Vlieg visvang
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Vlieg visvang
Dag sê almal.
Ek het toe reg gekom met 'n stelletjie hier op die forum.
Ek is baie opgewonde om met my nuwe stokperdjie te begin, maar tot dan, sit asb bietjie fotos of videos op van die visse wat julle al gevang het op die vlieg, of selfs fotos van die vliegies wat julle self gebind het en waarmee julle sukses gehad het.
Groete Ben

- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Vlieg visvang
My gunsteling bass vlieg en die wurmpie werk lekker in soutwater vir kolstertjies
Klompie harders met broodvliegie gevang (maar het gechum met brood)

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Vlieg visvang
paar wat ek op vlieg gevang het
die groter bass, het regtig nie baklei nie het hom op die 9WT gevang, toe maar oorgeslaan 3wt toe
die groter bass, het regtig nie baklei nie het hom op die 9WT gevang, toe maar oorgeslaan 3wt toe
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Vlieg visvang
Die laaste keer wat ek suksesvol gevlieg hengel het, by my suster se troue, daai bass was erg dom en baie honger, het heeldag gevang, vang met ekle 2 gooie een met enige vlieg. Dit was wonderlik!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Vlieg visvang
Baie netjies. Moet lekker wees as die vis so byt. En dit klink na 'n manier om 'n troue te vuur. Het jy die harders tussen rotse of in lagoon of by die strand gevang?
Groete Ben
Groete Ben
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Vlieg visvang
Hierdie was in my jonger dae, Maclear omgewing. Meestal veselglas stokke, maar ek het darem een grafiet stokkie gehad.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Vlieg visvang
OKJ, paar netjies trofees!
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Vlieg visvang
Goeie moer oom. Ek hoop dat ek ook 'n paar van hulle kan vang eendag.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4790
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Vlieg visvang
Oos Kaap dis bul forelle daardie! Die fotos lyk effe oud of dis 'n ander jong man wat die vis vashou 
Ben tussen die 2 dorpe wat jy bly gaan jy baie lekker visvang met die vlieg. Die strome van die Wes Kaap kan tegnies raak maar bied van die beste droë vlieg hengel in die land. Moenie vis soos OKJ s'n verwag nie! Jy sal moet Koue Bokkeveld toe om dalk nog sulkes te sien. Die Cape Piscotorial Society is 'n goeie klub om by te begin. Hulle bestaan al sedert die koms van forelle. Dis 'n ideale plek om ander hengelaars te ontmoet wat jou kan help.
Daar is lekker kleinbek baars in die Bree en ander riviere. Dan het baie van die water om jou ook karp in. Alles in artikels in die tydskrif.
Hierdie tydskrif is gratis so jy kan deurblaai en ernstig lus raak.
https://themissionflymag.com/magazine/

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Vlieg visvang
harders in gouridsrivier gevang basies by die mond met die gety wat steig.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Vlieg visvang
Daardie visse hierbo is gevang so tussen 1995 en 1998. Deesdae het ek minder tyd hiervoor, maar swartbaars op vliegies is net soveel pret. Ek het altyd geglo, en glo dit steeds, dat forelle nie so slim is soos die kundiges altyd probeer voorhou nie.
So paar kenners is eenkeer uitgenooi om 'n lesing by die vlieghengel klub te kom gee. Dit was net hierdie "hatch" en daardie "rise" ens.; vêr bo my vuurmaakplek. Dit was op grond van 'n weddenskap dat ek my grootste forel toe gevang het. Iemand moes die lelikste vliegie uitsoek in die winkel en ek wou kyk of ek daarmee iets kon vang. Nodeloos om te sê, toe ek weer terugkom was al daardie vliegies uitverkoop! Dit was 'n "Pancora woolly worm" en ek weet nie eens of jy dit nog kry nie.
Jy het nie die duurste en nuutste toerusing nodig nie. Die "retrieve" tel meer as die vliegie self, maar as jy hoor 'n spesifieke vliegie werk goed in 'n sekere gebied, gebruik dit. Vir rivier forelle moet jy seker maak hulle sien jou nie, want hulle is baie skugter. Oefen ook so dat jy jou vliegie neersit sonder dat die gooilyn op die water klap.

Het oom enige tips aangaande die "retrieve"? Vir bass en/of forel?
Groete Ben
Groete Ben
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Vlieg visvang
Kyk net eenvoudig hoe lyk jou vliegie; soos watter insek, larwe, nimf, ens.
Kyk nou hoe swem of spartel so insek wat in die water is.
Probeer jou lyn en vliegie naderbring soos wat so insek, of wat jy ookal naboots, in die water sou beweeg. Die vliegie moet dus natuurlik lyk soos die kos wat die forel sou verwag. Ek glo ook in groter vliegies vir groter forelle. Dit moet vir die vis die moeite werd wees om agter die "gogga" aan te beweeg. Die jong forelle kan agter die muggies aan wees; die groter forelle se pense was gewoonlik vol krappe en so aan.
Kyk nou hoe swem of spartel so insek wat in die water is.
Probeer jou lyn en vliegie naderbring soos wat so insek, of wat jy ookal naboots, in die water sou beweeg. Die vliegie moet dus natuurlik lyk soos die kos wat die forel sou verwag. Ek glo ook in groter vliegies vir groter forelle. Dit moet vir die vis die moeite werd wees om agter die "gogga" aan te beweeg. Die jong forelle kan agter die muggies aan wees; die groter forelle se pense was gewoonlik vol krappe en so aan.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Vlieg visvang
Okay baie dankie oom.
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Vlieg visvang
Ben
As ek jou kan raad gee - hou nou op met die vlieghengel. As daai gogga eers gebyt het gaan jy derduisende rande spandeer op die stokperdtjie. Jy gaan begin vliëe bind en dan gaan gaan jy upgrade na beter stokke, beter katrolle, beter lyne etc etc. Jy gaan begin visvang in jou lunch break by die werk, voor werk etc. Jy gaan begin visvang as jou meisie\vrou 'n Sondag middag slapie vat of jy gaan vrek vroeg in die oggend begin opstaan om te gaan visvang voordat die kinders wakker word.
As jy egter die roete wil gaan... (Skud kop weemoedig...) dan kan ek Sean Mills se DVD's aanbeveel.
http://seanmillsflyfishing.weebly.com/dvds.html
Ek het die Karp, Bass en See vis DVD gehad. Het baie geleer deur dit. Jy dit kos 'n paar rand maar dit is beslis die moeite werd.

Haha dankie oom, dit is egter te laat om nou om te draai. Ek vang al reeds soms in my ete, nou nog nie met die vlieg nie, maar binnekort.
Groete Ben
Groete Ben
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Vlieg visvang
Ben,Methos wrote: Wed Jan 22, 2020 10:50 am Ben
As ek jou kan raad gee - hou nou op met die vlieghengel. As daai gogga eers gebyt het gaan jy derduisende rande spandeer op die stokperdtjie. Jy gaan begin vliëe bind en dan gaan gaan jy upgrade na beter stokke, beter katrolle, beter lyne etc etc. Jy gaan begin visvang in jou lunch break by die werk, voor werk etc. Jy gaan begin visvang as jou meisie\vrou 'n Sondag middag slapie vat of jy gaan vrek vroeg in die oggend begin opstaan om te gaan visvang voordat die kinders wakker word.
As jy egter die roete wil gaan... (Skud kop weemoedig...) dan kan ek Sean Mills se DVD's aanbeveel.
http://seanmillsflyfishing.weebly.com/dvds.html
Ek het die Karp, Bass en See vis DVD gehad. Het baie geleer deur dit. Jy dit kos 'n paar rand maar dit is beslis die moeite werd.
Hierdie klink vir my na goeie raad - hou vas eerder daai meisie van jou se hand as 'n visstok!
Ek het jare terug al besluit om net te jag....'n hengelaar kan nooit "hengels" raak nie!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- gillie
- Hero Member

- Posts: 957
- Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am