Wil net dankie se aan Douw van NHSA vir sy hulp met 'n endossement vir 'n nuwe aansoek in rekord tyd.
Ek sou al laasweek terug gevlieg het werk toe, so ek het nie gedink ek gaan die aansoek inkry nie maar ek is nog hier en het vanoggend my motiveering terug gekry van die man wat my gehelp het.
My DFO is toe so gaaf om vir my more oggend 'n afspraak te gee om in te handig en ek maak toe gou al die ander papierwerk bymekaar.
Ek het die motiveering na 1h opgelaai op die NHSA webtuiste en toe per epos en telefoon boodskap mooi gevra of hulle my sal kan help teen more oggend.
6h het ek 'n epos ontvang om te laat weet hy reg om af te laai en Douw het my geskakel ook om te laat weet en ons gesels toe sommer lekker.
Dit als teen geen ekstra koste.
Hulle webtuiste is 'n plesier om op te werk, want als werk soos dit moet. Ek maak 'n gewoonte om elke keer as ek skietbaan toe gaan 'n teiken te skiet met elke geweer wat ek daar het en dit op te laai. Maklike manier om boek te hou en bewys jy is aktief.
My laaste 2x Sec 16 aansoeke was die dokumente wat ek aflaai van die NHSA webtuiste basies my enigste ekstra motiveering vir sport skiet.
Julle kan met 'n geruste hart aansluit as jy dalk nog getwyfel het.
Groete,
Adri
Pluimpie vir NHSA
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Pluimpie vir NHSA
Ek moet self erken. Ek het in die afgelope jaar so 6 endorsements gekry by hulle. Die langste een het 3 dae gevat en die kortste een het ek die oggend 10uur op gelaai (my motivering) en die middag 4uur het ek hom. Hulle is altyd gaaf en help baie vinnig.
Groete Ben
Groete Ben
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Pluimpie vir NHSA
Ek dink ons moet al die jag organisasies bedank vir hul diens aan hul lede. Gawie het al berig oor Kaapjag, ek is baie tevrede met SA Jagters en ek is seker baie van die ander manne kan ook bevestig dat Chasa en ander hulle baie goed help. Bravo dat ons op julle kan steun.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Pluimpie vir NHSA
Goeie diens inderdaad. Ek wil nie hijack nie maar SA Jagters doen dit ook super-vinnig. Ek ry sommer na hul kantore in Pretoria en dien my aansoek in. Letterlik 'n paar minute later staan ek met die endossement in my hand. Ook geen koste nie.
Mooi loop
Mooi loop
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2589
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Pluimpie vir NHSA
Stem, SA JAG is netso vinnig, lekker as al die jag organisasies ons mense spoedig kan help.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Pluimpie vir NHSA
Wil beaam wat Dumbluck geskryf het. Hulle waarsku jou ook vroegtydig om heraansoek te doen vir jou lisensies.
Maar ek wil geen ander jagvereniging afspeel tyeen my vereniging (NHSA) nie. Soos Driepoot seg, doen hulle amal goeie werk vir jagters en skuts.
Maar ek wil geen ander jagvereniging afspeel tyeen my vereniging (NHSA) nie. Soos Driepoot seg, doen hulle amal goeie werk vir jagters en skuts.