Ek het nou al redelik navorsing gedoen oor die Alliant RL-17 poeier.
Daar is nog nie in die land nie maar ek het bevestig met Formalito dat daar wel n klompie van die poeier na lockdown behoort in te kom.
Ek het n intererante artikel raakgeloop oor hoe die 9.3x62 met RL-17 gelaai word dat n 286gr Nosler punt 2600fps skiet. Meer ongelooflik is dat 2500fps haalbaar is met n 320gr Woodleigh punte. Natuurlik het die skrywer die limits van sy geweer gedruk, maar dit was n tikka wat met redelike gemak 62000psi se druk kan vat. Natuurlik moet iemand wat n 110+ jaar oue geweer het dit nie probeer nie. Ek besit n 24” CZ550 wat ook met redelike gemak 62000psi kan hanteer. Ek beplan nie om naby 60000psi se druk te kom nie, ek stel dit ook nie voor nie. My oë en vingers is vir my nogals belangrik. Al te veel fotos gesien van gewere wat ontplof. Ek beplan om my geweer te laai tot en met so 2400fps met die 320gr Woodleigh punte, dit is nog redelik onder die Max voorgestelde PSI van 56 565. En dit is maklik haalbaar, ek het nou al met n paar Amerikaaners op hulle forums gesels daaroor. RL-17 is regtig n wonderlike poeier. N 9.3x62 kan maklik min of meer doen wat n 9.3x64 Benneke doen met hierdie poeier. Die lading laat n .375 H&H met 300gr fabrieks ammunisie bietjie average lyk. Die .375 met 300gr punt wat slegs 5100 joules behaal en die 9.3 met 320gr punt wat 5600+ joules se energie gehaal. Natuurlik sal n maks hand lading in 9,3x62 nooit naby n maks hand lading met .375 H&H kom nie. Ek vergelyk sommer nou net met .375 fabrieks ammunisie.
a.jpg
Hier is die quickload informasie met my dop volume & lente.
b.jpg
Die geheim met RL-17 is dat dit n redelike digte poeier is, en dat die druk lekker laag bly met kompakte ladings. As voorbeeld kan ek ongeveer maks 58 gr S 355 in my dop kry met daai Woodleigh Punt. As ek RL-17 gebruik kan ek tot en met 65grein in die dop kry.
Hier is n interesante artikel oor die spoed wat behaal kan word met RL-17.
https://bigborefan.wordpress.com/2018/0 ... ds-part-1/
https://bigborefan.wordpress.com/2018/0 ... ds-part-2/
Ek weet daar sal natuurlik n paar manne wees wat sal sê hoekom wil jy meer van n 9.3x62 maak as wat hy is. Vir gewone jag is dit ook seker nie nodig nie, maar ek beplan om n buffel te jag met my 9.3x62.
Ek stel hierdie informasie beskikbaar vir jagters wat dalk ook eendag n buffel, seekoei, kameelperd ens wil jag. Ek dink n 320gr Woodleigh teen 2400fps sal n dodelike buffel stopper wees.
Doen aseblief eers navorsing oor jou geweer as jy hierdie roete wil gaan. Sodra ek gelaai het sal ek terugvoering gee. Ek beplan ook om "wetpack" toetse te doen.
Groete,
Oelof
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.