Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1051
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm

Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Reloader270 »

Wil net hoor of vader kersfees dalk hierdie jaar by Somchem draai gemaak het? Het hy enige goeie nuus vir ons?
Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1051
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Reloader270 »

??
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Hercules Louw »

Vader Kerfees is blykbaar vir 2 weke in kwarentyn, sal eers hier by 5 Jan met sy besoeke en afleweings kan begin.
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1614
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Francoisv »

Elke grein 365, 355, 335 en 385 sal binne dae uitverkoop wees as daar iets uitkom na die eerste kwartaal.

2 daughters. Plenty guns.

Francois Vogel
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Alwin »

Vader Krismis, sy vrou Merrie Krismis en hulle kind Hêppie Krismis is gevang toe hulle die landsgrens probeer oorsteek het sonder 'n Covid inentings-sertifikaat die aand van 24 Des. Hulle word aangehou in 'n staats kwarentyn-kamp/tronk vir 14 dae. Dit beteken hulle gaan eers teen 6 Jan in aanmerking kom vir 'n breindepper-toets. Dan nog 'n paar dae wag vir die uitslag. Indien al 3 negatief toets sal die staatsamptenare waarskynlik aandring op 'n hertoets, want teen 'n amptelike akkuraathied van slegs 60%, is dit baie onwaarsklynlik dat 3 negatiewe uitslae korrek kan wees. Aangesien hulle al 3 tydens aanhouding met mekaar in kontak was, sal hulle vir nog 14 dae in aanhouding moet bly...

Terug na Somerset Wes: Daar het 'n paar blikke S221, S321 en S341 uit Somchem se store ontsnap die laaste paar maande. As jy gelukkig (en wakker) was het jy 'n paar gaan koop. Ons praat liewers nie oor die blikke wat S361 gemerk was, met S341 plakkers op die bodem nie. Wie weet wat was dit nou eintlik gewees?

Ek wil voorspel dat indien S121, S335, S355, S365 en S385 ooit weer beskikbaar gaan wees, gaan dit so 'n stormloop veroorsaak dat die meeste handelaars nie eers iets in die hande sal kan kry nie. Die wat het, gaan die pryse opjaag, want die enigste alternatief gaan die ingevoerde kruite teen R1000+ per pond wees. Vraag en aanbod.

As Vader Krismis weer die dag op sy slee is, en iemand loop hom raak, vra dat hy asb sommer met sy volgende besoek 'n vrag kruit saambring daar van die Skandinawiese lande af? Of dit nou VV, Norma, Bofors of wat ookal is, ek gee nie regtig om nie. Hy moet net van Zim se kant af invlieg iewers oor die Limpoporivier, want daar is nie meer grensbeheer nie. Ek sal my masker aansit en help aflaai.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Lategan1 »

Ai :laugh:

Onthou slee vlugte kan ook direk gereël word Kaap toe .... dan per ossewa Limpopo se rigting O0

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by tripodmvr »

Somchem = 49% Denel. Hulle wag op regeringsgeld. SAA en Covid los 'n leë staatskas.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Hein M. »

Ek het laasweek 2 blikke S321 en S341 gekoop. Iemand vervaardig dit in hierdie tyd, want dit is nuwe kruit.

Groetnis!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by tripodmvr »

Hein, maak net seker die blikke is reg gemerk - op die kant en onder moet liefs ooreenstem.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Louisdewet
Full Member
Full Member
Posts: 180
Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Louisdewet »

Hein M. wrote:Ek het laasweek 2 blikke S321 en S341 gekoop. Iemand vervaardig dit in hierdie tyd, want dit is nuwe kruit.

Groetnis!
Oom Hein, waar het oom hulle raakgeloop as ek mag vra?

Sent from my iPhone using Tapatalk
Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1051
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Reloader270 »

Alwin wrote: Sat Dec 26, 2020 4:55 pm Ek wil voorspel dat indien S121, S335, S355, S365 en S385 ooit weer beskikbaar gaan wees, gaan dit so 'n stormloop veroorsaak dat die meeste handelaars nie eers iets in die hande sal kan kry nie. Die wat het, gaan die pryse opjaag, want die enigste alternatief gaan die ingevoerde kruite teen R1000+ per pond wees. Vraag en aanbod.
As jy weet die vraag is groot, dan maak jy mos genoeg, veral as jy markaandeel wil terugwen. Rheintal het ook mos aandeel en mens hoop maar net dat Somchem die geleentheid sal benut. Ja daar is nou nog Somchem kruite wat by 'n spesifieke winkel in Pretoria op die rak is teen R850.00 per blik. Hul was 'n jaar terug daar en hul is nou nog daar. Party handelaars misbruik elke geleentheid om geld te maak. As die prys te hoog gaan wees, gaan herlaaiers eerder daai paar rand meer betaal vir die ingevoerde kruit.
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Izak H »

Ek het deur Elmarie by Somchem S341 & S361 bestel (dis verlede Maandag by my afgelaai), binne 45 minute uit verkoop
Elmarie het gesê einde van 1e kwartaal 2021 S365 & S335, 4e kwartaal weer S321 & S341 (sê soos per epos aan my gesê is)
Groete

Ps: die kosprys = bottel Richelieu so R800+ is deur die ore werkery

Sent from my VOG-L09 using Tapatalk

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Hein M. »

tripodmvr wrote: Sun Dec 27, 2020 12:08 pm Hein, maak net seker die blikke is reg gemerk - op die kant en onder moet liefs ooreenstem.
Thanx! Nee, hulle is reg. Het doodseker gemaak

Mooi aand daar!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Hein M. »

Louisdewet wrote: Sun Dec 27, 2020 3:41 pm
Hein M. wrote:Ek het laasweek 2 blikke S321 en S341 gekoop. Iemand vervaardig dit in hierdie tyd, want dit is nuwe kruit.

Groetnis!
Oom Hein, waar het oom hulle raakgeloop as ek mag vra?

Sent from my iPhone using Tapatalk
By Argri Distributors, Worcester.

Groetnis!
User avatar
Louisdewet
Full Member
Full Member
Posts: 180
Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm

Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Louisdewet »

Baie dankie!

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1614
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Francoisv »

S341Image

2 daughters. Plenty guns.

Francois Vogel
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Izak H »

Dis meer as 100% markup

Sent from my VOG-L09 using Tapatalk

Bennie Bester
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Bennie Bester »

Ek het so twee weke terug S341 by Guns and Bows gekoop.
R 279.00
Groetnis
9mmP , 12Br , 22LR, 22-250, 6mmPPC , 243W , 257 Rob, 270W, 7x64 , 308W, 3006 , 8x68S, 6.5/284, 300 WSM, 375 H&H Mag, 223Rem, 6.5X57, 338 WM, 204Ruger, 6.5Creedmoor, 9.3x62, 7mm RM, 25-06, 6XC

In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Was Vader Kersfees dalk by Somchem die Jaar?

Post by Alwin »

Reloader270 wrote: Sun Dec 27, 2020 5:09 pm
Alwin wrote: Sat Dec 26, 2020 4:55 pm Ek wil voorspel dat indien S121, S335, S355, S365 en S385 ooit weer beskikbaar gaan wees, gaan dit so 'n stormloop veroorsaak dat die meeste handelaars nie eers iets in die hande sal kan kry nie. Die wat het, gaan die pryse opjaag, want die enigste alternatief gaan die ingevoerde kruite teen R1000+ per pond wees. Vraag en aanbod.
As jy weet die vraag is groot, dan maak jy mos genoeg, veral as jy markaandeel wil terugwen. Rheintal het ook mos aandeel en mens hoop maar net dat Somchem die geleentheid sal benut. Ja daar is nou nog Somchem kruite wat by 'n spesifieke winkel in Pretoria op die rak is teen R850.00 per blik. Hul was 'n jaar terug daar en hul is nou nog daar. Party handelaars misbruik elke geleentheid om geld te maak. As die prys te hoog gaan wees, gaan herlaaiers eerder daai paar rand meer betaal vir die ingevoerde kruit.
Dis nou as jy normale besigheidspraktyk wil volg. Die vraag is, wat maak jy as die SA staat 49% aandele in jou besigheid besit? Dis nou dieselfde staat wie se amptenary en politici 500 Miljard in 3 maande kon laat verdwyn en wegkom daarmee...
Post Reply