Visvang dam bou, raad asb
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1486
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Visvang dam bou, raad asb
Ek wil bietjie die vis kenners inroep vir raad.
Ek is besig om 'n gronddam te bou met die idee om vis daar te vestig. Wil graag McNab jagte aanbied indien dit moontlik is.
Die dam gaan so ongeveer 900 vierkante meter groot wees. Diepte sal afhang hoeveel tyd kry ek om te werk voor die reën kom. Minimum 1m maar ek gaan probeer dieper gaan. Die dam loop nêrens uit nie, kry net nuwe water in die reënseisoen en so bietjie uit die boorgate as dit regtig nodig is.
Ek wil graag weet watter vis julle sou aanbeveel, aangesien ek graag wil vang in die herfs en lente, maar dan ook in die koue wintermaande wat met die jagseisoen gepaard gaan. Mens moet in die winter ten minste 'n realistiese kans hê om iets uit te trek en sodoende die McNab te voltooi.
Enige ander raad en idees is ook welkom.
Groete
Sent from my SM-A520F using Tapatalk

-
Knewel
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm
Re: Visvang dam bou, raad asb
Eduard ek sal gaan vir bass. Largemouth of smallmouth. Maak nie rêrig saak nie. Ek het groot geword langs die rivier in die Clanwilliam area waar bass baie algemeen voorkom. Min visse baklei so lekker soos 'n groot bass. Die ou grotes bied ook partykeer baie uitdaging om hulle uit te oorlê en wanneer jou dam baie 'structures' soos ou bome en paddastoele in het raak dit altyd interessant.. Mense is baie teen die vis omdat hy uitheems is. My siening is dat hulle nie naastenby so vinnig soos karpe aanteel nie en dat hulle getalle wel onder beheer gehou kan word
Karpe vreet meeste van die plantegroei in 'n dam op en veroorsaak dat die water later modderig raak. Hulle lê baie meer eiers, teel baie gou aan en word gewoonlik 'n probleem.
Karpe gaan jy wel regdeur die jaar kan vang terwyl met die bass gaan jy bietjie sukkel in die winter alhoewel dit moontlik is.
In my opinie bly 'n bass jou beste varswater hengel vis
Groete
Sent from my SM-A750F using Tapatalk

'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Visvang dam bou, raad asb
Eduard jou voordeel is die hitte by julle so die koue maande is waar geen vis gaan byt is baie minder.
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Visvang dam bou, raad asb
Hi Eduard waar is jou plaas?
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1486
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Visvang dam bou, raad asb
Dankie knewel, waardevolle inligting daai. Weet jy dalk waar mens bass in die hande kan kry?
Thunderhead ons is in Dwaalboom, Limpopo. Soos Frederik noem, somers is baie warm en winters is omtrent soos Pretoria.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Thunderhead ons is in Dwaalboom, Limpopo. Soos Frederik noem, somers is baie warm en winters is omtrent soos Pretoria.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Visvang dam bou, raad asb
Ek sou kyk na blou kurpers. Ek het swartbaars in ons dam gehad wat met 'n natuurlike fontein gevoed was. Toe die fontein minder water gee weens bure wat besproei het die dam vlakke gedaal en swartbaars het gevrek weens dalk te min suurstof in die water. Die kurpers is vir my meer 'n geharde vis soort.
Maak 'n verskil
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Visvang dam bou, raad asb
Eduart so paar goed wat ek vinnig kan aan dink.
- Ek is nie Pro bass nie en glo hou by inheemse vis, MAAR om kurpers in die winter te vang is vir die gewone man amper onmoontlik.
- Tradisioneel is 'n McNab ook om 'n vis met 'n vliegstok te vang, en min vis kan maklik op vlieg geteiken word (forel nie oorleef by jul nie)
Met die in gedagte glo ek maar dat large mouth bass die oplossing is en juis omdat die dam nie 'n uitloop het nie. Maar sit 'n klomp blou kurpers (groter vis anders vreet die bass hul net op) ook in, min dinge so lekker soos kurper vang.

.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- Dawid S
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Sat Nov 21, 2015 4:44 pm
Re: Visvang dam bou, raad asb
Eduart, ek kom uit n familie wat plaas- grond damme gebou het.
Dam bou begin met die beplanning van die uit loop.
As die uit loop nie wyd genoeg is nie gaan jy na elke reen bui wal reg maak.
Jou vryboord is die belangrikste om te voor kom dat water nie oor die wal gaan nie.
Dit help nie jou vis gaan elke keer stroomaf as die wal breek nie.
Dit is baie goedkoper om uitloop en wal te ver hoog as om in te grawe.
Jy het 'n goeie idee maar doen net so goeie naforsing.
Voorspoed.

toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Visvang dam bou, raad asb
As daar 'n rivier of spruit is wat die dam voed en uitvloei moet asb. nie uitheemse vis toelaat om in hierdie strome te ontsnap nie. Bass is 'n moerse ewel. Ek het groot geword en skool gegaan in Rust De Winter in die vrooë 70/80's, dit was die dam met seker die grootste verskeidenheid spesies vis in Suid Afrika. Bass het die goed gemoor dat daar omtrent niks meer papierbek, grootskub en kleinskub geelvis meer oor is nie, nie eers te praat van die kleiner spesies nie.
Grootskub geelvis en verskeie tilapia spesies sal goed doen in daai omgewing.
Grootskub geelvis en verskeie tilapia spesies sal goed doen in daai omgewing.
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Visvang dam bou, raad asb
Pak eers klipriwwe of boomstompe binne in die dam sodat die kleiner vis kan skuiling kry. Vestig dan die vis wat op gevoer gaan word (fodder fish). Kurperspesies en muskietvis werk die beste. As die vis begin teel in die dam, vestig dan die roofvis soos swartbaars. Onthou dat mens nie meer swartbaars kan vestig sonder 'n permit nie. Die eerste prys is natuurlik kleinbek swartbaars, maar vingerlinge is baie moeilik om te kry. Ook nylkurper as roofvis werk baie goed, maar dit is nie wettig om die vis te besit nie.
Gooi lusernbale in die dam voor watergras gevestig is wat waterinsekte ook kans gee om aan te teel. Vestig neste met dromme en gruis wat jou roofvis in die begin plek gee om aan te teel.
Bestraat die uitloop sodat die water nie die wal wegkalwe nie en sit genoeg klei, sement en kompaksie in die wal. Damme wat nie 'n konstante in en uitloop het nie, vertoon vinnig troebel. Indien jou begroting dit toelaat, sit 'n klep in die damwal sodat jy die dam kan spoel wanneer nodig en ook waterdruk van jou damwal kan verlig.

Ds J
- Hero Member

- Posts: 2148
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Visvang dam bou, raad asb
Hierdie is baie goeie raad. Ek het eendag n lang gesprek met n dambouer in Dullstroom gehad en hy het verskeie punte uitgewys wat net ervaring kan leer. Sake soos vloeirigting, hoeveelheid en sterkte van die sonlig, gronddigtheid, damdiepte, bemesting uit die omgewing ens speel alles n rol wat die volhoubaarheid van die dam bepaal.Dawid S wrote: Fri Sep 18, 2020 8:19 am Eduart, ek kom uit n familie wat plaas- grond damme gebou het.
Dam bou begin met die beplanning van die uit loop.
As die uit loop nie wyd genoeg is nie gaan jy na elke reen bui wal reg maak.
Jou vryboord is die belangrikste om te voor kom dat water nie oor die wal gaan nie.
Dit help nie jou vis gaan elke keer stroomaf as die wal breek nie.
Dit is baie goedkoper om uitloop en wal te ver hoog as om in te grawe.
Jy het 'n goeie idee maar doen net so goeie naforsing.
Voorspoed.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13565
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Visvang dam bou, raad asb
Kurper en Bass is al wat ek aan kan dink in daai dam veral as jy Mcnab wil doen, as jy babers of kapre daar gaan in sit gaan die Mcnab bq anders moet werk want manne gaan moet pap gooi
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- wynis
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am
Re: Visvang dam bou, raad asb
Baie interresante onderwerp die! Dit klink my na ‘n meer ingewikkelde onderneming as wat op die oppervlak sigbaar is.
Veronderstel dit was moontelik on Zambezi haaie in die dan te kan kry...dit sal manne van ver af laat kom vir die MacNab...
Ek luister op die radio
Sent from my iPhone using Tapatalk
Veronderstel dit was moontelik on Zambezi haaie in die dan te kan kry...dit sal manne van ver af laat kom vir die MacNab...
Ek luister op die radio
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1486
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Visvang dam bou, raad asb
Dankie vir almal se insette en inligting. Ek is vandag bietjie op die pad maar sal alles lees en kom terugvoer gee sodra ek 'n tydjie het.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
-
Knewel
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm
Re: Visvang dam bou, raad asb
Eduard as jy 'n bakkie of lorrie kan reel tot hier onder in die kaap begin november sal ek jou kan uitsort met die bass
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
- Trompie
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Re: Visvang dam bou, raad asb
Jy kan baber en bass regdeur die jaar vang.
Altwee kan op vlieg gevang word ook.
Kurpers kan goeie kos wees vir bass en babers.
Sent from my LM-G810 using Tapatalk
Altwee kan op vlieg gevang word ook.
Kurpers kan goeie kos wees vir bass en babers.
Sent from my LM-G810 using Tapatalk
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13565
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Visvang dam bou, raad asb
Eduard het jy al vordering gemaak met jou dam?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1486
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Visvang dam bou, raad asb
Naand Kaptein, ek het ja. Die dam het sommer lekker water gekry met die mooi reëns. Ek het agtergekom hy seël elke keer beter as met die vorige reëns, maar hy verloor nog bietjie baie water na my smaak. Het 'n paar kurpers in solank, daar is baie kleintjies. 
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Visvang dam bou, raad asb
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13565
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Visvang dam bou, raad asb
Daai lyk nou na n lekker plek pasop net met daai krupers as hulle so lekker aan teel, teen die tyd wat jy Bass in gooi en hulle gevestig word kan jy jou gat af sukkel om hulle te vang as daar so baie kurpers in is. Hulle raak soos n oorgewig rugby ondersteuner wat net voor die TV sit en wag vir sy kos om aan gedra te word, Kurper vang vas altyd pret maar die laaste tyd verpes ek die goed veral as hulle so 4-5" lank is
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.