Middag manne,
My geliefde moeder het 'n paar lê henne op haar plot, een het so twee maande terug gevrek, en een is nou besig om dieselfde simptome te wys. Hulle raak baie "pap" en slaperig en vrek gewoonlik na so week. Ek sien nie enige sere of iets op hulle nie, maar sien wel dat van die ander henne die huidige en vorige een gepik het, hulle het 'n paar vere voor op die krop verloor.
Enige idees wat dit kan wees of hoe om dit te vermei?
Dankie!
Siek lê hen
-
SeeZet
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Wed Mar 06, 2019 6:54 am
Siek lê hen
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 920
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Siek lê hen
My broer het ook van die hoenders gehad. Hy se n Tampan byt maak so. Spuit Teramycin onder vel onder die vlerk.
Hok moet ook skoongemaak word, daarna met diesel en cypermetrin gespuit word.
Hy het ook vir my die onderstaande aangestuur.
https://af.yellowbreadshorts.com/671-ch ... ntion.html
Hoop dit help
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Hok moet ook skoongemaak word, daarna met diesel en cypermetrin gespuit word.
Hy het ook vir my die onderstaande aangestuur.
https://af.yellowbreadshorts.com/671-ch ... ntion.html
Hoop dit help
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Siek lê hen
Ek het altyd karbadust poeier op hoenders en hulle le plek gegooi. Dit het goed gewerk
Maak 'n verskil
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Siek lê hen
Ek het ook nou die dag so probleem gehad. Volgens wat ek op Dr Google gesien het was dit 'n tekort aan vit B. Het die veearts gebel en sy het vir my die vitamiene bestel en ek het onmiddelik begin om vir die hoender die goed te gee in sy drink water - na so 2 weke in isolasie wys sy weer op en wakker.