Buffel Jag -kleinste kaliber
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
As jy ooit by ‘n standaard SAJWV Grootkaliber skietdag baanoffisier diens doen sien jy vinnig hoe bang baie manne vir hulle 375’e is...
As dit nie so hartseer was om te sien nie sou dit eintlik snaaks wees!
Dis ook baie van daai selfde manne wat dink sy groot kaliber gaan sy gat red met swak skootplasing...
Sent from my iPhone using Tapatalk

- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2326
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Baie interesante onderwerp en glo daar is Buffels al met .22's en .303.s geskiet in die vroeer dae (definitief nie aanbeveel nie) en beteken nie as dit al gedoen was dat jy dit moet probeer nie. Ek het nou nie klomp Buffels geskiet nie maar net een, kan volgens dit n gevolgtrekking maak. As enigeen al agter n Blouwildebees wat gekwes was aangestap het en verstom was met die uithou vermoee en wil om te lewe dan sal hy verstaan hoekom is dit die arm man se buffel (het self al my share gehad). n Buffel is soos n tank gebou en baie taaier as n Bwb in my opinie.
Wouter se kriteria klink vir my na die regte resep ,waar n man wat dit nog nie gedoen het nie n goeie keuse kan maak. Uit die aard van die saak met n kaliber wat hy kan hanteer groter as .375. Vir my is daar een kriteria "om veilig te speel"
-Die kaliber moet die ding kan doen selfs al is jy stok siel alleen agter die buffel aan, geen backup waar jy ander man vertrou of skuld kan gee nie. Uit die aard van die saak moet dit gedoen kan word met minimum risiko en binne wetgewing

Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Oor die 30 jaar se boog jag het al baie met n boog gejag, het mooi elnd bul geskiet laat net die pyl se fletches vang aan die ander kant. Met dieselfde setup op n buf getoets Sal daai "klak" soos die pyl die ribbe slaan nooit vergeet nie. Basis die hele pylsit buite net broadhead in. My Bek het oop gehang kon dit nie glo nie. Ek het al paar gekwesde elande Plat geskiet met 375,416,458 sonder om rug of kop te skiet. N buf maak niks. Daar is n moerse verskil tussen eland en buff.
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2326
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Oja
Rakende manne wat bang is vir groot kalibers...... Ek se dit eintlik baie saggies maar jare terug was ek bang vir my eerste "groter" geweer n 7mm Remington magnum en die ding het my lelik getrap. Erens in die proses het ek vir myself gese: Self......hoe kom jy oor dit?
Nou vandag sien ek die 7mm Rem Mag as n klein kalibertjie, deur om te oefen te fokus en my gewere te leer ken is ek nou n man wat mal is oor groot kalibers. Hoe het ek dit reggekry? Met elke groter kaliber wat ek gekoop het het ek 60 rondtes gevat en op die baan gesit, soms gely tot blou swamme op die skouer maar op die baan met die rondtes het ek vir myself bewys dat geen skoot op jagte so seer kan maak soos daai 60 nie.
Rakende manne wat bang is vir groot kalibers...... Ek se dit eintlik baie saggies maar jare terug was ek bang vir my eerste "groter" geweer n 7mm Remington magnum en die ding het my lelik getrap. Erens in die proses het ek vir myself gese: Self......hoe kom jy oor dit?
Nou vandag sien ek die 7mm Rem Mag as n klein kalibertjie, deur om te oefen te fokus en my gewere te leer ken is ek nou n man wat mal is oor groot kalibers. Hoe het ek dit reggekry? Met elke groter kaliber wat ek gekoop het het ek 60 rondtes gevat en op die baan gesit, soms gely tot blou swamme op die skouer maar op die baan met die rondtes het ek vir myself bewys dat geen skoot op jagte so seer kan maak soos daai 60 nie.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Deon, jy trap nou lekker op die 375 sien ek
Daar was 'n buffel bul in die Mosambiek swamps wat ons met Amerikaner gejag het die yank het die skoot getrek en pens gevang 2 ure later met ongelooklikke kennis van die spoorsnyers toe hy vir ons wys die buffel le daar in lang gras omdat daar voletjies op en af vlieg stap ons nader. Die buffel bul stann nie op nie maar is eweskielik 10 voet hoog 30 meter van ons af. Klient skiet 470 dubbel PH skiet 458 win 7 skote later besluit die bul dit is dalk nie goeie idee om daar te staan nie en beweeg gelukkig weg. Een van die skote wat ek so mooi deur die video kamera gesien het het net bo sy oog gevang met die 458 daardie bul het nie eers sy oog geknip nie.
Nadat hy wegbeeg 4 skote later is hy toe plat. Ja die skote was dalk nie almal perfek nie maar 12 skote met 500gr koele is 'n redelik gewiggie lood en energie. Twee dae later skiet hy 'n jong management die ker het hy geskiet tot die dier plat was 6 skote met die 470. 2 Jaar van te vore het hy groot bul gejag met dieselfde 470 een skoot en 2 minute se wag was die death below daar.
Jag van buffel maak dit net anders jy weet nooit wat gaan gebeur nie jy kan die beste skoot plasing skiet met jou 505 en die dier se wil, wil hom net nie laat vrek nie. Mak nie saak hoe taai blouwildebees is nie groot gat deur die regte plek laat hom vrek Buffel moet nog leer wanneer om te vrek.

- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Buffel Jag -kleinste kaliber
My eie persoonlike buffel se spook loop nou nog erens rond teen die Cahorra Bassa, na ek n swak skramse longskoot met die 416 Rigby gegooi het en die PH hom ook met n 416Rigby raakgeskiet het toe hy charge. En dit was met 400gr Barnes'e gewees Ons het nooit die bul gekry nie. Daai goed is verskriklik taai.
My pa kon so 2 maande terug n prag bul skiet met die 416, en toe ons hom laai was ek weereens verwonderd oor sy taai vel en beenstruktuur. Dit was op 30 tree gewees en die swift aframe kon nie regdeur die buffel skiet nie.Bladskoot. Ek was al n paar keer by waar die manne hom met n 375 gepiets het. Kleiner as dit sal ek wragtig nie gaan nie.

416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Ek dink die buffel is "The Hulk"van diere. Normal is hy redelik rusting maar as hy sy M×$r strip gaan jy jou hande vol he.
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Nee man julle ly almal aan die groter hoe beter sindroom. Gebruik n .308 met premium ammunisie. Ek kan nie van ondervinding praat nie maar dit werk glo op groot wild soos elande. Sommer met n 165gr.

-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Moet net nie jou knipmes vergeet as jy dit wil gaan doen nie...knipmes wrote: Mon Apr 13, 2020 3:59 pm Nee man julle ly almal aan die groter hoe beter sindroom. Gebruik n .308 met premium ammunisie. Ek kan nie van ondervinding praat nie maar dit werk glo op groot wild soos elande. Sommer met n 165gr.![]()
![]()
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Knipmes maak net seker dis Cold Steel staal!
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
My tong in die kies opmerking was na aanleiding van n gesprek op Gunsite waar die meriete van n .308 vir elande bespreek is.
Wat buffels betref, is ek reeds besig om vir die 100 m hekkies te oefen. Ek kyk ook videos van bobbejane hoe hulle hulle dit regkry om vinnig in bome kan klim.
My knipmes is darem ook altyd by my.
Wat buffels betref, is ek reeds besig om vir die 100 m hekkies te oefen. Ek kyk ook videos van bobbejane hoe hulle hulle dit regkry om vinnig in bome kan klim.
My knipmes is darem ook altyd by my.
-
PVZ
- Newbie

- Posts: 10
- Joined: Sun Apr 05, 2020 1:09 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Naandsê almal, so paar goed van my kant af. As ek ‘n buffel was wat geskiet moes word sou ek eerder ‘n grootter gat deur my longe waardeer as ‘n kleiner een. My buffel se kop wou nie in ‘n drom pas om gekook te word nie so ek het dit in die veld gaan sit sodat die natuur sy ding kan doen, daar gekom na 2 weke het ek gesien dat die maaiers nie kans gesien het vir buffel senings nie - die goed is ekstra taai. In ‘n stormloop geval, binne 20-30 tree, gaan slegs ‘n brein/nek/rug skoot daai dier laat val en nie ‘n lyf skoot deur bv. ‘n .577 nie - daar is genoeg video’s om dit te sien (.375 manne kan ook terg DWB
) So die punt is maar ‘n verveelige een- minimum standaarde is daar vir goeie redes...
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Dis n wonder iemand het nie 6.5 Creedmoor gese nie.lol!!!
Alle eerlikheid daarr is baie min swak groot kalibers. Almal van hulle het die vermoe om n buffel te dood. My eerlike opinie is kry n big bore wat jou hart begeer. En gaan skietbaan toe!!!!!!!!!!!! nie net eenkeer nie,baie! Ook nie oor die skietafel nie. Vat skietstokke saam en skiet op n buffel papier teiken. skiet verskillende afstande ook.
Fyi. n 375 met n 350gr of selfs n 380gr skiet nie sleg nie.

- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Die enigste manier wat boomklim gaan help is:knipmes wrote: Tue Apr 14, 2020 5:32 am My tong in die kies opmerking was na aanleiding van n gesprek op Gunsite waar die meriete van n .308 vir elande bespreek is.
Wat buffels betref, is ek reeds besig om vir die 100 m hekkies te oefen. Ek kyk ook videos van bobbejane hoe hulle hulle dit regkry om vinnig in bome kan klim.
My knipmes is darem ook altyd by my.![]()
1 - daai boom se minimum deursnee is 4 voet +
2 - as jy n bloekomboom se stam ghries smeer en jy kan hom klim tot 4 meter hoog in 3 sekondes.
Ek het nog nooit en sal seker ook nie n buffel / leeu / seekoei of olifant kan gaan jag nie en ek berus daarby. Ek sal baie graag wil weet hoeveel buffels is met .303 Lee Metfords / Enfields geskiet in ons oupa grootjies se tyd, dit moet derduisende wees. Dan was dit ook net FMJ's of staalpunte en sekerlik net een gewig (gr) beskikbaar.Hoeveel gekwes was sal ook seker derduisende wees. Die kaliber (en die .577-450 Martini Henry) is feitlik al wat daar vir n baie lang tyd was.
Nou twyfel sommige jagters oor die .375 H&H Mag wat al van 1912 minimum grootwild kaliber in meeste Afrika lande is.
Soos ek al baie gelees het van die manne wat dit baie gedoen het en gereeld doen is punt konstruksie en skootplasing jou primere faktore.
Ek kan nie help om te wonder hoe die kommentare sou gelyk het as die opskrif gelees het:
Last edited by FHM on Thu Apr 23, 2020 9:45 am, edited 4 times in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Hulle het maar gebruik wat hulle gehad het.FHM wrote:Die enigste manier wat boomklim gaan help is:knipmes wrote: Tue Apr 14, 2020 5:32 am My tong in die kies opmerking was na aanleiding van n gesprek op Gunsite waar die meriete van n .308 vir elande bespreek is.
Wat buffels betref, is ek reeds besig om vir die 100 m hekkies te oefen. Ek kyk ook videos van bobbejane hoe hulle hulle dit regkry om vinnig in bome kan klim.
My knipmes is darem ook altyd by my.![]()
1 - daai boom se minimum deursnee is 4 voet +
2 - as jy n bloekomboom se stam ghries smeer en jy kan hom klim tot 4 meter hoog in 3 sekondes.
Ek sal werklik waar graag wil weet hoeveel buffels ongeveer is met .303 Lee Metfords / Enfields geskiet in ons oupa grootjies se tyd, dit moet derduisende wees. Dan was dit ook net FMJ's of staalpunte en sekerlik net een gewig (gr) beskikbaar.
Die kaliber (en die .577-450 Martini Henry) is feitlik al wat daar vir n baie lang tyd was.
Nou twyfel sommige jagters oor die .375 H&H Mag...
Omdat ‘n Datsun 1400 ‘n Jurgens Penta kan sleep beteken nie dat dit die beste sleepvoertuig vir groot karavane is nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- william007
- Hero Member

- Posts: 775
- Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Goeie dag manne
Wil net hoor wat dink julle van die 45-70 vir buffel jag. Se daai nuwe bakial double .
Wil net hoor wat dink julle van die 45-70 vir buffel jag. Se daai nuwe bakial double .
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6972
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Hang als af van hoe goed jy kan boomklim….william007 wrote: Thu Apr 23, 2020 9:57 am Goeie dag manne
Wil net hoor wat dink julle van die 45-70 vir buffel jag. Se daai nuwe bakial double .
William, miskien skiet jy jouself uit die moeilikheid uit en is jy gelukkig.
Maar as die algemene dubbel Noord van R100k (eerder R200k) kos deesdae, wat sal jou die gemoedsrus in 'n reeds marginale caliber gee in 'n R16000 dubbel.
Deesdae kan jy skaars 'n ordentlike slotaksie vir dieselfde geld kos.
Ek dink daai dubbel sal 'n lekker vark geweer maak….
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Daai is die groot vraag.
Om hom te skiet van 'n bakkie af en 80% kaans te he' om hom te dood (met die eerste skoot), is daar baie kalibers onder 'n 375 H&H wat dit seker suksesvol sal doen, met die regte ghoen .......maar as jy daai kwaai bees eers goed m@#&!g gemaak het, en te voet vir hom gaan soek, is dit 'n perd van 'n ander kleur.....
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
William vir jag met 300gr premium koeels sal hy seker werk en is al gedoen maar vir backup sal ek liewers die klein 375 H&H volgens DWB, voorstel voor die 45/70.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
William
Om jou n idiee te gee oor die kaliber. Met n 24 duim loop en 450gr wat ek as die minimum gewig beskou in die kaliber veral met opvolg werk ingedagte, gaan jou maksimum spoed in die orde van 1550ft/sek wees. Verhoog jy die druk na om en by 40 000psi wat 25% hoer is as sy maksimum kom jy maar by 1650ft/sek uit. So in alle eerlikheid kon die rondte nog nooit die mas op as dit kom by gevaarlike diere nie. Dat dit n besonderse lekker bos kaliber is is n gegewe, maar dit is waar dit bly.
Groetnis
Wouter

- saswart
- Sr. Member

- Posts: 483
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Vir my is 'n 45-70 soos 'n nissan champ 1400. Ja dit is 'n bakkie maar ek sien weinig min boere een gebruik...
Ek dink manne soos Karamojo Bell ens. het baie die 275 Rigby en 6.5x54 Manllicher gebruik op olifante en buffels. Self Selous het 303 gebruik. So ja al die kalibers kan, maar met dit wat vandag beskikbaar is en wetgewing moet nie gebruik word nie.
Op die vraag van stop sal seker enige kaliber dit kan doen met regte skootplasing, maar ek praat nou met geen kennis nie maar vir my sal ek dink 'n regte "stopper" kaliber sal iets wees hier van die 458 en groter. Wel dit is waarmee ek sal wil stop as 'n buffel my storm.
Ek dink manne soos Karamojo Bell ens. het baie die 275 Rigby en 6.5x54 Manllicher gebruik op olifante en buffels. Self Selous het 303 gebruik. So ja al die kalibers kan, maar met dit wat vandag beskikbaar is en wetgewing moet nie gebruik word nie.
Op die vraag van stop sal seker enige kaliber dit kan doen met regte skootplasing, maar ek praat nou met geen kennis nie maar vir my sal ek dink 'n regte "stopper" kaliber sal iets wees hier van die 458 en groter. Wel dit is waarmee ek sal wil stop as 'n buffel my storm.
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Ek het so 4570 dubbel Baie lekker bos geweer skiet 350gr Stewards teen 1750fps. Grootste wat ek geskiet is eland koei eerste skoot op die skouer en toe sy hardloop kry sy die tweede loop, met die druk sy neus in die grond. Baie lekker!! Altwee punte pragtig onder die vel gekry. Weet nie of jy voldoende penetrasie Sal kry op groot buf bul met iets anders as plank dwars net agter die blad.william007 wrote: Thu Apr 23, 2020 9:57 am Goeie dag manne
Wil net hoor wat dink julle van die 45-70 vir buffel jag. Se daai nuwe bakial double .
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Se die man met die 458 Express!!!saswart wrote: Thu Apr 23, 2020 1:11 pm Vir my is 'n 45-70 soos 'n nissan champ 1400. Ja dit is 'n bakkie maar ek sien weinig min boere een gebruik...
Ek dink manne soos Karamojo Bell ens. het baie die 275 Rigby en 6.5x54 Manllicher gebruik op olifante en buffels. Self Selous het 303 gebruik. So ja al die kalibers kan, maar met dit wat vandag beskikbaar is en wetgewing moet nie gebruik word nie.
Op die vraag van stop sal seker enige kaliber dit kan doen met regte skootplasing, maar ek praat nou met geen kennis nie maar vir my sal ek dink 'n regte "stopper" kaliber sal iets wees hier van die 458 en groter. Wel dit is waarmee ek sal wil stop as 'n buffel my storm.
Welkom kry jy gewerk by die huis of is jy ook werkloos soos baie van ons, Stephen?
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 483
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Haha ja ons 458 bende kruip maar weg hier rond...Nee ek werk soortvan so tussen die kleintjies deur. Ek is gelukkig my werk kan aangaan. Ek hoop 'n Express is 'n stopper of wat sal jy se met jou Lott?
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Nee wat ek dink ons is reg vir buffel net bly oefen om die koeel op die regte plek te sit.