Middag Manne!
Ek is besig om navorsing te doen oor hoe om Blou Buffels (Molopo) gras te hervestig in die veld. Die gras kom natuurlik voor maar is deur swak veld beheer en ‘n groot droogte basies uitgewis.
Ek het al goeie artikels met baie inligting oor blou buffels gekry, maar is opsoek na praktiese raad.
Plan tot op hede-
Stap 1: Toets loop op 100m^2 se oop area met besproeing. (September-Oktober gaan die gras geplant word)
Stap 2: Stroke van 30cm sal bewerk word vir +- 500m afhangend van terrein met drupper pyp wat vir 8-12 weke natgelei sal word om saad ontkieming te bespoedig (mits stap 1 suksesvol is).
Saad is behandel.
Het enige van julle al blou buffels (Molopo) geplant wat praktiese advies kan deel en slaggate kan uitwys!
PS - (Baie min beweiers in die kamp na die groot droogte wat die vestiging sal vergemaklik)
Groete Blouwdraad
Blou Buffels Gras (Cenchrus Ciliaris)
- Blouwdraad2
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Mon May 18, 2015 8:47 pm
-
JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: Blou Buffels Gras (Cenchrus Ciliaris)
Die saad groei maklik, maar moet basies bo-op die grond le, en dan dra die miere dit weg.
So ek strooi dit maar sodra die reens begin het, sommer net so in die veld, net om polle te vesting wat dan verder maar self aanplant. Vestig goed in los grond of waar droe bosse omgeval het.
Beste is maar om die grond bietjie los te maak, die saad die versprei en rol dit vas te rol met trekker of roller. As jy kan natmaak soveel te beter.

- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Blou Buffels Gras (Cenchrus Ciliaris)
Hier in Noordwes het die ouens ook die gras in ou lande geplant, klink my hulle strooi hom en trap hom dan vas met trekker wiel, dit moet dus nie toegekrap word nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- kwagga
- Full Member

- Posts: 176
- Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm
Re: Blou Buffels Gras (Cenchrus Ciliaris)
Bloudraad, PM jou kontak nr dan stuur ek vir jou nr van persoon wat daarmee boer. Hy verkoop ook saad.
- Blouwdraad2
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Mon May 18, 2015 8:47 pm
Re: Blou Buffels Gras (Cenchrus Ciliaris)
Dankie vir goeie terugvoer, miere kan ‘n groot pes wees as die saad vir ‘n paar maande lê.
Kwagga ek PM jou gou.
Kwagga ek PM jou gou.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1486
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Blou Buffels Gras (Cenchrus Ciliaris)
Ek het nie die luuksheid van lande of om te besproei nie. Ek saai dit na die eerste reëns, veral daar waar bome omgeval het en in kampe wat rus vir die groeiseisoen. Dit is 'n stadige proses maar dit verbeter die kamp.
My buurman het onlangs 'n land opgestoot en rye geplant met die trekker se wiel getrap. Die saad lê bo op die grond maar werk lekker as dit vasgetrap is. Sy resultate was baie goed.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk

- Joubert778
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Thu May 26, 2016 3:44 pm
Re: Blou Buffels Gras (Cenchrus Ciliaris)
Ons het oor die jare baie tegnieke probeer om bloubuffel te vestig insluitend die drupper manier (wat ongelukkig nie so goed vir ons gewerk het soos wat ons gedink het nie).
Die twee maniere wat ons gesien het wat by ons gewerk het was; Om grass saad te vat dit te meng met klam kraalmis en dit binne afgekapte bosse te strooi op brak grond kolle, sienend dat die diere die nuwe polle nie kan bykom om dit te vreet nie, en dan teen jaar 2-3 as die takke platgeval het sit jy met n groot graspol wat lekker kan versprei.
En dan het ek in Desember laasjaar so n paar rye geplant langs my silkgras in ons oop lande. Ons het die land oopgedis en dit geplant met n grasplanter wat my pa sommer ge-bou het. Daarna het ek dit vasgerol met n silindriese roller. Die gras het baie mooi opgekom met die laaste reen vir die seisoen. Ons plan is om dit n jaar te gee sodat dit mooi kan vestig voordat ons dit sal bewei.
Ons het saad in die verlede by Barenbrug gekoop en probeer, maar dit het nie so lekker gewerk nie ( Ek kan jou nie se hoekom nie, maar in my opinie dink ek die saadbehandeling was dalk nie reg nie, of iets soos dit sonder om te tegnies te raak). Daarna het ons maar saad gaan stroop uit die veld met die mense en dit gebere in ou voersakke vir net so onder n jaar, en dit is wat ons gebruik vir albei die metodes.

True nobility is not being superior to your fellow man, but rather being superior to your former self - Hemmingway
" There is no such thing as over-kill "
.308 win Tikka T3 Super Varmint
.243 Win Howa
.9 mm Para Browning Hi-Power
" There is no such thing as over-kill "
.308 win Tikka T3 Super Varmint
.243 Win Howa
.9 mm Para Browning Hi-Power
-
Fredjag
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Sun Aug 02, 2020 8:10 pm
Re: Blou Buffels Gras (Cenchrus Ciliaris)
Nie die maklikste gras om suksesvol te vestig, moet goed vasgetrap word. Onbehandelde saad is uitdagend om te hanteer. Trekkerwiel metode werk goed, strooi saad op goed bewerkde grond uit voor trekker wiel en trap vas, boere in die weste doen dit so. Meeste prakseer hul eie metode om saad uit te meet want n Piket planter tipe uitmeter werk nie. Onbehandelde saad is meer gewild maar moeiliker om mee plan te maak, niks fout met Barenbrug se kwaliteit saad nie.
- Blouwdraad2
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Mon May 18, 2015 8:47 pm
Re: Blou Buffels Gras (Cenchrus Ciliaris)
Baie dankie vir die waardevolle terugvoer. Ek het al ‘n paar kg saad reg en wag in spanning vir die Lente Seisoen.
Ek gaan binnekort my eerste toets loop aanpak. (Besproei met spryers in ‘n oop land 50x50m)
Laat weet as julle aan nog “tips” kan dink.
Karoo Groete
Blouwdraad
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek gaan binnekort my eerste toets loop aanpak. (Besproei met spryers in ‘n oop land 50x50m)
Laat weet as julle aan nog “tips” kan dink.
Karoo Groete
Blouwdraad
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Boogjagter
- Full Member

- Posts: 113
- Joined: Sat Jan 14, 2012 2:56 pm
Re: Blou Buffels Gras (Cenchrus Ciliaris)
Meeste raad is al hier gegee. Ons het 50kg/ha MAP breedwerping gestrooi voor ons ook rye in the trekkerwielspore geplant het. ook goeie resultate gekry deur dit tussen cowpeas and mielie ry te plant - dan het jy n goeie pleeggewas. My buurman sweer daarby om die Gayanda kultivar se saad in sy lek te sit en mens sien nogal al meer polle in sy veld elke jaar, selfs na die droogte.