Glock 19 Holster

Post Reply
awdippenaar
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Wed Sep 05, 2018 2:11 pm

Glock 19 Holster

Post by awdippenaar »

Middag

Ek het n Glock 19 Gen 5 gekoop en wil sommer net luister of iemand n spesifieke holster sal aanbeveel. Dis nou Iwb vir concealed carry

GroeteImage

Sent from my SM-N975F using Tapatalk

Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Glock 19 Holster

Post by Vleisie »

Ek dra my 19 en WML combo in n Daniels IWB holster elke dag op strong side en as ek AIWB dra is dit in n Shinobi Kydex Wakazashi.

Ongelukkig is n holster n baie persoonlike keuse, maar dit is die holsters wat ek tot dusver die langste dra.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
awdippenaar
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Wed Sep 05, 2018 2:11 pm

Re: Glock 19 Holster

Post by awdippenaar »

Dankie man. Ek gaan bietjie pas maar kyk ook na die daniels.

Sent from my SM-N975F using Tapatalk

suleiman.ebrahim
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sat Apr 25, 2020 9:30 am

Re: Glock 19 Holster

Post by suleiman.ebrahim »

Kyk ook na Quantum Carry, Sniper, Army ant gear.

Besluit ook of jy appendix of strong side gaan dra.

Jy kry spesefieke holsters vir beide.

Sent from my LM-K410 using Tapatalk

User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Glock 19 Holster

Post by Ratel »

Ek het baie IWB probeer en dra nou net Cytac appendix vir my G23. Sover die gemaklikste
Maak 'n verskil
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Glock 19 Holster

Post by OosKaapJagter »

Daar is baie goeie skedes wat reeds genoem is.

Moet net nie die fout maak om 'n goedkoop maar bowenal swak kwaliteit een te koop nie. Die Glock se sneller is sy enigste veiligheidsmeganisme. Enige skede wat toelaat dat iets die sneller kan manipuleer kan fataal wees.

Google gerus "Glock accidental discharge holster". Dit is geensins 'n negatiewe refleksie op Glock nie, maar 'n swak skede is 'n slegte idee.
awdippenaar
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Wed Sep 05, 2018 2:11 pm

Re: Glock 19 Holster

Post by awdippenaar »

Jah ek hoor jou. Mens moet maar net n di kydex vat. En nie leer of nylon of so iets nie

Sent from my SM-N975F using Tapatalk

HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Glock 19 Holster

Post by HeinM »

awdippenaar wrote: Sat Jun 12, 2021 8:50 pm Jah ek hoor jou. Mens moet maar net n di kydex vat. En nie leer of nylon of so iets nie

Sent from my SM-N975F using Tapatalk
Ek het 'n Fobus OWB (van nylon) wat ek dikwels gebruik en hy is baie veilig.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Glock 19 Holster

Post by Ratel »

Ek dink hier gaan jou liggaamsbou n rol speel. Ek sit met n laai vol iwb holsters en het na n baie duur les besluit op Cytac. Ek dra ook n Edge wat my Olight mini akkomodeer. Dis egter minder gemaklik en ek dra dit as ek weet ek gaan uitstedig wees in die donker. Beide beskerm die sneller baie goed soos wat korrek gese hierbo, n vereiste is. My raad is dat n gepaste holster net so belangrik is as die keuse van jou wapen en ammo. Maak doodseker voor jy koop
Maak 'n verskil
Jacques.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 499
Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am

Re: Glock 19 Holster

Post by Jacques.308 »

Ek dra my 19 al 4 jaar met baie holsters en het laasjaar vir my by Battlegear in Bloemfontein 'n iwb holster laat maak. Dis uit en uit die gemaklikste holster wat ek al gedra het. Battlegear is se kliente diens is ook van die beste wat ek al tee gekom het.

Groetnis

Sent from my SM-N770F using Tapatalk

SoldierMan
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Mon Dec 28, 2020 8:41 am

Re: Glock 19 Holster

Post by SoldierMan »

Eerstens, nice Glock!

Ek gebruik a Daniel's en is baie gelukkig met die holster, en ek dra my Glock van die tyd ek wakker wort, tot waneer ek gaan slaap.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Glock 19 Holster

Post by Apie »

Comptac MTac by Hailstorm ZA


Sent from my iPhone using Tapatalk
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Glock 19 Holster

Post by Alwin »

Soek 'n skede wat jou vel en die pistool se staal dele weg van mekaar af hou. In ons warm somers kan velkontak maklik die glystuk laat roes.

Daniels se IWB skede is reg gesny. Daar mag ander wees wat net so goed is. Almal van hulle se skerp rante moet stomp gemaak word vir die beste gerief.

Kyk ook na die knip wat aan jou gordel haak. Ek verkies die "C" knip, want hy sit nogal stewig en vertoon die heel minste van almal. As jy op Daniels se webwerf bestel, kan jy die regte knip opsie kies.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Glock 19 Holster

Post by Arnold »

Ons het goeie holsters beskikbaar en ek het self n verskeidenheid. Onlangs probeer ek bietjie AIWB wat nogal n aanpassing is.

Daniels light bearing OWB en MTac van Comp-Tac hieronder
Image

... en dan 'n Rattler van South West Holsters
Image

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Post Reply