'n Jaar terug het baie manne vir my gelag toe ek vir hul vertel dat ek tot op 300m skiet met my Brno .22.
Nou smaak my is dit die nuutste mode en ook maar net om dat 'n man op Youtube dit gedoen het!
Nou om so ver te skiet, moet jy darem glase ophê wat tot daar kan kyk. Dit laat jou met 'n ander probleem; Positiewe kontak met die wangstuk!
Siende dat ek die geweertjie by my skoonpa gekry het wou ek nie die bestaande kolf opfoeter nie. Ek saag en beitel maar toe die plank tot hy pas.
Ek dink hy sal die ding doen! Ek beplan om nog 'n paar of 10 van die kolwe te maak, siende dat die kaste maar stadig gaan op die oomblik.


