Dag sê almal.
Ek was baie onnosel en het my 243 lading verloor. Kan iemand dalk my help met 'n quickload lading. Oom Marius kom in...
My loop lengte is 22 duim, ek gebruik 76gr Kriek punte en ek gebruik lovex S070.
My Tpl is 67,2mm
Groete Ben
243 hulp
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 hulp
Het jy nog enige van die gelaaide patrone oor? As ek moet bereken gaan ek die dopvolume ook nodig hê.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: 243 hulp
Oom ek het nie, maar ek het die dop se water inhoud geweeg met my herlaai skaaltjie. Die water inhoud van die dop is 52.5gr. Ek het vanmiddag 5 rondtes gelaai met 41gr Lovex S070. En deur my chrony geskiet. My gemiddelde snelheid was 3055.5 v/s.
Groete Ben
Groete Ben
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 hulp
Daardie S070 doen goed. Moes brandtempo baie gering aanpas. Lading wys op 40gr vir spoed van 2990vps op die chrony 5m weg.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
