foon of enige iets. Ek het dit geleer by een van ons plaaswerkers, 'n oud perlemoen poacher. Koop 'n lekker groot ballon by crazy store. Blaas hom lekker groot op en druk die pistool teen sy onderkant lekker hard. Los dan die ballon se "op blaas gat" terwyl jy nog hard druk met die pistool. Die ballon blaas dan af om die pistool. Knip die rekkie op punt van die ballon se opening af en vou om die pistool. Knoop hom dan toe. Om veilig te wees kan mens twee ballonne om sit. Dra dan die pistool normaal. Mens kan selfs so swem.
Groete Ben
En ek sal voorstel as iemand dit so wil dra dat hy ook eers toets en kyk hoe goed dit werk.
As jou gas nie vinnig genoeg by die tromp uitkom nie, gaan die slide teruggehou word deur gas wat by die kamer wil uitkom. Jy mag failure to feeds kry if ook out of battery.
Kriek
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Dit hang seker af van watter pistool. Myne (luger m80) se hammer kan ek redelik met gemak gespan kry in die ballon. En dit is nie so moeilik om vinnig met jou vinger 'n gat in die ballon oor die sneller te druk om jou vinger vinnig in te kry nie. Dit is seker nie idiaal nie, maar wys my nog 'n manier wat jy jou pistool saam jou in die water kan vat.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 960
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Wapen dra op vakansie.
Geen oplossing is perfek nie. Elkeen moet maar 'n kompromie aangaan na gelang van die situasie.
'n Pistool in plastiek of 'n ballon by jou is sekerlik beter as een by die voertuig waar ingebreek kan word of die een in die kluis. In so geval moet jy ekstra paraat wees om verdagte karakters betyds op te merk en die wapen uit die omhulsel te kry. Sou iemand jou op die rotse of strand nader, moet jy maar subtiel die wapen regkry vir indien dit nodig is en daarna maar weer bedek.
My eie selfverdediging wapen dra ek al 29 jaar lank. Die wapen jag saam, vang saam vis, ens. Die wapen is al blink ("blueing" op baie plekke af), maar is 100% diensbaar. Hoewel die wapen self nog nie in seewater geswem het nie, het dit al natgereën en baie blootstelling aan seelug en seewater gehad. Ek sien dit nie as 'n mode item of vertoonstuk nie, maar as 'n stuk gereedskap. In my geval dra ek dit sonder balonne, plastiek, of sulke beskermingsmaatreëls. Dit moet net skoongemaak word na die tyd.
Jou visstok en katrol sal seker ook in 'n vlekkelose toestand bly as jy dit nooit gebruik nie, maar dit is sekerlik nie hoekom jy dit aangeskaf het nie.

Jammer, ek kon nie vanoggend balonne (of kondome
) kry voor ek plaas toe is nie. Ek wil dit regtig toets en kyk of daar voordele in lê vir my.
Kriek
) kry voor ek plaas toe is nie. Ek wil dit regtig toets en kyk of daar voordele in lê vir my.Kriek