Wildteling en produkte van teling

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Wildteling en produkte van teling

Post by PWV »

Ek het my in die verlede al uitgespreek teen die teling van allerhande "smartie"-wild (nie dat iemand hulle nou aan my mening hoef te steur nie). Kleure wat kunsmatig vermeerder word nadat mustasies ontstaan het. Dit wil voorkom asof die smarties "gesmelt" het en die werklike trofee-manne die regte, oorspronklike, natuurlike dier verkies.

Nou sien ek in Wild en Jag die springbok wat in die Karoo geteel is. 'n Formidabele bok (Mannetjies Roux it is sy naam), met horings van 20 en 'n agste duim. Wat teling betref, wil dit gedoen wees. Maar vir my het die tradisionele, natuurlike horingkurwes in die slag gebly. Vir my lyk daardie "Mannetjies Roux" na 'n foto wat ge-"fotoshop" is.
Mannetjies Roux.jpg


Gee my maar die horingvorm wat ek oor die jare leer ken het soos hieronder.
Springbokkop-1.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by PWV on Sat May 16, 2020 3:47 pm, edited 1 time in total.
JDKey
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 318
Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am

Re: Wildteling en produkte van teling

Post by JDKey »

Het self na die video vanoggend gekyk. Daai wye “spread” doen dit ook nie vir my nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Wildteling en produkte van teling

Post by tripodmvr »

As ek dit nie mis het nie is die huidige Rowland ward springbok een van 19 en 3/8 duim wat deur 'n oudkomiteelid van ons tak van SA Jagters geskiet is in Namibie. Die' persoon is al 'n paar jaar gelede oorlede. Die ekstra lengte kom met die horings wat na agter draai.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Wildteling en produkte van teling

Post by ruaanb »

Ek stem oom Pieter. Dit is net nie meer natuurlik nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wildteling en produkte van teling

Post by Wouter Roets »

More OomPietta

Ek hoor Oom en stem saam, maar ek wil net noem dat daai tipe horingvorm glad nie so onnatuurlik op sig self is nie. Ons het al taamlik baie van daai vorm teegekom in Namibie met ons oessery daar. Dit is wel so dat die ekstra duime gewoonlik in daai tipe vorm le.

Groetnis
Wouter
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Wildteling en produkte van teling

Post by Gawie(13mm) »

Smaak my daai ram se ma is deur 'n rooibok gedek.

Dit vat geduld en kundigheid om so 'n bok te teël. Of die kundigheid op die regte aspekte fokus, is 'n heel ander debat.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
hotklou
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Mon Oct 14, 2019 12:30 pm

Re: Wildteling en produkte van teling

Post by hotklou »

lyk soos die duiwel in die kinder bybel
"Come to the edge," he said.
And so they came.
And he pushed them.
And they flew.”
-Apollinaire
Post Reply