Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Wouter Roets »

Arnold

Hierdie is van die langste wat ek nog n kar ry, gewoonlik word hulle geswaai op 2 jaar.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Capt. Yoda »

Witmens probleme darem
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Lategan1 »

Wouter, baie van ons gaan langer met ons karre ry weens Covid-19. Realiteit, ons gaan oopbek gaap na die winskope.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
henk.spioenkop
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 298
Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by henk.spioenkop »

Wouter Roets wrote:Arnold

Hierdie is van die langste wat ek nog n kar ry, gewoonlik word hulle geswaai op 2 jaar.

Groetnis
Wouter
Môre, Henk van Zyl hier. As ek n voertuig koop, ry ek 10 jaar met hom en sien dit as n effense lewens besluit. As jy 2 jaar met n voertuig ry, kan jy maar enigeiets koop, binne 2 jaar kan jy dit regmaak. So koop enige een van die 2 of sommer altwee. Die fout kan tog net 2 jaar duur.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Basjan123 »

Arnold van Wyk wrote: Mon Jun 15, 2020 12:51 pm As jy die LC V8 werlik gaan gebruik waarvoor hy gebou is koop hom. Maar om n bakkie met 38000km interuil op selfde model, is so goed ek skei my vrou en trou weer met haar. Ek wil darem nuwe een kry met "facelift" en "boobjob" ek sou wag vir nuwe Amarok.
Ek like hierdie man se redenasie.....op die (man)bakkie af!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Wouter Roets »

Boys

Ons elkeen het mos maar sy manier van dinge doen wat inpas by sy spesifieke behoeftes. Ek weet vir baie mense klink my omstandighede soos iemand wat blatant rondtos, maar glo my daar is so nou en dan method to my madness. Eerstens se ek altyd daar is gesonde skuld en ongesonde skuld. Huis en kar paaiemente is vir my gesonde skuld en kar paaimente is iets wat die meeste mense altyd gaan he. Ek sien nog nooit die logika daarin om n voertuig uit waarborg te ry as jy nie een van die Oppenheimer of Ruperds is nie. Bitter min salaris trekkers maak voorsiening vir n R100 000 enjen of ratkas vervanging na 5 jaar op sy kar. Ek kan julle nie vertel hoeveel van my werknemers moes ek al voor geld leen vir die einste probleem nie. Mense koop voertuie wat eintlik bo sy vuurmaak plek is op n te lang termyn net om met die winste probleem te sit

Ek is mal oor karre en sit redelik baie denke in as dit oor n besluit kom. Ek sal hier op rekord gaan dat ek nog nooit op n kar geld verloor het nie. Die stelling verg seker darem n verduideliking. As ek dieselfde model koop het my paaiment nog nooit gestyg buite die inflasie vir daai tydperk nie en my deposito het nog nooit verklein nie. Daar is n paar reels om te volg hiermee en dit het nog altyd vir my goed gewerk. n Deposito van nie minder as 30% nie en as jy die kar vir 2 jaar wil ry is jou finansier prejode 3 jaar. Vir 3 jaar se ry is dit dan 4 jaar. Verkoop jou kar sodat dit sin maak vir die volgende koper veral met die waarborg en diensplan ingedagte. So die 2 jaar n kar ry maak baie sin vir my want jy val in daai gedeelte waar jou kar aantreklik raak vir n voorneemende verkope wat ook kyk na n nuwe kar. Die kar is nog onder waarborg en in die meeste gevalle is daar nog n stewige diensplan vir hom oor. Hierdie geld natuurlik net as jy jou kilo's onder 24 000 per jaar kan hou anders word jy redelik gepenaliseer. Verder laat die 2 jaar siklus jou toe om by te hou met facelifts wat die meeste modelle aan blootgestel is asook om jou toe te laat om reg te wees vir die kompleet nuwe model.

Hierdie was juis my plan met my huidige Amarok, maar soos vroeer genoem het Covid dit nou bietjie in die wiele gery met timing, want ek sou nou die 190kw weegawe gekoop het en dan oor twee jaar die kompleet nuwe bakkie. As ek my huidige bakkie nou ry tot die nuwe model val sy waarde dramaties tot daai tydperk. Verder verloor ek die geleentheid van die huidige markomstandighede wat seker vir n hele ruk nie weer gesien gaan word nie. Ek weet ek dink anders as ander mense hieroor net soos ek anders dink oor n magdom ander goed. Verseker word ek uitgehaal om n braaivleisvuur daaroor maar tog is jy die persoon wat gebel sal word as daai einste persoon raad benodig.

Groetnis
Wouter
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by DWB »

Maak baie sin. Ek ry te veel, dan wen mens nie....
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Wouter Roets »

Deon

Op n staduim het ek ook baie gery tussen al die takke en veral die saagmeule. My oplossing was om n kar November/Desember te koop en hom dan te rigistreer om sodoende daai kilo's vir die jaar te wen. Ja n mens verloor nou wel weer geld op die jaar model, maar in my geval was dit minder as wat ek verloor het met die ekstra kilo's. Hierdie is ook een van die redes hoekom ek myself twee karre ry om die kilo's mooi laag te hou en natuurlik die hoofrede dat ek dit eenvoudig geniet. Ek het maar so half en half besluit om n weer n Amarok te koop en meskien n tweedehanse Mustang of Jaguar vir die V8 klank. In elk geval baie beter as n diesel V8 s'n, maak nie saak watse exhaust jy opsit nie.

Groetnis
Wout
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by DWB »

Chev Lumina met ñ jagraam!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Lategan1 »

Ai Deon. Hy gaan skop in die sand. :police:

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
ZR1E
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Tue Jun 09, 2020 7:06 pm

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by ZR1E »

Wouter Roets wrote:Boys

Ek het so bietjie van n keuse om te maak. Wat dink julle en hoekom?

Groetnis
Wouter
Die vergelyking werk nie want die twee verskil soos dag by nag. Ek het beide n Land Cruiser en n Hilux. Die Land Cruiser is n ware werk esel as jy regtig 4x4 werk doen waar die Hilux n gemaklike pad ryding is wat toevallig ook op n grond snelweg kan loop omdat hy 4x4 of moet ek eerder sê 3x4 is.
Ek sien van die manne wil die Land Cruiser se spoed en gemak op die teer waar hy glad nie hoort nie met die Amarok vergelyk. As jy teer ry bly vêr weg van die Land Cruiser. As jy nou en dan op n grondpaadjie ry los die Land Cruiser. As jy werklik offroad werk doen koop die Land Cruiser.
En die ander punt wat ek net moet noem is die kW ding. Vir regte off road werk soek jy nie n vrag perde wat teen hoë revs inskop en jou wielle draai nie. Jy soek n Land Cruiser wat rustig oor alles loop en idle met n ton of meer op sy gat. Dit gaan oor wringkrag.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Maroelas »

Wouter,

Jy maak 'n paar baie insiggewende punte.

As jy jou voertuie verkoop, doen jy dit privaat of ruil jy in by die handelaar?
ZR1E
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Tue Jun 09, 2020 7:06 pm

Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by ZR1E »

Maroelas wrote:Wouter,

Jy maak 'n paar baie insiggewende punte.

As jy jou voertuie verkoop, doen jy dit privaat of ruil jy in by die handelaar?
Ek ruil maar by die handelaar. My Hilux sit so 85’000km per jaar op, so op 3 jaar moet ek ruil anders veloor ek.
My Cruisers ry ek gewoonlik so 6 jaar. Het my V8 so bietjie minder gery, op 2 jaar geruil vir my huidige V6. Die dienste van die V8 maak hom onbekostigbaar teenoor die V6. Ja die V6 gee my 5km/l en die V8 het so 7 gegee, maar dis irrelivant as jy diens kostes bytel.

My enigste mods op al my Cruisers is maar die Old Man Emeu suspensie vir die ekstra hoogte oor die rotste en natuurlik bull bar en die Hoë agter bumper/towbar

Soos jy kan sien is daar n drastiese grond vry hoogte verskil tussen die Hilux 4x4 en die Land Cruiser met die Old Man Emeu


Sent from my iPhone using Tapatalk ProImage
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 553
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Stephan86 »

Wouter ek hoor wat jy sê oor die skuif wat jy nou moet maak, ma byt net nog 1 jaar vas dan kry jy daai 190kW outjie.

(Ek lees vanoggend dat ons eintlik nie regtig die nuwe Amarok sal wil hê nie)
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by tau »

Wouter jy vra nou oor twee van my gunsteling voertuie.

Ek het redelik ervaring met albei. Ek sal swaar kies. Jy jag nie elkedag nie, maar daai gevoel van in 'n cruiser klim is net lekker. Ons V6 Amarok is nie meer standaard nie. EK gaan nou nie spoed hier noem nie want dan spoeg mense weer op my. Sal wel noem die Amarok sleep ons 6.7meter boot oor Bothmaskloof teen 160km/h as jy hom crest. Dit is so klein bergie tussen Riebeek wes en Malmesbury. My Ma se 200 V8 moet stoot om dit teen 130km/h te doen. Die amarok verniel enige Cruiser in die duine. Jip bring selfs 'n 4l V6 enkelkajuit wat geturbo of gesupercharge is, moet net nie sleg gaan stop nie dan spin hy hom vas omdat hy nie Low range het nie :laugh: .

Die amarok sleep 'n jagwa met 5 Gemsbokke en 15 Springbokke en 4 groot manne binne plus bagasie doeksag vanaf Gobabis na Stampriet op grondpad en dan lekker gemaklik huistoe. Op die jagplaas gaan jy gril as die takke die beetle krap, maar gaan jy daardie Land Cruiser DC V8 die bos ingooi teen R750k? Ons was nou Ooskaap toe met nuwe V8 LC DC met sleepwa agter, Amarok 2.0 en my ou plastiek Hilux 2.4. Al die ander jagter flash en waai vir die ouens in die mooi cruiser en net die haarkappers vir die ouens in die Amarok. Die hilux kry darem flashes van Taxi's wat jou wil verbysteek.

Ek dink die Amarok is meer sinlik vir elkedag werk/dorp en nou en dan plaas toe soos ons maak. As ek elkekeer moet plaastoe met die Cruiser gaan ek moeg gery raak. Ons het nie regtig digte bos op die plaas nie, net driedorings so ons ry sommer met die fancy Volla op die plaasrond. Dit is nie ideaal nie, maar ons doen dit rustig. Hy maak 'n Gemsbok mooi bymekaar as ons sy tag nommer moet lees in die sand vlaktes.

As daar wel 'n tan Cruiser voor my staan met tralies, mooi staal rimme en 'n Amarok en ek moet kies vat ek die Cruiser. Jy moet net betaal asseblief. ;D

So sorry ek kan nie help nie. verkoop die VXR en koop twee DC bakkies!!!!
Last edited by tau on Wed Jun 17, 2020 12:24 pm, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Wouter Roets »

Maroelas

Dis maar n kombinasie jong. Deesdae kom ek nogal mooi reg by plekke soos Webuycars of Weelee. Wat belangrik is dat jy baie mooi moet weet wat jou trade en retail is en dit jou redelik moet lei in jou besluit.

ZR1E. Baie dankie vir jou insette.

Stephan wat het jy gelees van die nuwe Amarok behalwe dat hy deur Ford vervaardig gaan word? Daai my vriend is al klaar n gatslag!

John dankie ek het nou heerlik gelag! Maar ja jy som dit eitlik baie goed op. Het jou pa die ECU laat doen? Ek het dit ook al oorweeg, maar n dealer principal het my mooi laat verstaan dat hulle dit al te maklik optel.

Groetnis
Wouter
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by tau »

Wouter Roets wrote: Wed Jun 17, 2020 12:21 pm Maroelas

Dis maar n kombinasie jong. Deesdae kom ek nogal mooi reg by plekke soos Webuycars of Weelee. Wat belangrik is dat jy baie mooi moet weet wat jou trade en retail is en dit jou redelik moet lei in jou besluit.

ZR1E. Baie dankie vir jou insette.

Stephan wat het jy gelees van die nuwe Amarok behalwe dat hy deur Ford vervaardig gaan word? Daai my vriend is al klaar n gatslag!

John dankie ek het nou heerlik gelag! Maar ja jy som dit eitlik baie goed op. Het jou pa die ECU laat doen? Ek het dit ook al oorweeg, maar n dealer principal het my mooi laat verstaan dat hulle dit al te maklik optel.

Groetnis
Wouter
Werk jy vir VW? :laugh: Ja Wouter hy is nou Taureg kw's gestel.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Joe13 »

Amarok sou my besluit wees.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 553
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Stephan86 »

Wouter Roets wrote: Wed Jun 17, 2020 12:21 pm Maroelas

Dis maar n kombinasie jong. Deesdae kom ek nogal mooi reg by plekke soos Webuycars of Weelee. Wat belangrik is dat jy baie mooi moet weet wat jou trade en retail is en dit jou redelik moet lei in jou besluit.

ZR1E. Baie dankie vir jou insette.

Stephan wat het jy gelees van die nuwe Amarok behalwe dat hy deur Ford vervaardig gaan word? Daai my vriend is al klaar n gatslag!

John dankie ek het nou heerlik gelag! Maar ja jy som dit eitlik baie goed op. Het jou pa die ECU laat doen? Ek het dit ook al oorweeg, maar n dealer principal het my mooi laat verstaan dat hulle dit al te maklik optel.

Groetnis
Wouter
Die manne van VW het die naweek genoem dat Ford die "Engineering and Production" van die Amarok gaan doen :( , verder is daar sprake dat die Amarok ook 'n Ford Engin sal kry.
https://www.carsguide.com.au/car-news/v ... nger-79389
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by JK »

Jis wou net se, as jy Amarok wil koop is die tyd min, dit sal n Ford wees in die toekoms.

Ek kyk ook maar na die agente as ek koop. Sover behandel toyota my goed en Okahandja het net n Toyota agent. ;D
User avatar
Bonesjara
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Tue Jun 07, 2016 8:10 pm

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Bonesjara »

Swaer se V8 is bietjie getoor. Na die map het hy 240kw en oor die 900nm. Daardie ding laat my V6 met S/C lui voel...
Sê maar net

Sent from my SM-N960F using Tapatalk

Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Dawie Malan »

Hallo Wout

Jis ek is darem bly jy ry nie meer daai Sweedse Huisvrou Mobiel wat ek jou laas mee gesien het nie. En dit was nie 'n volle twee jaar terug nie, Wouter. :) . Maar as 'n man jeuk...

Die V8 79 ry net lekker nadat jy die uitlaatstelsel, herprogramering (remap), swaerdienskoppelaar en ratvervanging gedoen het. Moet hom nie verwar met die VX-R nie, want dit is 'n perd van 'n ander kleur. Die 79 V6 is 'n "plug en play" bakkie, jy hoef bitter min aan hom te doen en hy ry baie beter. Maar soos jy weet, ry mens 'n 79 Cruiser vir die image en lieg graag oor die brandstofverbruik. Die probleem met 'n Amarok, wat blykbaar 'n wonderlike bakkie is, is dat Volkswagen moet hom diens en die klaagliedere wat ek kan sing oor my ondervinding met hulle, sal jou in die stort laat sit en huil.

Jy is 'n groot lang boerseun, net soos ek en die oplossing bly 'n Hilux. Jy gaan nie sukkel met die handelaar nie, jy gaan gemaklik ry met hom en as jy na twee jaar die bakkie moet swaai, gaan hy 'n beter inruilwaarde hê as die Amarok wat jy sou koop.

Op 'n ander noot, hou vas aan daardie VX-R. Vir so lank as wat jy kan, want dit is die laaste van die groot V8's wat ons gaan sien. Die groenes het so gekla dat die nuwe VX300 in 'n V6 en Hibrid-motor gaan uitkom. Ons voorland word weedeater enjins.

Lekker Karkoop.

Daaf
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Wouter Roets »

Hey Daaf, ek dog Corona het jou gekry dat jy so stil is! Goed om weer bietjie van jou te hoor mater. Ek gaan maar weer die Amarok roete gaan. n Mens kan eenvoudig nie downgrade na n Hilux toe nie. Ek ry nou die dag in my bestuurder s'n wat nog n jaar nuwer is as my Amarok en boeta praat daai bakkie darem nou met jou! Hy is nie vir n oomblik stil nie, baie soos n vrou, en jy weet van elke inperfeksie van die pad waarop jy ry. Ek praat nie eers van daai Valiant auto en enjen nie. Ergste hy het nog die ECU ook gedoen. Daaf hoor wat ek jou se as jy eers die Amarok gery het kan jy eenvoudig nie na enige ander bakkie toe gaan nie.

Ek sal dalk so bietjie later maar soek vir n V8 DC en hom maar so op my tyd begin inkleur en rybaar kry.

Ja dit is maar n boggerop hierdie nuwe tendens van kleiner enjens. Ek sal maar die kat mooi uit die boom kyk met die nuwe VX300. Hulle praat wel van n diesel 3.0 V6 met meer krag as die V8 en n 10 spoed ratkas.

Stephan ons sal maar sien wat hou die nuwe Amarok in maar ek kan nie sien dat hy voor 2023 gaan kom nie.

Groetnis
Wout
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by Dawie Malan »

:)
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: Wat sal jy koop Amarok DC V6 od Land Cruiser DC V8?

Post by figjam »

Ek sien nou eers die draad.. Ek het nie 'n hond in die fight nie Wouter, maar...... Ek tel half op in jou skrywe dat jy maar baie na die Amarok toe eerder leun. As jou prys wat jy kry goed is en die prys vir die nuwe een baie goed is, doen dit. Soos jy self sê, jy ry net 2 jaar 'n voertuig en die nuwe model gaan reeds uitgestel word. So oor 2 jaar koop jy die nuwe model en jy het dan die laaste van die "ou" model wat meer werd gaan wees as jou huidige een omdat dit dan ook 'n "nuwer" model is.

Dis maar wat ek dink. Sterkte met jou besluit
Post Reply