Riflex RFL (S321) toets in 223

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by tripodmvr »

Howa 24 duim dikloop. Toetsladings met Riflex RFL

Sako doppe en Federal SRP
Doppe voorberei met Lee Nekmatrys - was voorheen al geskiet en is hittebehandel.

TPL
57mm vir die Hornady en Speer 55gr
56mm vir Kriek 48gr

Skote geskiet op 100m. Temp 27 C en sterk wind van regs na links. Toe ek koeëls set in die dop het ek gevoel dat die nekspanning baie laag is en dat ek hulle met die hand dieper kan druk. Ek het hulle toe almal met die Lee Crimping Die bygekom.

Sien fotos vir groepe.

Speer 55gr
24gr lading -4 skote

Eerste skoot sit vas en het gesukkel om te kamer - stamp .222 dop uit met baie kort nek - skoot heel links op teiken.
ES is 65vps en groep toon dit ook. QL bereken 2908vps en gemiddeld verkry is 3020vps

25gr lading - 4 skote
ES is 15vps en groep het verbeter. QL bereken 3029vps en gemiddeld verkry is 3134vps

Hornady 55gr

24gr lading - 3 skote
ES is 93vps en redelike groep. QL bereken 2915vps en gemiddeld verkry is 3014vps

25gr lading - 3 skote
ES is 28vps en groep is niks om oor huis toe te skryf nie. QL bereken 3037vps en gemiddeld verkry is 3142vps

Kriek 48gr

24gr lading - 3 skote
ES is 24vps en twee sny met eerste skoot weg daarvan - moontlik a.g.v. skuif na mono koeëls. QL bereken 3022vps en gemiddeld verkry is 3136vps

25gr lading - 3 skote
ES is 11vps en groep het verbeter. QL bereken 3148vps en gemiddeld verkry is 3234vps
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by tripodmvr »

Het die Kriek se node bereken op 25,2/3 en die 25gr lading toon dat dit in die nodeband is.

S321 Lot 75 se BRF is 0,577 met 53gr TSX terwyl hierdie Lot RFL se waarde 0,584 is met die Kriek.

Ek dink die vergelyking is goed met S321 en die resultate verkry toon goeie ES waardes sodra die druk effe hoër is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by tripodmvr »

Vergeet ek van die fotos
Howa 223 6 Maart 2021 Teiken 1 Klein.jpg
Howa 223 6 Maart 2021 Teiken 2 Klein.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by tripodmvr »

Na meer analise is die brandtempo vir die Speer en Hornady identies en dit is effe hoër as met die Kriek.

Ladings is met die Lyman DPS1200 gegooi. Die lae ES wys op konstantheid met al die komponente. Druk is net nodig daarvoor. Die nodes bereken op 3266vps (Kriek), 3245vps (Speer) en 3244vps (Hornady). Binne 20vps van al my vorige S321 ladings met 55gr koeëls.

Ek kan bloot dan sê dat die RFL dryfmiddel wel soortgelyk is aan S321 en sovêr goeie konstante resultate gelewer het. Die toets het slegs drie koeëls bevat, maar daar was nie onverklaarbare uitskieters nie. Ek persoonlik dink dat dit die rol van S321 baie goed vervul het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by Lategan1 »

Baie dankie Tripod.

Leersaam.

Daai 48gr Kriek groep is nie te versmaai nie!

Beste.
Last edited by Lategan1 on Sat Mar 06, 2021 5:00 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
jayzet
Full Member
Full Member
Posts: 177
Joined: Wed Apr 11, 2018 11:37 am

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by jayzet »

Lyk of jou geweer van die Krieke hou

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

KX250
Full Member
Full Member
Posts: 170
Joined: Mon Dec 04, 2017 10:28 am

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by KX250 »

Gebruik jy ook magnum primers met die nuwe kruit?

Sent from my SM-G985F using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by tripodmvr »

Lategan1 wrote: Sat Mar 06, 2021 4:59 pm Daai 48gr Kriek groep is nie te versmaai nie!
Die hitteskimmeling was kwaai toe ek daardie groep geskiet het. Die sterkerige wind het daartoe bygedra. Die' lading sal lekker werk vir spring- en blesbok. Ek wil dink dit kan dalk my beste 3 skoot groep nog ooit wees.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by Lategan1 »

tripodmvr wrote: Sat Mar 06, 2021 5:39 pm
Lategan1 wrote: Sat Mar 06, 2021 4:59 pm Daai 48gr Kriek groep is nie te versmaai nie!
Die hitteskimmeling was kwaai toe ek daardie groep geskiet het. Die sterkerige wind het daartoe bygedra. Die' lading sal lekker werk vir spring- en blesbok. Ek wil dink dit kan dalk my beste 3 skoot groep nog ooit wees.
Geniet die oomblik, veral gegewe die omstandighede soos jy noem. Dit laat alles net die moeite werd voel.

Geluk.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 646
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by Killzone »

As 'n S321 verbruiker gaan ek baie baat by Oom se navorsing. Ongelooflik baie dankie vir hierdie waardevolle inligting.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by tripodmvr »

KX250 wrote: Sat Mar 06, 2021 5:07 pm Gebruik jy ook magnum primers met die nuwe kruit?

Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Federal Small Rifle Match Primers No. GM205M
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by Aceofspades »

Dankie vir die hard werk om die inligting in te win.

Sent from my BV9900E using Tapatalk

wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by wlm »

Aceofspades wrote: Tue Mar 16, 2021 9:13 pm Dankie vir die hard werk om die inligting in te win.

Sent from my BV9900E using Tapatalk
Jip, dink net aan al die recoil van daai 223 wat hy op die skietbank moes verduur!
bushentity
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Mon Jan 23, 2023 4:05 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by bushentity »

Ek wil graag bevestig dat die Riflex inderdaad somchem propellant is.

Riflex RFX(Blou) is S341 somchem propellant
en
Riflex RFL(Groen) is S321 somchem propellant

Dit is net herverpak
Al die einskappe en spesifikasies is dus 100% die selfde.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2589
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by JohanvB »

Waarop basseer jy jou stelling?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by Capt. Yoda »

swc-tr wrote: Sun Nov 21, 2021 10:58 am *FURTHER NEWS ON RIFLEX PROPELLANTS.*

I spent an hour on the phone today with Kobus du Plessis, well known ballistics expert and manufacturer of Impala Bullets.

His information about disposal of ammunition knocked my belief of first information out my sails.

Firstly: PMP does not dispose old army ammo, as I have heard. The SANDF does. But they are not allowed to sell army ammo, unless it is discontinued, like our .303 ammo. With current ammo, like the 7.62x51 ammo, they have to strip the ammo before they can sell the components, through Armscor. Sometimes, the timex ammo can be up to a million or more rounds at a time: SANDF and SAPS are main users of 7.62. Ammo life in the force is 10years. Thereafter they have to re-proof for themselves the ammo once a year. I think after 20years they have to dispose old ammo, although the life of packed propellant is 40 years. The shellac they use protects the propellant in loaded cases.

So, if Riflex’s distributers claim that the origin of the propellants is the NXCO mining community, we have to understand that they, NXCO, bought the propellant for rock breaking. They pack the proppelant into cartridges not very different from shotgun ammo, but in all different sizes akin to Bore sizes. Their stores are most probably located at AEC Pelindaba. Not great big unprotected sheds, as had been told to me, but airtight bunkers, because we are talking about tons and tons of propellants.

Then, a few old Armscor and other industry players saw the opportunity to aid the Covid-affected faltering of the reloading community.

So, then, in step they who understand these things: let’s make better use of these propellents and pack it manageable containers and sell it at reduced rates, relative to any imported products.

It was well known to them that the propellants in question were S341 and S321. Therefore they knew that these two propellants made up the bulk of Somchem’s sales for the SANDF and SAPS. This is what they sell to us. Kobus says he will definately buy a can or more and load it. According to him, it is a gain for any reloader of medium calibres like these guys from Riflex advertise: if they claim we can use the Somchem tables for S321 and S341, then it is S321 and S341. That is the way old ammo is de-commissioned. Lot by lot: Configuration Management always in place.

I therefore apologise to you for discouraging the use of Riflex. I was influenced by someone who thought he had all the facts.

Thanks to Kobus who set the records straight for me.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk
.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by Aceofspades »

bushentity wrote:Ek wil graag bevestig dat die Riflex inderdaad somchem propellant is.

Riflex RFX(Blou) is S341 somchem propellant
en
Riflex RFL(Groen) is S321 somchem propellant

Dit is net herverpak
Al die einskappe en spesifikasies is dus 100% die selfde.
Hi bushentity. Gaan stel jouself voor by die nuwe aansluitings, dan leer ons meer van jou weet en wat jou belangstellings alles is.

Sent from my BV9900E using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by tripodmvr »

Vir alle praktiese doeleindes kan jy die Somchem data gebruik vir die Riflex ladings. As jy laag begin sal jy nie probleme optel nie.

Daar is egter 'n voorbehoud. Kyk dat die reeksnommer op die groen prop met RFL begin en dieselfde met die blou prop en RFX as verwysing. Daar was n geval waar die groen dryfmiddel blou proppe gekry het. Katvoet loop is die antwoord.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
bushentity
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Mon Jan 23, 2023 4:05 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by bushentity »

Aceofspades wrote: Mon Jan 23, 2023 8:17 pm
bushentity wrote:Ek wil graag bevestig dat die Riflex inderdaad somchem propellant is.

Riflex RFX(Blou) is S341 somchem propellant
en
Riflex RFL(Groen) is S321 somchem propellant

Dit is net herverpak
Al die einskappe en spesifikasies is dus 100% die selfde.
Hi bushentity. Gaan stel jouself voor by die nuwe aansluitings, dan leer ons meer van jou weet en wat jou belangstellings alles is.

Sent from my BV9900E using Tapatalk
Ek wardeer die aansporing na gemeenskap maar nee dankie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by tripodmvr »

Bushie, die voorstelling is deel van jou toelating op die forum. As jy geheimsinnig wil wees kan jy dalk dieselfde optrede teen jou verwag. Ons vra bloot watter sporte of jagte jy aan deelneem en dan watter wapens jy daarvoor gebruik. Kyk by voorstelling en jy sal sien waaroor dit gaan.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: Riflex RFL (S321) toets in 223

Post by TOKELOS »

tripodmvr wrote: Mon Jan 23, 2023 9:34 pm Vir alle praktiese doeleindes kan jy die Somchem data gebruik vir die Riflex ladings. As jy laag begin sal jy nie probleme optel nie.

Daar is egter 'n voorbehoud. Kyk dat die reeksnommer op die groen prop met RFL begin en dieselfde met die blou prop en RFX as verwysing. Daar was n geval waar die groen dryfmiddel blou proppe gekry het. Katvoet loop is die antwoord.
Baie dankie Driepoot! Ek is nou gemaklik om hierdie kruit te gebruik (my post 125gr in 308 verwys)
Post Reply