Leer werk - om te begin

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks
Post Reply
Fano
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 250
Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm

Leer werk - om te begin

Post by Fano »

Hi Almal

Ek wil leer werk begin as stokperdjie - dit is na aanloop van 'n paar messe wat ek gemaak het wat nou skedes benodig…

Ek het 'n klompie YouTube videos gekyk en sien nou kans om iets te begin doen, maar benodig raad met gereedskap. Ek het basiese hammers en messe. Kort seker iets om naaldwerk mee te doen, naalde, gare, els ens. Wat nog om te begin? Daar is nie veel in winkels in my omgewing wat ek kon opsoor nie, en wat daar is gaan baie kos om basiese verskeidenheid aan te skaf. Daar is aanlyn beginnerstelle by plekke soos Wish en Bangood, maar van die ouens lyk vir my bietjie "fly by night". Nie lus om te sukkel met bestellings wat nie opdaag of nie is soos die fotos lyk nie. Is daar spesifieke kombinasie stele wat iemand kan aanbeveel en waar kan mens met gemoedsrus koop?

Enige ander raad om aan die gang te kom sal waardeeer word. Dalk 'n bestaande ekspert in Vaaldriehoek omgewing oor wie se skouer ek kan kom kyk?

Dankie.
Fano
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Leer werk - om te begin

Post by Eugene »

Fano, ek is geensins 'n kenner nie en is self nog in die "leer" fase. Wat ek kan voorstel, is om jou reg te maak om bietjie skoolgeld te betaal en gaan koop 'n vel vegtan leer by 'n tannery en probeer van daai goed op youtube. Jy gaan aanvanklik foute maak. Ek leer maar makliker deur te oefen en elke keer as ek iets doen, kom ek agter waar ek dit volgende keer anders kan doen om dit beter/mooier/vinniger te kan doen. Ek het by Leather & Canvas en by Leatherite, op hulle web blaaie sekere goed kon koop en naalde en so aan, het ek sommer by 'n materiaal winkel gekoop. Jy kan egter ook op KMTS se webblad gaan kyk vir die gare en naalde en dye en so aan. Sterkte en geniet dit!
Aim small, miss small
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Leer werk - om te begin

Post by Hein M. »

Fano wrote: Tue Jan 12, 2021 2:16 pm Hi Almal

Ek wil leer werk begin as stokperdjie - dit is na aanloop van 'n paar messe wat ek gemaak het wat nou skedes benodig…

Ek het 'n klompie YouTube videos gekyk en sien nou kans om iets te begin doen, maar benodig raad met gereedskap. Ek het basiese hammers en messe. Kort seker iets om naaldwerk mee te doen, naalde, gare, els ens. Wat nog om te begin? Daar is nie veel in winkels in my omgewing wat ek kon opsoor nie, en wat daar is gaan baie kos om basiese verskeidenheid aan te skaf. Daar is aanlyn beginnerstelle by plekke soos Wish en Bangood, maar van die ouens lyk vir my bietjie "fly by night". Nie lus om te sukkel met bestellings wat nie opdaag of nie is soos die fotos lyk nie. Is daar spesifieke kombinasie stele wat iemand kan aanbeveel en waar kan mens met gemoedsrus koop?

Enige ander raad om aan die gang te kom sal waardeeer word. Dalk 'n bestaande ekspert in Vaaldriehoek omgewing oor wie se skouer ek kan kom kyk?

Dankie.
Fano
Doen 'n indiensopleiding kursus by 'n ordentlike Leather Crafter.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Leer werk - om te begin

Post by Johan Nel »

Fano,
Neem die tyd en gaan deur hierdie link. Die man gaan stap vir stap deur die proses om 'n mes en skede te maak met absoluut die minimum toerusting. Ek het sy stappe gevolg om my eerste skedes te maak. Mens kan met verbasend min toerusting 'n netjiese skede maak.
https://knifedogs.com/threads/usaknifem ... ial.28920/
Dan is daar 'n paar plaaslike verskaffers van leer en toerusting. KMTS is een, Zees Knife Supplies is nog een. Leatherite is 'n toegewyde leer en leer toerusting verskaffers.
https://www.leatherite.co.za/
http://www.kmts.co.za/main.asp?D=%7B0BA ... egoryID=86
https://www.facebook.com/ZeesKnifeSupplies/
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Leer werk - om te begin

Post by jdpretorius »

Fano, jy vra nou omtrent 'n mond vol ....Viking en 'n paar ander hier op die forum is dalk nog meer bekwaam om raad te gee en moet asb inval as ek snert kwyt raak....maar hier gat hy

Voor jy weg spring moet jy eers weet dat dit 'n moer duur stokperkie is. Ek't bv. 'n klein kissie met 'n hand vol goeitjies en 'n stukkie skrap leer iewers by iemand gekry en het in die laaste jaar seker R10k net aan tools en goeterkies spandeer....dan is dit nog nie die leer se koste nie. Die doel met my sage is nie om jou af te raai nie maar eerder net dat jy weet waarvoor jy in is as jy ordenlike kwaliteid wil skep.

Goeie tools is verseker peper duur en so ook die leer - bv. die laaste vel 3.5/4mm veg-tanned leer, vir skedes en holsters was R2700 en 'n rolletjie gare nou al R440+.
Oor die algemeen kan tooling" net gedoen word op veg-tanned leer, en dit is gewoonlik baie goeie kwaliteid leer. Daar is ook iets soos "barrel tanned" maar het dit nog nie gebruik nie. Chrome tanned is klaar gekleur en jy kan dit nie emboss of "tool" nie. Die gevoel wat ek kry is dat chrome tanned soms nie so 'n goeie kwaliteid is as veg-tanned nie, maar nie 'n reel nie.....maar dan moet jy bereid wees om te betaal vir ingevoerde italiaanse leer of so.
Kyk maar baie youtube om te sien wat hulle als gebruik .....en daai ding wat die ou in 10min klaar maak op die video vat gewoonlik 'n heel dag se werk of selfs langer in realiteid. Net so vir 'n idee ...die leer mes skedes vat op gemiddeld niks minder as 8 ure om te maak in totaal, as jy dit ordentlik wil doen. Dit vat ongelukkig 'n paar dae om 'n artikel te maak al spandeer jy 'n uur of twee hier en daar want die leer moet bv. droog word na tooling/greveer werk en dan kry hy leer olie wat staan en in trek vir 24uur voor jy hom kan dye, ens.
Om die patroon te maak is ook 'n storie op sy eie, en meer so as dit vir unike messe is, want nie een pas of sit gewoonlik presies die selfde nie. So daar is 'n ontwerp proses om deur te gaan, wat ook lekker tyd in beslag kan neem.
T.O.V verskaffers het ek voorheen goeie diens gekry by Leather & Canvas, hy het nou Kaap toe getrek en verkoop nie veg-tanned leer nie maar wel tools. Dan is daar ander plekke soos DM Leatherworx, Woodheads (vir amper als) in die Kaap, African Leather & Skins (net sekere leer - hulle het n beginner kit hoor ek) en 'n span ander.
Die goed van Banggood kry 'n ou darem hier, en sal per courier by jou afgelewer word. Die is gewoonlik China-cheap goed wat jy oor tyd sal vervang....daar is wel hier en daar redelike kwaliteid goed om uit te snuffel.
Die gare wat ons gebruik is ook met was behandel sodat dit lank hou.
Die huidige verskepings koste het oor die algemeen vir drie dubbel....van wat ons by verskaffers hoor.
As ek mag raad gee....sou ek se' koop eers net 'n kleinerige beginner stel, want elke ou se vermoe, smaak & style verskil seker, en jy weet dalk nog nie wat jou trek punt gaan wees nie. Party van die tools kan jy dalk nog self maak.
Leerwerk is baie lekker as jy 'n gevoel daarvoor het maar net soo ook 'n baie tydsame proses .....daai ding van gou-gou bestaan nie daar nie.

So as die leerwerk jou aantrek dan is die enigste manier om in te spring en iewers te begin .....hoop dit help so bietjie en jy geniet die leer werk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Leer werk - om te begin

Post by jdpretorius »

As iemand so sê ek kan net een hand vol se tools vat om iets basie te maak sou dit die wees (van dit is sommer self gemaak)...so dit hoef nie n duur begin te wees nieImage

Sent from my SM-A515F using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Leer werk - om te begin

Post by Viking »

Fano,
Luister mooi wat jd sê - tussen mesmaak en leerwerk doen gaan jy BAIE skoolgeld betaal, maar as die gogga jou gebyt het is daar nie ophou nie.

Die bevrediging van skep en self maak ken nie grense nie. Die foute maak is deel van die leer proses.

Lees soveel jy kan en kyk youtube...dan oefen jy en maak foute, vra die ouens wat weet en luister na hulle opbouende kritiek.

In SA het ons nie n sterk leer forum nie, maar leatherworker.net is n uitstekende plek om aan te klop en raad te vra.

Jou grootste uitdaging gaan wees om te leer patroon maak en die aanmekaar sit van projekte - dis soos skaak speel. Jy moet bly vooruit dink wat die volgende moet gebeur!

JD se basiese hulpmiddels is voldoende om al 'n messkede te prakseer.

Kyk bietjie rond vir afval leerstukke by handelaars en raak kreatief!

Kom wys vir ons jou handewerk....binne 'n paar maande gaan jy begin blom!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
Fano
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 250
Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm

Re: Leer werk - om te begin

Post by Fano »

Hi Almal

Baie dankie vir al die raad so ver. Ek is darem redelik opleibaar en leer graag nuwe tricks. Het reeds 'n klompie afval stukkies leer in die hande gekry waarop ek eers sal oefen voordat ek 'n formele projek aanvat. Gedink om te begin met afwerk van die kante, stik werk met die hand en wil ook graag mooi kan stempel. My vrou is redelik knap met naaldwerk so sy sal maar moet help met die patrone maak totdat ek self gevoel vir dit het. Daar is regtig ook goeie aanwysings op youtube.

Gedink aan 'n tipe beginner stel met van die tools wat ek nie het nie. Sien heelwat advertensies vir goedkoperige begin stele by: UBuy, Reliablestore, Importitall ens. Banggood is genoem, is daar iemand wat kan bevestig dat hulle OK is, of moet ek eerder na 'n ander verskaffer kyk?

Enige verder raad sal steeds waardeer word.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Leer werk - om te begin

Post by jdpretorius »

Fano, die kort antwoord t.o.v. watter brand tools is dalk dat as jy daai maak by bv. Leatherite of Woodheads kan koop dit seker redelike kwaliteid is. 'n Paar van ons lokale verskaffers kry maar hulle goed van Tandy in die US so jy kan op hulle web blad ook loer. Op die leerwerk forums kan jy ook verder raad kry - goue reel is mos goedkoop koop is duur koop. Ek gebruik 'n paar van "Ivan" se tools en dink jy kan hull op Banggood bv. koop. Dis nie die beste nie maar prys is redelik. As jy later "stiching chisels/pricking irons self maak, skree asb.
Maak vir jouself 'n "stiching pony" as jy met die hand stik ....jy sal later besef hoekom ;) Met 'n masjien stik is vinniger maar nie so sterk soos 'n sadle stich wat jy net met die hand doen nie. Jy kan jou eie "head knive" maak baar ek gebruik myne nie baie nie.
Die beginner stel stempels sal jy dalk later vervan met beteres maar dink hulle sal ok wees vir nou (daat stempels is 'n oneidige gat)- as jy van die ingevoerde tipes gaan koop by 'n vesrkaffer dan vat jy 'n magneet saam .....as hy magneties aan getrek word is hy ok, anders is hulle vol zink en ander metale en buig of breek selfs af. Daar is 'n paar "local" ouens wat stempels maak soos bv. Johan van Heerden (hy is taamlik bedrywig op FB se Leathercraft South Africa)

Daar is baie videos en van die stappe word soms uit gelaat, dalk aspris vir skool geld
Soo as jy 'n skede aanpak dan gan jy dalk van die volgende stappe volg
- Ontwerp, en ontdou om spasie toe te laat vir die "hilt" as jy hom onder die leer gan in pas
- Sny pante
- Skuur rondings bietjie mooi en merk jou stiching lyne
- Tool
- Laat droog
- Behandel met leer olie, veral as jy gaan SP dye gebruik
- Dye
- Laat droog, 6 tot 12 ure as jy kan
- Burnish van die kante wat jy nie later kan bykom nie
- Sit dalk nou al jou knip en/of dra band loop vas
- kap al jou stiching gaatjies in
- Werk aan mekaar
- Wet form jou skede by die hilt indien nodig
- Laat droog
- Gee weer klein bietjie olie om leer soepel te hou
- Skuur, dye & burnish rante
- Gee rante bye was en burnish weer bietjie
- Nou kan jy jou finale laag seel werk doen met bv. 'n leather balm of leather dressing
- baie belangrik - beskou jou hande werk, wees trots daar op en kyk wat jy volgende keer dalk anders of beter sou doen ;D

.....weet nie of ek dalk iets iewers vergeet het nie want ek roofkyk weer ::) .....om kante te burnish is belangrik want dit seel hom teen water. Daar is manne wat hom sommer net biejie skuur en dye want die klient weet mos nie van beter nie. Met chrome tan gan jy "edge paint" moet gebruik wat 'n heel ander gogga is.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Leer werk - om te begin

Post by Ds J »

Gonna Piet! Julle laat dit wild klink. Ek het begin met twee stopnaalde van ouma, n stuk seilgaring en iets soos n ou stuk skooltas vir leer. Daarna beiteltjies om gaatjies in die leer te maak, en n pons. Dis nie nodig om met hoge tegnologie en duur toerusting te begin nie.
Ek moet toegee dat ek eenvoudige , funksionele werk doen.
Last edited by Ds J on Wed Jan 13, 2021 4:08 pm, edited 1 time in total.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Leer werk - om te begin

Post by jdpretorius »

Ds J, ietsie vir jouself wat net funksioneel moet wees en 'n produk wat jy verkoop aan iemand andres is dalk twee verskillende bottels brannas. ++>:
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Leer werk - om te begin

Post by Ds J »

jdpretorius wrote: Wed Jan 13, 2021 3:52 pm Ds J, ietsie vir jouself wat net funksioneel moet wees en 'n produk wat jy verkoop aan iemand andres is dalk twee verskillende bottels brannas. ++>:
100% - vir n begin is dit genoeg, maar later moet die toerusting kan byhou.
Post Reply