Velocity Stokke
- Gernie
- Hero Member

- Posts: 771
- Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm
Velocity Stokke
Dagse Maters,
Ek vang so 5 of 6 keer 'n jaar karp/papgooi en wil nuwe stokke koop wat nie die bank te veel gaan breek nie. Ek kyk na Sensation se Velocity en Torpedo reeks.
Wat sal julle voorstel en hoekom? 10 of 12 voet?

-
Wattlegrove
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm
Re: Velocity Stokke
Hi Gernie
Dit is n baie goeie keuse, ek dink nie jy kan verkeerd gaan met Sensation se produkte nie. Ek hengel self net "social" en gebruik die 12" tempos en 10 DC's.
Wat lengte aanbetref sal ek se liewer die 12' as jy dit as 'n all rounder gaan gebruik. Altwee daai stokke is baie goeie stokke. Ek sal se gaan hou hulle vas vas as jy kan en voel hulle jy sal weet watter jy van hou. Jy kan ook kyk by Albertonfishing.co.za hulle het baie keer tweedehandse stokke teen goeie pryse.

Kaalvoetthysie
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm
Re: Velocity Stokke
Ken nie die Torpedo nie, maar die velocities is baie lekker stokke. Het al met n pel sin gehengel. Eks nie seker oor pryse nie maar die Sensation short range 11 voet is baie gewild. As hulle bo jou budget is gaan vir die Velocity 12 voet.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
AndreVal
- Newbie

- Posts: 30
- Joined: Tue Oct 24, 2017 7:41 pm
Re: Velocity Stokke
Ek hengel met die Velocity v2's en sal hulle vir enige iemand aanbeveel. Moes aan die begin bietjie gewoond raak aan die aksie wat in gooi aanbetref want elke stok laai maar anders maar nou dat ek hulle verstaan gooi hulle 'n bars hou. Vis speel ook baie lekker met hulle veral die grotes waar die punt baie van die werk doen
- Albertdwk
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm
Re: Velocity Stokke
Die torpedo's is volgens my 'n ou generasie en word nie meer gemaak nie, as ek reg is. Temo v1, short range v2, tournament v, velocity en hul nuwe short range tactical is als so in die omgewing van R700 tot amper R1000 'n stok. Jy sal nie met een van hulle verkeerd gaan as sosiale hengelaar nie. Die short range tactical kom net tot 11ft maar dis oor genoeg tot 100m en is vir my 'n veeldoelige stok. As jy 12ft gaan moet jy 'n 100m+ hengelaar wees. As ek moes kies 12ft tempo's as jy gaan ver hengel en nader sal ek die short range tactical neem. Heel moontlik net 'n 10ft.
Hengel tans amper altyd met Adrenalin pro carp 2 10ft en Adrenalin pro bait runners. Vir my die beste waarde vir geld. 12ft stokke ry saam water toe en bly op die bakkie.
Onthou visvang is amper soos jag jy kan 'n long range gun hê met 'n grootste vergroting scope om 'n bok op 'n myl te skiet, net om een op 'n honderd meter te skiet.
Sent from my SM-A307FN using Tapatalk
Hengel tans amper altyd met Adrenalin pro carp 2 10ft en Adrenalin pro bait runners. Vir my die beste waarde vir geld. 12ft stokke ry saam water toe en bly op die bakkie.
Onthou visvang is amper soos jag jy kan 'n long range gun hê met 'n grootste vergroting scope om 'n bok op 'n myl te skiet, net om een op 'n honderd meter te skiet.
Sent from my SM-A307FN using Tapatalk
-
Wattlegrove
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm
Re: Velocity Stokke
"Onthou visvang is amper soos jag jy kan 'n long range gun hê met 'n grootste vergroting scope om 'n bok op 'n myl te skiet, net om een op 'n honderd meter te skiet."
Ek stem 110% saam.
Ek stem 110% saam.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13565
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Velocity Stokke
Ek is nou somer lus om weer bq pap te gooi
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Kaalvoetthysie
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm
Re: Velocity Stokke
Ek moet self bieg dat vandat ek net sosiaal hengel vang ek meestal net met my 10 voet stokke.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Velocity Stokke
Hang af waar jy gaan hengel....baie van die groot damme het jy regtig die 12 of 13 voeters nodig. Plus oefening om te gooi. Ideaal is 'n paar 10 voet stokke, en 12 of 13 voet stokke. Ek hengel met stel 8 voet short range v2, stel 10 voet Sensation DC, stel 13 voet Sensation DC Lite, met 'n ou stel 11 voet Vectra, ou stel 13 voet DC180's en ou stel Sensation 12 voet Tempo's vir backup, wat meestal by die huis bly, dalk stel backup 13's wat nog saamgaan. Enige Sensation stok gaan die werk doen, hang net af wat jy met die stok wil uitrig. Die stywer stokke waarmee jy verder hengel, is gewoonlik bietjie duurder. Ideaal is om saam iemand dam toe te gaan wat paar verskillende modelle het sodat jy kan gooi en kyk of jy daarmee regkom VOOR jy koop. Te veel manne betaal tussen R3000 en R4000 per stok net om dit 'n maand later in die Junk Mail te adverteer.
PS: Ek sien jy is in Pretoria. Beste pryse gaan jy by Die Hengelvriend kry(Petrus Nagel) of Ultimate Angler(Sarel Boshoff) kry.
PS: Ek sien jy is in Pretoria. Beste pryse gaan jy by Die Hengelvriend kry(Petrus Nagel) of Ultimate Angler(Sarel Boshoff) kry.
- Gernie
- Hero Member

- Posts: 771
- Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm
Re: Velocity Stokke
Dankie vir al die hulp.
Sent from my SM-A315F using Tapatalk
Sent from my SM-A315F using Tapatalk
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...