Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
Draegan
Full Member
Full Member
Posts: 231
Joined: Thu May 10, 2018 7:19 am

Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Draegan »

Hi julle,

Ek het geleentheid om twee Conoflex 16 ft karpstokke te koop teen R500 vir albei, dink julle dis 'n goeie kopie? Ek sal my Nite Hawk senterpin katrolle met die stokke gebruik om bietjie langlyn karpe te teiken.

Ek moet bynoem dat die ogies nog almal heel is en die stokke blyk in algeheel goeie kondisie te wees.

Enige insette sal waardeer word!

Groete,
Johan
Johan

CZ P07 Gen 2 - 9mm P
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Lourens Potgieter »

Dis ou tegnologie. Doodeerlik wil ek nie daai stokke verniet hê nie. Oulik om memories te hou, maar crap om mee te hengel. Belê eerder in twee 12 of 13 voet grafiet stokke. Tweedehands kan jy rondom R500 per stok redelik goeies nog kry.
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Dirkvh »

Daai ou stokke is swaar en lmp. Ek vermoed sterk dat jy verder sal kan gooi met 'n ordentlike 12ft grafietstok.
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by DWB »

Dis daai ou stokke wat die mielie bom agter die hengelaar in die water gehang het en jy met alle mag en krag probeer gooi dan sit jy skielik met 'n 2 stuk stok.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Draegan
Full Member
Full Member
Posts: 231
Joined: Thu May 10, 2018 7:19 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Draegan »

Dankie vir die terugvoer. Ek het bitter lanklaas pap gegooi so ek is seker nog in die ou mindset van lang stokke is beter. Ek sal 'n oor op die grond hou vir meer moderne stokke maar wil nie die bank breek vir iets wat ek min doen nie.

Watse make sal julle aanbeveel?
Johan

CZ P07 Gen 2 - 9mm P
Draegan
Full Member
Full Member
Posts: 231
Joined: Thu May 10, 2018 7:19 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Draegan »

Hallo julle. Na die gesprek gister het ek bietjie gaan loer na opsies. Ek sal graag julle opinies oor die volgende stokke wil hê?

ADRENALIN RHINO SUPER BOSS CARP ROD - R340

BAT CARP MASTER - R325

BLUE MARLIN BARATO
- R399


SENSATION CARP HUNTER V1 GRAPHITE - R550 <- Die een is dalk 'n bietjie buite bereik vir iemand wat nie gereeld vang nie.

Ek wil nie iets koop wat my gaan frustreer nie, maar wil ook nie die bank breek nie. Ek sal julle insette waardeer!
Johan

CZ P07 Gen 2 - 9mm P
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Lourens Potgieter »

Enige Sensation stokke is die moeite werd. Dis maar net soos enige ander ding, goedkoop koop is duur koop....
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Lourens Potgieter »

As jy wil stokke koop, gaan na die Hengelvriend, Petrus Nagel die eienaar. 082 334 7697

Naby Silverton
Draegan
Full Member
Full Member
Posts: 231
Joined: Thu May 10, 2018 7:19 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Draegan »

Dankie vir die terugvoer Lourens, ek sal 'n plan maak om daar uit te kom voor ons trippie.
Johan

CZ P07 Gen 2 - 9mm P
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Dirkvh »

Draegan, is daar 'n rede dat jy so diep/ver wil vang? Ek het 2x12ft stokke en 2x8ft stokke en vind dat ek baie meer die 8ft stokkies gebruik. Dit gaan ook soos 'n ewigheid voel om 130m lyn op te wen met daai nitehawks
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
Draegan
Full Member
Full Member
Posts: 231
Joined: Thu May 10, 2018 7:19 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Draegan »

Dirkvh wrote: Tue Dec 15, 2020 12:06 pm Draegan, is daar 'n rede dat jy so diep/ver wil vang? Ek het 2x12ft stokke en 2x8ft stokke en vind dat ek baie meer die 8ft stokkies gebruik. Dit gaan ook soos 'n ewigheid voel om 130m lyn op te wen met daai nitehawks
Die groot rede is dat van die damme waar ek kan vang maar taamlik vlak is vir 'n hele ent, en die dieper waters waar die groter karpe skuil is 'n cast van 120m + nodig. Ek weet dit is nogal 'n werkie om daai hoeveelheid lyn op te wen op die Nite Hawks, maar dis wat ek het en wil nie nou nog ander katrolle ook koop nie :laugh:
Johan

CZ P07 Gen 2 - 9mm P
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Dirkvh »

Koop 10ft stokke en stap 30 of 40m in, dan koelnjy sommer lekker af ook teryl jy hengel! ;-)

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk

Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Lourens Potgieter »

Johan waar is jy van plan om te hengel??
Draegan
Full Member
Full Member
Posts: 231
Joined: Thu May 10, 2018 7:19 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Draegan »

Deeg (Lourens) wrote: Tue Dec 15, 2020 2:03 pm Johan waar is jy van plan om te hengel??
Lourens, ons gaan vir nou by Witbank dam gaan hengel met ons opkomende trippie, maar ek het geleentheid om op private grond langs die Vaaldam ook te hengel. Rietvlei is naby aan my maar ek het nog nie daar gevang nie so weet nie wat om te verwag nie.

Groete,
Johan
Johan

CZ P07 Gen 2 - 9mm P
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Lourens Potgieter »

Witbank en Vaaldam kan jy die kids besig hou 30-40 meter van die kant af, maar as jy groter vis soek moet mens maar dieper hengel.Bly my hele lewe in Pretoria maar was nog nooit by Rietvlei nie.Sterkte....
Draegan
Full Member
Full Member
Posts: 231
Joined: Thu May 10, 2018 7:19 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Draegan »

Deeg (Lourens) wrote: Tue Dec 15, 2020 2:41 pm Witbank en Vaaldam kan jy die kids besig hou 30-40 meter van die kant af, maar as jy groter vis soek moet mens maar dieper hengel.Bly my hele lewe in Pretoria maar was nog nooit by Rietvlei nie. Sterkte....
Dankie vir jou raad, dis lekker om met iemand te gesels wat meer weet. Ek het met Hengelvriend gesels, dit klink of hulle lekker opsies het wat in my begroting gaan pas. Ek sal Vrydag daar gaan draai, hoop net nie ek spandeer te veel geld daar nie :laugh:
Johan

CZ P07 Gen 2 - 9mm P
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Conoflex 16 ft stokke - Opinies?

Post by Lourens Potgieter »

Hulle het nou mooi specials aan met katrol en stok combo's...onthou maar net dat jy kry waarvoor jy betaal, veral met katrolle.
Post Reply