Haelgeweer lisensiëring

Post Reply
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 244
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Haelgeweer lisensiëring

Post by Hennie van der Merwe »

Goeie more almal wat hier lees.

Ek vra namens 'n vêrlangse kennis. Hy is in besit is van 'n haelgeweer wat se lisensie nie meer op datum is nie.

Dis 'n Beretta A301 semi-outomatiese haelgeweer met 'n Musgrave loop.

Die geweer staan in sy kluis al vir 17jaar. Die geweer het aan sy pa behoort, maar is 17 jaar gelede oorlede, en het nooit die wapen op sy naam gesit nie, nieteenstaande die feit dat hy die trustee was van die boedel nie.

Hoe nou gemaak?

1ste prys: lisensieer die wapen.
2de prys: handig wapen in in gevolge amnestie (wat hopelik verleng word volgens NHSA) en doen aansoek vir lisensie
laaste prys: handig in in gevolge amnestie vir vernietiging.

Is hierdie die opsies, of is daar ander ook?

Ek het onlangs my eie semi-outomatiese geweer by David Sheer gekoop, so nee, die "kennis" is nie ek nie.

Dankie vir jul goed oordenkte terugvoer.

Hennie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Haelgeweer lisensiëring

Post by tripodmvr »

Die haelgeweer kan sekerlik verkoop word met die voorbehoud dat 'n lisensie toegestaan sal word. Die huidige lisensie is sekerlik 'n groen een wat nog geldig is in die oorledene se naam. Hy gaan dan nou net die boedel baie laat afhandel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 244
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Haelgeweer lisensiëring

Post by Hennie van der Merwe »

Hi,

Boedel jare gelede afgehandel, maar niks gedoen mbt die wapen nie.

Ek sal by hom hoor of hy nog sy pa se lisensie/ID het.
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 244
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Haelgeweer lisensiëring

Post by Hennie van der Merwe »

Is die spesifieke model haegeweer enigsens die moeite werd?
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Haelgeweer lisensiëring

Post by Toxxyc »

Hennie van der Merwe wrote: Mon Jun 01, 2020 9:32 am Is die spesifieke model haegeweer enigsens die moeite werd?
Gewere is amper altyd die moeite werd.
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Haelgeweer lisensiëring

Post by Viking »

Hi Hennie,

Ek het 'n Beretta A300 - baie soortgelyk aan die A301. Vir my is die wapen geskik vir jag en kleiduif skiet!

Jou vriend se uitdagings is as volg:

Hy was die eksekuteur (nie trustee nie) en moes ingevolge die boedelwet met die wapen gehandel het soos die wetgewer bepaal - om bloot die wapen in sy kluis toe te sluit vir 17 jaar is nie korrek nie.

Hy het tot hede nie die wapen ingehandig onder amnestie nie....jou vriend stel net sy probleme uit en knyp oë toe!

Nou bespiegel julle of daar nog 'n groen lisensie is of nie.

Kom ons werk met die feite en hou op hoop.

Hy moet so spoedig moontlik die lisensie soek en met die sak patats sy DFO gaan sien. Laasgenoemde mag hom dalk behulpsaam wees, as daar 'n groen lisensie is, anders is hy geskroef!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 244
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Haelgeweer lisensiëring

Post by Hennie van der Merwe »

Dankie Viking.

Ek wag nou om te hoor of hy die groen lisensie kan opspoor.
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Haelgeweer lisensiëring

Post by Zuku »

As ek reg onthou het die wit lisensie 18 jaar terug eers in werking gekom. Vra DFO om status van wapen. DIe naweek op nuus is daar gesê die amnestie periode sluit 31 Mei 20. So daardie opsie is verby.
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 244
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Haelgeweer lisensiëring

Post by Hennie van der Merwe »

My "kennis" het die groen ID tesame met die destydse geldige lisensie binne-in die groen ID van sy oorlede pa gevind.

Nou moet hy seker maar DFO toe gaan, en hoop hulle kan hom help.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Haelgeweer lisensiëring

Post by tripodmvr »

Enigste uitweg wat ek sien.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply