Wat en waar? met jagligte??
-
stephan1
Wat en waar? met jagligte??
Middag menere!
Ek is nou so 3 mnde al op die plaas en het darem al so 3 jakkalse geskiet ( asook 8 met helikopter)
So hier is my vraag ek lees en steel maar met die oe sover ek gaan ,maar sal moet n beter lig kry myne nog n L/F 140 en amper 9 jaar oud.
watter lig sal julle aanbeveel die Night s of light F en watter groote met water verbeteringe?
En waar gaan ek dit basies die goedkoopste kry?
Groete
Stephan Booysen

- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: Wat en waar? met jagligte??
stephan ek stel voor jy pm vir stefan764 op die forum
hy is by safari en outdoor en sal jou mooi raad gee
hy is by safari en outdoor en sal jou mooi raad gee
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
- Dawie D
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm
Re: Wat en waar? met jagligte??
Hi Stephan1
Daar is net een lig en dis n"Lightforce"
Ek het so pas n nuwe lig getoets wat eersdaags op die mark gaan wees en hy is amper beter as die Lightforce maar ongelukkig kan hy nie met n dimmer werk nie.
Groete
Dawie

As ek jou sien gaan jy val
-
Danie Lombard .243
Re: Wat en waar? met jagligte??
Dawie
Deel met ons asb die naam en soort lig wat jy tans toets, die een wat jy reken amper beter is as 'n lightforce, my ou lightforce raak al oud en ek is ook op die uitkyk vir 'n nuwe lig.
Deel met ons asb die naam en soort lig wat jy tans toets, die een wat jy reken amper beter is as 'n lightforce, my ou lightforce raak al oud en ek is ook op die uitkyk vir 'n nuwe lig.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Wat en waar? met jagligte??
Danie243
Ek het slegte nuus vir jou..daai ou lig met n nuwe lampie gaan nog beter werk as die 2 de beste..
Jacques
Ek het slegte nuus vir jou..daai ou lig met n nuwe lampie gaan nog beter werk as die 2 de beste..
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Wat en waar? met jagligte??
Daar is nie n beter spotlight (jag en karre) in die wereld as n Lightforce nie. Punt.
Groete
Stef
Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Wat en waar? met jagligte??
Stef
I beg to differ my friend, daar is, hulle werk ongellukkig net nie deur n dimmer nie........Ligte met XENON/HID bulbs lig n wit kol in n lightforce se lig, vra ma die manne wat het....
Mooi loop
Francois

HUNTER
- Full Member

- Posts: 178
- Joined: Mon Oct 18, 2010 8:39 pm
Re: Wat en waar? met jagligte??
Francois
Daardie is evangelie.
Daardie is evangelie.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5122
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Wat en waar? met jagligte??
stephan1 as jy 'n lig soek wat net skerp lig gee en nie hoef te dim nie is die SNIPER 3500Lumin 'n goeie een om na te kyk. Dit is een van die Zenon tipe soos FM hierbo beskryf. Laaste prys wat ek vir hom gesien het was net so rondom R1000. Die kleinboet is die 1000Lumin en kos so R460. Hulle lig is baie witter en gee beter afstand as gewone halogeen lampe maar kan nie gedim word nie, dis net aan of af.
Peet
Peet
Work to live, don"t live to work
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Wat en waar? met jagligte??
FMFrancois Marais wrote: .....Ligte met XENON/HID bulbs lig n wit kol in n lightforce se lig, vra ma die manne wat het....
Is dit dalk moontlik om so bulb in n Light Force te gebruik. Het n spaar L F wat rondle
Groete Biker
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: Wat en waar? met jagligte??
Ek neem aan die dimmers wat tans op die LF ligte gebruik word is die "chopper" tipe wat die lig vinnig aan/ af skakel en wat jy dim deur die duty cycle te verander. As jy 'n voltage regulator gebruik wat die spanning afbring om hom te dim moet die ander ligte ook mos kan dim, jy gee hom eenvoudig net minde krag.daar is, hulle werk ongellukkig net nie deur n dimmer nie........Ligte met XENON/HID bulbs lig n wit kol in n lightforce se lig
Of is daar ander redes hoekom dit nie kan werk nie?
Waar kry mens die Sniper's of ander Xenon/ HID ligte dat ons maar 'n toetsie kan doen?
P
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5122
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Wat en waar? met jagligte??
Daai zenon ligte het so klein elektroniese boksie op wat die gloeilamp bewerk. Dit klink amper vir my soos die prinsiep van die buislig in ons kombuise, daai buislig is ook net aan of af, kan nie gedim word nie.
Ek weet Bouwer Broers in Pretoria het die Sniper 1000 lumen in voorraad en kan ook die 3500 lumen bestel. Bel hulle en begin so inligting inwin. 012-3350692 Vra vir Johan by die wapens.
Peet
Ek weet Bouwer Broers in Pretoria het die Sniper 1000 lumen in voorraad en kan ook die 3500 lumen bestel. Bel hulle en begin so inligting inwin. 012-3350692 Vra vir Johan by die wapens.
Peet
Work to live, don"t live to work
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Wat en waar? met jagligte??
FM Dawie
Na ons vorige gesprek oor die ligte het Fm ook gese die ligte lig n wit kol in n lightforce.
Ek het nie gedink hulle is beter niemaar onthou ek het net een aand met een gekyk en my afleiding was nie gegrond op jag en oes nie.
Ek het doodeenvoudig net die twee ligte an gesit en gekyk en vergelyk .
Ek wil graag weet hoe lank gebruik julle al die ligte vir oes kan mens maklik wegkom met die hooglik oor die wild en as jy skiet die lig te laat afkom na die oe toe,
ek wonder hoe lank hulle sal hou en wat gaan dit kos as daai opwarmer ingee , dalk bewys die lig homself , maar ek sal maar nog vasklou aan die lighforce..
Word n nightforce na tyd so bietjie swakker? of hang dit af hoe jy hom behandel? Ek skree maklik op n ligter as hy hom op sy gesig neersit of neergesit het en hou hulle maar in hulle kassies en hulle werk nog baie goed vir baie jare...
Ek oes ook nie meer nie en sal dus vir nou by die ou beproefde ligte hou..
Ek luister graag na julle ondervinding en ervaring
Groetnis
JB

JB ek sien nou jy vra of die lig swakker word. Ek het nou al op verskeie plekke op die forum gelees dat manne kla hulle lampe word dowwer/geeler.
Ek het so bietkie op google gaan rondspeel. Ek kom nie 'n defnitiewe antwaard kry nie maar ek het op 'n paar plekke gesien dat daar gemeld word dat die gloielampe 'n sekere hoeveelheid ure leeftyd het. Is daar iemand hier wat dit dalk kan beaam of die teendeel bevestig? As dit wel so is verduidelik dit die probleem wat die manne mee sit dat hulle duure lampe swakker begin werk as die dag toe hulle nuut was.
Peet
Ek het so bietkie op google gaan rondspeel. Ek kom nie 'n defnitiewe antwaard kry nie maar ek het op 'n paar plekke gesien dat daar gemeld word dat die gloielampe 'n sekere hoeveelheid ure leeftyd het. Is daar iemand hier wat dit dalk kan beaam of die teendeel bevestig? As dit wel so is verduidelik dit die probleem wat die manne mee sit dat hulle duure lampe swakker begin werk as die dag toe hulle nuut was.
Peet
Work to live, don"t live to work
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Wat en waar? met jagligte??
PEET
Ek het dalk verkeer doorgekom , ek weet die bulpies hou net n beperkte tyd.
Dit was maar n reel by my om al my ligte vir oes gebruik se bulpies jaarliks te vervang, vir jakkals jag het ek nie so gereeld vervang nie. Met die jagraam hert ek met 1 lig gesoek en met n ander op die roer geskiet en ek het gereeld my soekligte gewissel.Jy kom dadelik agter as daai bulpie bietjie opgewerk word op die oog, dalk is dit net verbeelding gewees maar die jaarlikse vervanging was dalk sommer net gewoonte . En ek het ook baie ervaar as daai bulpie breek by enige bakkie as hulle dai nuwe bulpie insit is ie eerste ding wat hy se -- frikit manne nou lig hierdie lig mos weer soos n nuwe een.
Vir jakkals jag dink ek n bulpie kan maklik 3 jaar hou as jy nie n heeltydse jagter is nie.
Die Nigtstalker lig ook goed en jy het mos al daai 5mm of so van sy skroefdraad afgesny .

- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Wat en waar? met jagligte??
Kerels ek wil gou n vragie inskiet ek vra groot omferskoning as ek hijack.
Is daar n alternatief vir nightforce?Ek kan eerlikwaar nie R1900 betaal vir n lightforce wat op die scope sit nie.
Is daar n goedkoper opsie?
Groetnis
Is daar n alternatief vir nightforce?Ek kan eerlikwaar nie R1900 betaal vir n lightforce wat op die scope sit nie.
Is daar n goedkoper opsie?
Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5122
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Wat en waar? met jagligte??
Armand ek glo vir die geleentheids jak jagter sal die NITE STALKER ook werk. Dis juis vir hom wat ek die nuwe PHILLIPS lampie ingesit het. Ek weet hulle verkoop nou vir net so rondom die R500. Met die nuwe lampie in skyn myne beter as die 2 LF's wat ek mee gewerk het. Al ding is dat jy sal moet plan maak om die NITE STALKER op jou scope vas te kry, sov?r ek weet is daar nie 'n bracket wat jy kan koop nie, mag verkeerd wees.
Kyk hier , http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=9 die een het ek self prakseer.
Peet
Kyk hier , http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=9 die een het ek self prakseer.
Peet
Work to live, don"t live to work
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Wat en waar? met jagligte??
Dankie peet! En n man kan hom dim?
Dink ek sal ook so n plan soos jy moet maak!
Groetnis
Dink ek sal ook so n plan soos jy moet maak!
Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Wat en waar? met jagligte??
Biker
Nee man, ongelukkig kan jy nie n gewone LF net so n bulb insit nie, die lig het n ballast in wat van jou 12V, 32000volt maak, die ligte moet positief, positief gekoppel word, en kan jy nie die polariteite omdraai soos met n gewone lig nie, die hoe volt maak dat die vonk spring tussen twee punte en dan gas binne die gloeilamp aansteek, die gas warm op en soos dit warmer raak bereik die lig volsterkte. Die lig kan nie deur n dimmer werk nie, want sodra jy die input volts verminder kan die ballast nie meer sy werk doen nie en vrek die lig.
JB
Ek oes nou seker al so n jaar met myne, nog geen probleem gehad nie, gebruik ook een op die stoel as n handlig, op die oeste moet die lighanteerder egter weet hoe om met die lig te werk, en het gesien dat bokke baie senuagtig voorkom in die direkte lig, skiet die meeste net in die onderste skynsel, dink wel dat die lig n plek op die oes voertuig het in helderder maan en ook om bokke ver, straat op/af, te kan opspoor.
BS
Ek het al erens vergelykings getref tussen dir LF en Xenon ligte, dink dit was onder advertensies.......http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=5
So lyk die car kits wat jy in die voertuie insit, altwee my cruisers het nou in, kan net se dis nou n plesier om in die nag te ry.....
http://www.blindinghid.com/

Waar het jy die kits gekoop en wie het dit instaleer? Ek wil dit in my voertuie laat instaleer.
Dankie
Hunter
Waar het jy die kits gekoop en wie het dit instaleer? Ek wil dit in my voertuie laat instaleer.
Dankie
Hunter
-
222
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm
Re: Wat en waar? met jagligte??
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
-
HUNTER
- Full Member

- Posts: 178
- Joined: Mon Oct 18, 2010 8:39 pm
Re: Wat en waar? met jagligte??
Dankie 222
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Wat en waar? met jagligte??
FM
Dankie nou verstaan ek hom.
N.S. Het jou gemail om daai pakkie te help track
Groete
Dankie nou verstaan ek hom.
N.S. Het jou gemail om daai pakkie te help track
Groete
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Wat en waar? met jagligte??
Biker
Dankie mater, het hom gekry, sal jou antwoord daar.........
Mooi loop
Francois
Dankie mater, het hom gekry, sal jou antwoord daar.........
Mooi loop
Francois