Pyp lê raad.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Pyp lê raad.
Middag manne
Ek sit maak nou somme. So die planne is net om te vra of iemand al iets soos gedoen het.
Ek sit met vreeslike sout waters wat pompe en pype verwoes. Die gate is ook baie oud en tans sit ek met pype wat uit gat gehaal moet word en dan moet ek die gat skoonmaak. My ander probleem is dat ek vrek vêr van alles is en 'n boor of skoonmaak masjien gaan my baie geld kos om op plaas te kry. EK kan wel die somme so rofweg maak. Aan die einde van die dag sit ek steeds met vreeslike sout water in die area. EK het wel varser water aan anderkant van die plaas. Die gate is ook sterker en is tans in gebruik.
Ek moet dus of 3 x gate skoonmaak of nuwe gate boor, 3 x solar stelle koop en instaleer en sover moontlik plastiek pype gebruik en nuwe tenke of damme instaleer.
Of my ander plan is om die 5km vanaf vars bestaande gat water met pyplyne na ander drink plekke te skuif. Dan vanaf hierdie punt 'n lyn 3-5 km suid lê met nog twee drink punte. Ek sit dan sterk Grunfors pomp hier in. Daar is twee bestaande damme wat tans water bevat en ek kan dan tenke op die nuwe lyn instaleer op hoogste punt vanaf die pomp. 'n Digger loader gaan te lank neem om so ver te grawe, wel ek kan, maar die gaan so moeilik wees om ons digger in Nam te kry en weer terug en dan kan hy nie paaie skraap of sleepwa vir ander werk sleep nie.
Kry mens 'n driepunt trencher wat so 100mm wyd en 800mm diep teen redelike spoed kan loop. Dit is darem 90 % sand grond.
Ek begrawe dan 'n klas 6 pyp en my sout water probleem is opgelos en ek het een groot Grunfors ipv. 3 kleiner eenhede wat in swak water staan. Daar is darem nog water punte op die plaas vir die ander areas. Die beeste kom af en dit is net vir wild geen binne drade nie.

Last edited by tau on Tue Jan 14, 2020 8:08 am, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Albertdwk
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm
Re: Trencher wat op trekker se driepunt pas
Tau glo jy sal een kan kry wat op 'n trekker pas, weet net nie van hier plaaslik nie.
Raad wat ek jou kan gee, het eenmaal die by 'n boer gesien. Hy het 'n plaaslik vervaardigte trencher(nuut, dink in Vereeniging) wat op 'n skidsteer pas gekoop en toe 'n raam gemaak wat op die trekker se diepunt pas en die trencher pas op die raam. Hy het dan met die trekker se hidrolies aangedryf. Dink hy trench 200mm breed en 800 of 900mm diep. Hyt gesê dit hom onder R100 000 gekos. Hoop dit help.
Raad wat ek jou kan gee, het eenmaal die by 'n boer gesien. Hy het 'n plaaslik vervaardigte trencher(nuut, dink in Vereeniging) wat op 'n skidsteer pas gekoop en toe 'n raam gemaak wat op die trekker se diepunt pas en die trencher pas op die raam. Hy het dan met die trekker se hidrolies aangedryf. Dink hy trench 200mm breed en 800 of 900mm diep. Hyt gesê dit hom onder R100 000 gekos. Hoop dit help.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Trencher wat op trekker se driepunt pas
Baie dankie!!! ek sal kyk daarna. Nou net met pel gepraat wat Tiling doen en hy gaan vir my foto's van ripper met verlenging op stuur wat hulle gebruik om pype te lê.Albertdwk wrote: Thu Jan 09, 2020 2:34 pm Tau glo jy sal een kan kry wat op 'n trekker pas, weet net nie van hier plaaslik nie.
Raad wat ek jou kan gee, het eenmaal die by 'n boer gesien. Hy het 'n plaaslik vervaardigte trencher(nuut, dink in Vereeniging) wat op 'n skidsteer pas gekoop en toe 'n raam gemaak wat op die trekker se diepunt pas en die trencher pas op die raam. Hy het dan met die trekker se hidrolies aangedryf. Dink hy trench 200mm breed en 800 of 900mm diep. Hyt gesê dit hom onder R100 000 gekos. Hoop dit help.
Soos ek noem hoe meer info hoe beter is die besluit wat ek kan maak.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Trencher wat op trekker se driepunt pas
Google die volgende "backhoe that fits on tractor three point"
https://youtu.be/bL1pHzfjgSQ
https://youtu.be/pHcH7WvivJc
https://youtu.be/bL1pHzfjgSQ
https://youtu.be/pHcH7WvivJc
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Matt
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Fri Jul 13, 2012 11:21 am
Re: Trencher wat op trekker se driepunt pas
More Tau
Jy het 'n PM
Groete
Matt
Jy het 'n PM
Groete
Matt
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Trencher wat op trekker se driepunt pas
As ek mag vra, hoekom so diep? Ek kan dink veral in sand gaan dit nie maklik wees nie omdat die sloot gaan bly toeval.
Die ripper tand wat die pyp "plant" is verseker die beter opsie maar selfs dan sal ek dink is 400m genoeg?
Die ripper tand wat die pyp "plant" is verseker die beter opsie maar selfs dan sal ek dink is 400m genoeg?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Trencher wat op trekker se driepunt pas
Hoe vlakker hoe makliker gaan maak 'n vlakvark hom oop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: Trencher wat op trekker se driepunt pas
Middag John,tau wrote: Thu Jan 09, 2020 2:10 pm Middag manne
Ek sit maak nou somme. So die planne is net om te vra of iemand al iets soos gedoen het.
Ek sit met vreeslike sout waters wat pompe en pype verwoes. Die gate is ook baie oud en tans sit ek met pype wat uit gat gehaal moet word en dan moet ek die gat skoonmaak. My ander probleem is dat ek vrek vêr van alles is en 'n boor of skoonmaak masjien gaan my baie geld kos om op plaas te kry. EK kan wel die somme so rofweg maak. Aan die einde van die dag sit ek steeds met vreeslike sout water in die area. EK het wel varser water aan anderkant van die plaas. Die gate is ook sterker en is tans in gebruik.
Ek moet dus of 3 x gate skoonmaak of nuwe gate boor, 3 x solar stelle koop en instaleer en sover moontlik plastiek pype gebruik en nuwe tenke of damme instaleer.
Of my ander plan is om die 5km vanaf vars bestaande gat water met pyplyne na ander drink plekke te skuif. Dan vanaf hierdie punt 'n lyn 3-5 km suid lê met nog twee drink punte. Ek sit dan sterk Grunfors pomp hier in. Daar is twee bestaande damme wat tans water bevat en ek kan dan tenke op die nuwe lyn instaleer op hoogste punt vanaf die pomp. 'n Digger loader gaan te lank neem om so ver te grawe, wel ek kan, maar die gaan so moeilik wees om ons digger in Nam te kry en weer terug en dan kan hy nie paaie skraap of sleepwa vir ander werk sleep nie.
Kry mens 'n driepunt trencher wat so 100mm wyd en 800mm diep teen redelike spoed kan loop. Dit is darem 90 % sand grond.
Ek begrawe dan 'n klas 6 pyp en my sout water probleem is opgelos en ek het een groot Grunfors ipv. 3 kleiner eenhede wat in swak water staan. Daar is darem nog water punte op die plaas vir die ander areas. Die beeste kom af en dit is net vir wild geen binne drade nie.
My skoonpa het een op die plaas, hy kom op die trekker se drie punt en die rol pyp kom bo op hom. Soos wat jy grawe lê hy die pyp klaar, so die grond wat wil terug val is nie 'n probleem.
Hy het nou die dag weer 2.5km pyp so gelê.
Groete
Ockert
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Trencher wat op trekker se driepunt pas
Eentand ripper met verlenging van pyp op die bokant werk lekker. As jy stuk spoorstaaf dwars agterna sleep kan jy half toesleep ook.
- Dawid S
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Sat Nov 21, 2015 4:44 pm
Re: Trencher wat op trekker se driepunt pas
Rip die sloot soos wat jy wil plant 'n paar keer sodat wanneer jy plant dit makliker gaan en jy nie verrassings kry nie.Jakkalsgat wrote: Fri Jan 10, 2020 3:17 pm Eentand ripper met verlenging van pyp op die bokant werk lekker. As jy stuk spoorstaaf dwars agterna sleep kan jy half toesleep ook.
Doen dit eers met gewone eentand ripper, dit sal jou aanduiding gee of die " plant met ripper" sal werk.
Dit sal elk geval die heel goedkoopste wees.
-
JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: Trencher wat op trekker se driepunt pas
Een skaar ploeg as dit grond nat is, veral met sagte grond?
Ek het heelwat pyplyne, en hulle is net so graaf diepte. Niks pla hulle nie. Of soos genoem n ripper wat die pyp sommer in die grond sit. Ek het n een tand ripper gebruik en arbeid om die sloot oop te maak en die pyp lynne te le. Maar dit was in harde grond. Reentyd gerip. Die res van die jaar was dit te hard.
Pyplyne is baie goedkoper as n nuwe boorgt installasie. Ek het in elke kamp n tenk met n krip wat met n pyp lyn voorsien word van 2 damme wat op n hoogte staan. Die word vol gepomp met n son pomp.
Ek gebruik 5000l tenke, maar vir skaap kan 2000l seker ook werk?. Hang af hoeveel diere daar suip en hoe lank jy wil toelaat vir n ondeberking in aanvulling. Die pyp deursnit is uitgewerk dat die tenk ten minste in 12 uur kan vol maak, (afstand en hoogte verskil). Alles is klas 3 pyp, behalwe een pomp lyn.
En gebruik maar n goeie air valve op hoogte punte, nie n Agra vacuum breaker nie.

Last edited by JK on Sat Jan 11, 2020 7:30 am, edited 2 times in total.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Trencher wat op trekker se driepunt pas
Dit sal ook wys wees om die pyplyn duidelik te merk sodat jy dit maklik in die toekoms kan opspoor.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
hierswolf
- Full Member

- Posts: 112
- Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm
Re: Trencher wat op trekker se driepunt pas
Ek het vir my een van daai rippers gekry wat die pyp agter die ripper voer, maar hy het die pyp geknak in die proses. Ek moes toe n vinninge nood plan maak wat toe so lekker gewerk het ek het al 3km+ in turf grond met hom gele.
Ek het n gat gesny in die voerder pyp net agter die ripper tand en so 1.2m 50mm (ek dink) pyp daar in gehammer van voor af. Die 50mm pyp steek uit bo die grond tussen die trekker se agterwiele teen so 30grade.
Ek rol dan my klas 6 pyp uit waar ek dit wil le, voer dit deur die 50mm pyp onder die trekker wat dit dan plant agter die ripper terwyl ek wydsbeen oor die klas 6 pyp ry.
Werk nie te sleg vir n ou R1500 ripper en R40 se pyp nie.
PM my as jy n video wil sien van die vinnige patent in werking.

- EtienneA
- Sr. Member

- Posts: 350
- Joined: Wed Sep 03, 2014 7:31 am
Re: Trencher wat op trekker se driepunt pas
Goeie more hierswolfhierswolf wrote: Sun Jan 12, 2020 9:03 pm Ek het vir my een van daai rippers gekry wat die pyp agter die ripper voer, maar hy het die pyp geknak in die proses. Ek moes toe n vinninge nood plan maak wat toe so lekker gewerk het ek het al 3km+ in turf grond met hom gele.
Ek het n gat gesny in die voerder pyp net agter die ripper tand en so 1.2m 50mm (ek dink) pyp daar in gehammer van voor af. Die 50mm pyp steek uit bo die grond tussen die trekker se agterwiele teen so 30grade.
Ek rol dan my klas 6 pyp uit waar ek dit wil le, voer dit deur die 50mm pyp onder die trekker wat dit dan plant agter die ripper terwyl ek wydsbeen oor die klas 6 pyp ry.
Werk nie te sleg vir n ou R1500 ripper en R40 se pyp nie.
PM my as jy n video wil sien van die vinnige patent in werking.
Wil jy nie asseblief die video vir my stuur na 0825593690 of na allersetienne@gmail.com
Groete
Etienne
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Trencher wat op trekker se driepunt pas
Wow dankie aan almal vir al die advies. My beste pel het toe so ripper met voerder soos wat @hierswolf hier van verduidelik. .....soms moet jy net naby jou ook vra. Hy het hier in Stellenbosch se harde grond 3km besproeiing in sy Teff lande gelê met redelike gemak.
Ons het nie vlakvarke op die plaas nie, maar die Aardvarke en Zebra's grawe die lyne oop, wel seker die Aardvarke en dan krap en trap die Zebra's hom flenters. So hoe dieper hoe beter. Daar gaan nie geplant word op die plaas nie is net vir Bees en wild suipings. EN die Beeste wil ek minder maak nie meer nie. Ons is vêr vanaf die plaas en toesig is 'n probleem. So as ek net op 1-3 punte pompe hoef te beskerm teen diefstal en hoef na te kyk sal dit bitter baie help. In die perfekte wêreld sit ek Sonpanele en pomp by vars water gate onder 'n kamera ook nog en kan ek hom vanaf enige plek in die wêreld dophou om te sien of iemand hom wil steel en of hy lewer. Soos genoem kan ek dan liewer 3 sterk Grunfors pompe instaleer ipv. 8 kleiner swakker pompe wat dan nog in sout/kalk water moet werk.
Ons het 'n lekker New Holland T6050 4x4 trekker wat ons dan kan opvat met lowbed en nog benodighede + skraper. Dan kan ons pyp met hom lê wat maklik behoort te gaan en overkill is, maar daarna kan ek pyp toe skraap en die paaie ook mooi maak.
Weereens dankie vir al die hulp. Soos hulle sê "a little knowledge is a dangerous thing".

- Parker
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am
Re: Trencher wat op trekker se driepunt pas
Hierdie is presies wat ek wou voorstel. Een tand ripper met n raam op om drom of rol pyp te dra en gebuigde pyp "agter" tiller tand. Lê sommer lekker pyp in sand grond.tau wrote: Thu Jan 09, 2020 2:58 pmBaie dankie!!! ek sal kyk daarna. Nou net met pel gepraat wat Tiling doen en hy gaan vir my foto's van ripper met verlenging op stuur wat hulle gebruik om pype te lê.Albertdwk wrote: Thu Jan 09, 2020 2:34 pm Tau glo jy sal een kan kry wat op 'n trekker pas, weet net nie van hier plaaslik nie.

Stoot lood!