Plot / Klein plasie inkomste?

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
User avatar
JacquesvT
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Mon May 22, 2017 6:12 pm

Plot / Klein plasie inkomste?

Post by JacquesvT »

Eks nou nie gereeld op die forum nie, so min ken my.
Ek bly in Pietersburg, limpopo. Ons beplan om 'n plot of klein Plasie te koop in die omgewing. Ons is nog besig om uit te kyk vir n plek, so niks is nog finaal nie.
Ons moet daar bly en moet daagliks dorp toe vir ons slaghuis besigheid hier.
Nou my idee is ek wil graag met boerbokke onder andere boer, nie vir skou nie maar vleis.
Nou my worry is, daar gaan uitgawes wees, brandstof, plaaswerkers, onderhoud ensovoorts. Ideaal sou mens wou he die grond moet vir homself sorg.

Wat is julle opinie oor die volgende:
1. Wat sou jy se in ideale grootte, in terme van inkomste generasie? Bv nie kleiner as x of nie groter as x.
2. Is Boerbokke lonend?
3. Is 'n paar beeste lonend? En hvl beeste per hektaar grond?
4. Groente lonend?

Jou opinie, kom ons se daar is water en veld in goed, is dit as 'n geheel lonend?

Ons wil bitter graag buite die dorp wees, in die bos, maar mens moet logies ook wees in terme van finansies.

Wat se julle?

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

CZ550 LUX 308 met Lynx LX3 5-30 x 56
CZ-P07
Bravo1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Tue Dec 24, 2013 7:51 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by Bravo1 »

Ek volg jou post Jacques. Ek het ook al baie oor die opbrengs waarde van boerbokke gewonder. Dalk is hier manne wat al gedoen gehad het met boerbok op voerkraal...kan dit werk?

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 958
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by OosKaapJagter »

Ek kan nie insette gee oor die grootte, ens. nie. Boerbokke kan 'n goeie bron van kontant inkomste wees, maar die goed maak ook skade.

Daar is een belangrike ding om nie te vergeet nie en dit is veiligheid. Sodra dit bekend word dat jy iets soos boerbokke of skape uit die hand verkoop, loop die inligting baie vinnig dat daar kontant op die perseel is. Dit maak so plot of klein plasie onmiddellik 'n teiken vir 'n plaasaanval. Onthou sulke misdadigers kom nie in die nag met bordjies waarop geskryf is "rower" nie. Dit sal heel waarskynlik 'n groepie "kopers" wees en jy hoef net jou rug op die verkeerde oomblik op die verkeerde een te draai. Geen wapen beskerm jou teen die aanvaller wat jy nie agter jou sien nie.

My oorlede skoonpa het 'n goeie kontant inkomste uit boerbokke gekry. Sy broer het die plase oorgekoop terwyl hy siek was en het juis vanweë die veiligheidsrisiko opgehou met daardie deel van die boerdery.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2148
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by Ds J »

Ek het basies GEEN ervaring met boerdery nie; wel genoeg met mense en hulle hartseer.

Daarom herhaal ek die ou wysheid: n plot is n ryk man se speelplek en n arm man se ondergang.

n Plot is slegs winsgewend as jy n nismark-item intensief kan aanhou, soos bv eksotiese voëls.

Om op die gewone manier op n poot te boer werk gewoonlik nie.

Doen asb fyn somme!
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1486
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by Eduard Venter »

Ek kan net vraag 3 antwoord van die bogenoemde:

'n Paar vleisbeeste gaan beslis nie lonend wees nie. Ek weet nie hoe groot die plot is nie maar jy gaan ten minste een arbeider nodig hê vir die beeste en hy gaan 7 dae 'n week moet werk. Hoef nie noodwendig vol dae te wees elke dag nie.

Kom ons sê die arbeider kos jou R40000 per jaar. Jy gaan moet 7 speenkalwers elke jaar verkoop net om die arbeid koste te dek. Teen 'n 70% speen persentasie wat maar gemideld is moet jy 10 volwasse koeie en 1 bul aanhou. Dit is gelykstaande aan ongeveer 15GVE en 45 hektaar baie goeie kwaliteit weiding. Ek praat nou nie van enige aangeplante weiding nie. Ek het ook nog nie eers geraak aan enige ander uitgawes bv diesel, inentings, lekke ens nie.
As jy dit wil doen vir 'n stokperdjie probeer maar uitgawes so laag as moontlik hou en geniet dit! Finansieel gaan dit wel nie sin maak nie.

Jy kan ook kyk na 'n voerkraal program maar dit is 'n baie presiese wetenskap en gladnie maklik om winsgewend te bedryf nie. Dieselfde geld vir pluimvee.

'n Paar skapies vir 'n stokperdjie en om te slag vir eie gebruik is dalk 'n opsie.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

User avatar
JacquesvT
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Mon May 22, 2017 6:12 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by JacquesvT »

OosKaapJagter wrote:Ek kan nie insette gee oor die grootte, ens. nie. Boerbokke kan 'n goeie bron van kontant inkomste wees, maar die goed maak ook skade.

Daar is een belangrike ding om nie te vergeet nie en dit is veiligheid. Sodra dit bekend word dat jy iets soos boerbokke of skape uit die hand verkoop, loop die inligting baie vinnig dat daar kontant op die perseel is. Dit maak so plot of klein plasie onmiddellik 'n teiken vir 'n plaasaanval. Onthou sulke misdadigers kom nie in die nag met bordjies waarop geskryf is "rower" nie. Dit sal heel waarskynlik 'n groepie "kopers" wees en jy hoef net jou rug op die verkeerde oomblik op die verkeerde een te draai. Geen wapen beskerm jou teen die aanvaller wat jy nie agter jou sien nie.

My oorlede skoonpa het 'n goeie kontant inkomste uit boerbokke gekry. Sy broer het die plase oorgekoop terwyl hy siek was en het juis vanweë die veiligheidsrisiko opgehou met daardie deel van die boerdery.
Ek hoor jou. My geluk is dat ek alles sal "verkoop" aan my eie slaghuis, deur die regte slag kanale natuurlik. So geen uit die hand verkope sal ek ooit doen nie.
Buiten die veiligheid, jy se dis winsgewend?

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

CZ550 LUX 308 met Lynx LX3 5-30 x 56
CZ-P07
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 958
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by OosKaapJagter »

Ek weet net my skoonpa het 'n bees- en skaapboerdery gehad. Die boerbokke was maar 'n sytak van sy boerdery. Hulle is baie gehard en al direkte inset wat hy op hulle gehad het was om een plaaswerker elke middag te stuur om hulle kraal toe te jaag.

Die rede waarom ek sê hulle maak skade was dat hulle soos bobbejane bergklim en jy kon hulle nie tot 'n spesifieke kamp beperk nie. Hy moes gereeld iemand stuur om hulle weg te jaag uit die lusernlande, hawerlande, ens. Hulle het hulleself gehelp met wat hulle wou eet. Ek kan nie sê hoe winsgewend hulle was nie, want nugter alleen weet wat die indirekte insetkoste was soos hulle hulself gehelp het.

Sy hoofmark was lewendige verkope vir tradisionele seremonies. Oorweeg dalk net om so iets deur 'n tussenganger te doen; nie van jou blyplek af nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by tripodmvr »

Ek weet van 'n pluimveeplaas wat net vooraf bestellings vul. Die geld word per EFT oorbetaal en dan word die hoenders geslag en oorhandig volgens die betaalbewys. Geen kontant wissel hande nie, so die roof aspek word uitgeskakel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by Alwin »

Bokke, skape en hoeders is op hulle eie al reeds 'n groot aanloklikheid vir diewe en skelms. Hulle is draagbaar en glo my, iemand gaan hard probeer om hulle almal weg te dra. Goeie 24/7 sekuriteit is 'n vereiste, en ek praat nie hier van die "vertoonvenster-sekuriteit" nie. As jy elders gaan werk sal jy iemand moet aanstel om jou goed op te pas. Iemand wat nie self betrokke gaan wees by die diefstal nie...
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by Methos »

Hulle sê die beste manier om 'n miljoen te maak op 'n plaas/boerdery is om met 10 miljoen te begin...

Sterkte!

Cheers
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by BenJacobs »

Oom, ek praat maar net uit my oupa se ondervinding.

Hy het so klein stukkie grond in die Vrystaat. Vroeë jare was daar taamlik water gewees, maar die boorgate het nou al opgedroog. Hy en my pa het heel lekker geld gemaak met lusern plant en besproei. Ek weet nie hoeveel water het oom nie, maar as daar genoeg is, is dit 'n opsie.

Verder stem ek saam met Eduard. My oupa het net kort van 'n 100 beeste en hy sukkel om 'n lewe te maak uit hulle. En dit vat baie lank as mens kyk na hoe oud die vers moet wees om haar te paar, die nege maande wat sy gaan dra en dan ook die hele ruk voor die kalf mark gereed is. 'n Ander opsie met beeste wat vir my lekker werk is, ek kry/koop bul kalwers my melkerye speen hulle dan op 'n sak melk of twee. En laat hulle 'n ruk loop op veld met dalk 'n baal elke nou en dan. Dit vat ook maar 'n ruk, maar jy maak darem jou geld.

Dit is maar net my mening.
Groete Ben
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 903
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by Andre308 »

Dit laat my dink aan n gesprek wat ek baie lank trug met n vriend gehad het. Hy het n klein hoewe buite 2 dorpe gehad in die Weskus. My idee was dat ek voor jag tyd n handjie vol persie skaap koop en by hom laat loop teen betaling en dan as ek gejag het, die persies ook slag, gebruik wat ek nodig het en die res wat nog lewe weer verkoop.

Sy andwoord aan my was dat sy grond in die byt zone is. Volgens hom moet n mens nie binne die 10km radius om n dorp iets lewendig op jou grond laat loop wat nie kan byt nie. Hy het dit agter gekom met baie jare se probeer.

Hy het wel lekker geld gemaak op sy grond en n klomp ander mense se grond met n baie goeie bye boerdery. Sy skoonseun het ook n baie suksesvolle bedryf begin met aquaphonics. Ek weet dat die slaaiblaar en kruie wat hy produseer het baie goeie geld op die mark gehaal het.

Hierdie vriend is al n paar jaar trug oorlede, maar hy het vas geglo dat jou grond darm op n manier moet help betaal aan homself.

Dus glo ek ook nou dat goed wat groei en nie gesteel wil word nie soos olywe, lusern, blaar slaai, blomme ens die situasie minder aanloklik gaan maak vir diefstal en inbrake as bv skaap, bok of selfs mielies wat wel n baie hoe waarde dra by n groter deel van die populasie.

Groete
Andre
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by Jake1 »

Klein plasie te klein vir winsgewende vee boerdery
Veiligheidskwessie probleem
Spandeer baie geld aan sekuriteit en bly net lekker op die plasie en geniet hom, net n voorstel
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Dawid S
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sat Nov 21, 2015 4:44 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by Dawid S »

Jake1 wrote: Wed Jun 17, 2020 9:36 pm Klein plasie te klein vir winsgewende vee boerdery
Veiligheidskwessie probleem
Spandeer baie geld aan sekuriteit en bly net lekker op die plasie en geniet hom, net n voorstel
Ek stem hiermee saam.

Net GROOT boere maak nog geld uit boerdery.

Het self lank geboer.

Klein kleinvee boerdery werk nie. Dit is 'n bodemlose put en as jy eers begin het is omdraai moeilik.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by tripodmvr »

Ek verwys na plotte en klein plasies (1-10 hektaar) as landelike bewoning. Hier is baie landbouhoewes om Vereening en Vanderbijl. Baie daarvan word deesdae as besigheidspersele gebruik. Vervoer, masjinering en andere gebruike wat geld inbring.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by Methos »

Tonnels met kruie, slaai etc?

Vars kruie wat in die winkels verkoop word in klein pakkies is amper duurder as goud...
ZR1E
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Tue Jun 09, 2020 7:06 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by ZR1E »

Ek is jammer om te sê, maar as jy nie groot gaan nie moet jy dit los. As jy op n klein stukkie grond wil geld maak moet jy super intensief boer, voer kraal of tonnel. Met so iets gaan jy nie tyd hê om enige iets anders te doen nie.
As jy graag uit die stad wil kom, kry n stukkie grond en plant n bietjie groente en n paar diere vir wie gebruik, maar maak jou geld elders.
Ek boer self op 2000 hektaar in die Karoo en dit is amper al te klein. Gelukkig het ek n besigheid wat wel geld maak om my en die plaas aan die gang te hou.
Dink mooi oor wat jy wil doen.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by Francoisv »

Ek het altyd die idee gehad om intensief vis, babers (catfish) of tilapia spesifiek, te produseer. Ek was op so plaas in België, en die manne doen dit uit tenks uit.

Ek glo steeds dat dit die protein bron van die toekoms is en ek is seker ek het klomp literatuur daaroor. Erens. Die goue reël is om eers die mark te hê.

2 daughters. Plenty guns.

Francois Vogel
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by THOMAST »

Francoisv, as jy nou die Tilapia kombineer met tonnel/kruie is die afval van die visse sommer bemesting vir die kruie, of hoe?
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by jdpretorius »

'n ander interessant boerdery wat op 'n klein stukkie grond kan werk is - slakke - ja, ons gewone tuin slakke is eetbaar en lyk my taamlik gesog..... hulle moet net ge-purge word van enige ongewensde stowe. Dit het geklink of selfs die eierkies so gesog is soos caviar. Ek het gedink dit kan nogal lekker werk as 'n ou saam met 'n groente boer kon werk waar hy jou verskaf met oorskot plant materiaal as voer en die slakboer sy oeste skoon hou van slakke. Dit wou lyk of dit ook nie baie arbeidsintensief is nie. ......maaaar die afset punt is belangrik voor 'n ou geld spandeer en jy gan eers na ses maande dalk kan begin oes (as ek nou nog reg ontdou)
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by Methos »

JD

Hier naby my is 'n man wat met slakke boer. Hy verkoop hulle vleis gevries of gestop in doppe met knoffel botter.

Sy grootste probleem is rotte en muise. Hy het hope katte om hulle bietjie onder beheer te probeer hou. Ek dink ek moet bietjie by hom gaan aanklop om te hoor of ek hulle met die windbuks te kan kom skiet
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by jdpretorius »

Methos wrote: Thu Jun 18, 2020 12:43 pm JD

Hier naby my is 'n man wat met slakke boer. Hy verkoop hulle vleis gevries of gestop in doppe met knoffel botter.

Sy grootste probleem is rotte en muise. Hy het hope katte om hulle bietjie onder beheer te probeer hou. Ek dink ek moet bietjie by hom gaan aanklop om te hoor of ek hulle met die windbuks te kan kom skiet
Jis, dit kan lekker raak !. Daar was 'n stuk op youtub (onder die pcp pellet gun afdeling) van 'n ou wat in die UK weer 'n inkomste maak waar hy rotte uitskiet op plase, vir boere.
Toe ek bietjie na die slak boerdery gekyk het was daar sprake dat die rigering so n SSME boerdery help op die been kry het....dink dit was in die Kaap iewers, en natuurlik vir die regte groep mense. Om 'n stukkie grond naaby my in die hande te kon kery vir so iets was/is die probleem. As ek van die modelle kon glo, kon 'n ou teen R100k tot R250k die ding doen, en daar was weer voordeel vir vis boerdery ook iewers betrokke......maar dit was ook nou al 2 jaar of so terug, en my patatta kan my nou in die steek laat.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by BeesBreet »

Dagga


Sent from my iPhone using Tapatalk
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by THOMAST »

BeesBreet, dink groter!
Een gebou waar jy al die verskillende Cannabis produkte kan uitprobeer dat die blou dampe trek,
Dan 'n gebou waar jy water van verskillende dele van die wereld bedien (teen mal pryse natuurlik) soos die kliënte se monde uitdroog,
En dan laaste gebou waar jy lekker kossies verkoop (teen mal pryse natuurlik) wanneer die "Munchies" ontwikkel! ;D
Jy hoort lekker "repeat"besigheid te kry! ;D ;D
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Plot / Klein plasie inkomste?

Post by jdpretorius »

BeesBreet wrote: Thu Jun 18, 2020 1:19 pm Dagga


Sent from my iPhone using Tapatalk

Die groot vesoekking is om nie jou eie produk op te gebruik nie ..... varal as jou kameelsigarette klaar is ;D
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Post Reply