Lydenstyd - Ds Hettie Wessels - 11 April 2020
Stil Saterdag
In my kombuis heel bo op die kas, sit 'n haan wat van hout gemaak is. Sy naam is Petrus.
Ek het Petrus gekoop net nadat ek bevestig is as Ds in NG Weltevreden.
Petrus herinner my daaraan om nie té gemaklik te raak in my eie geloof nie.
Petrus die haan op my kombuiskas herinner my ook aan Petrus die dissipel wat vol bravade
gesê het: "Ek sal my lewe vir U aflê' (Joh 13:37).
En 'n paar ure later, drie maal sê: "Nee, nie ek nie! (Joh 18) Nee, ek is nie 'n dissipel van Jesus nie.
Kan jy dink hoe stil - Stil Saterdag - vir Petrus moes wees?
Hoeveel maal hy in sy eie gedagtes homself sou kastei?
Stil Saterdag is seker vir my persoonlik een van die heiligste dae in die geloof.
Want hoe dikwels staan mens nie tussen dood en lewe nie, tussen twyfel en glo nie ... sommer net tussenin!
En terwyl jy in jou eie geloof, in jou eie menswees tot 'n laagtepunt daal, is die sterkste Krag teenwoordig.
Die krag wat Jesus uit die dood opwek. Daardie Krag word ontdek in stilte.
Op Stil Satedag 2020 word die wêreld in stilte ingedwing, grendeltyd, afsondertyd, alleentyd, twyfeltyd, bangweestyd ... gelooftyd.
Ek glo dat, soos wat Stil Saterdag die draaipunt is tussen lewe en dood, ook hierdie stil tyd in ons wêreld 'n draaipunt kan wees.
Die krag van God is teenwoordig. Hy is geduldig. Hy hoor alles. Hy sien alles. Hy weet alles wat ons dink. Hy weet alles wat ons beplan.
Nadenke -
Glo jy dat in die "tussenin tye" God kragdadig aan die werk is?
Hoe bly jy glo in die tye wat dit voel of God stil geraak het?
Teks:
Joh 19: 38 - 42 ~ (Afr 1983) -
38
Hierna het Josef van Arimatea, wat 'n dissipel van Jesus was maar in die geheim, omdat hy vir die Jode bang was, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag neem.
Pilatus het sy toestemming gegee. Josef het toe gegaan en sy liggaam weggeneem.
39
Nikodemus, wat 'n keer in die nag na Jesus toe gekom het, het ook gekom en 'n mengsel van omtrent vyftig liter mirre en aalwyn gebring.
40
Hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit met die geurolie behandel en in doeke toegedraai, soos dit die gebruik van die Jode was om iemand vir die begrafnis uit te lê.
41
By die plek waar Jesus gekruisig is, was daar 'n tuin en in die tuin 'n nuwe graf waarin daar nog niemand begrawe was nie.
42
Daar het hulle Jesus begrawe, omdat die sabbatdag vir die Jode al amper aangebreek het en die graf daar naby was.
Psalm 46: 11 - 12 (Die Boodskap) -
11 Wees stil en weet Ek is God.
Ek regeer oor nasies, oor die hele aarde.
Elke mens sal erken dat Ek die belangrikse is.
Niks en niemand is en kan so belangrik wees soos Ek nie.
12 Die Here, vir wie niks onmoontlik is nie, is by ons.
Hy is ons groot Bevelvoerder.
Die God op wie Jakob ook vertrou het, sal ons beskerm.
Gebed:
Dankie Vader dat ek nie op my eie geloof hoef staat te maak nie,
maar dat my krag kom van U genade en U beloftes.
Amen.
STIL SATERDAG
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1247
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
STIL SATERDAG
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am