458 bou prys

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

458 bou prys

Post by Eduard Venter »

Naand manne.

Op die oomblik het ek nie geld vir die projek nie, maar mens mag mos so bietjie droom.

Ek het tans 'n Winchester mod 70 375H&H wat ek gebruik as my werksgeweer. My eerste klompie buffels het darem nou al geval met kliënte en hopelik gaan die toekoms vele meer inhou. Ek wil dus vir my iets groter aanskaf aangesien ek graag 2 gevaarlike wild roere wil hê. Een vir my en een (375) wat beskikbaar is vir 'n geweerlose kliënt.

Nou hier is my idees... Ek wil graag 'n 458 Lott bou. Loop so 22 duim, controlled feed, oop visiere en moet 'n red dot visier kan vat. Die veiligheidsmeganisme is vir my baie belangrik en ek sal iets verkies soortgelyk aan die Winchester mod 70 sin. As ek 5 in die magasyn kan prop sal dit gaaf wees. Die kolf sal mooi gepas moet word dat ek vinnig kan optel en skiet.

Wat sal dit kos om so iets te bou en wie gebruik mens as wapensmid? Alternatiewelik, sal dit dalk goedkoper wees om 'n CZ550 te koop en dan die veranderinge aan te bring?

Ek wil vir my 'n ordentlike geweer aanmekaarslaan. Een wat ek vir die res van my lewe kan gebruik. Ek sal dit waarskynlik eers oor 'n paar jaar kan bekostig, wil net solank begin kyk in watter rigting moet ek spaar.



Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 458 bou prys

Post by DWB »

Om ñ CZ te koop is tans amper die maklikste. Veiligheidsknip kan vervang word en monteerstukke vir Red Dots kan gemaak word.

Maar jy praat klaar van minimum R40k
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: 458 bou prys

Post by Eduard Venter »

Ja Deon, dis ongelukkig nie juis kleingeld nie. 'n 2de handse CZ is dalk die roete om te gaan en dan kan mens verbeteringe aanbring soos mens 'n geldjie het.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: 458 bou prys

Post by Smith223 »

Eduard ek is beslis nie expert op die veld van gewere bou nie, maar van wat ek al gesien het, is Ralph Badenhorst se groot kaliber gewere baie baie netjies.
Alhoewel ek glo dat enige geweersmid jou sal kan help het elkeen maar sy veld van experitize, party bou F-klas guns en ander groot kalibers.
My 2c
Edit: kontak hom dalk direk vir ‘n beraamde prys. Hy is op die forum.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: 458 bou prys

Post by Eduard Venter »

Dankie maat. Ek is bewus van Ralph se mooi gewere wat hy maak, regtig besonders. Ek het eintlik maar half aangeneem hulle gaan bo my prysklas wees. Maar ek sal hom bietjie kontak. Wie weet, dalk kan mens 'n plan maak.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

Lapua
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 481
Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am

Re: 458 bou prys

Post by Lapua »

Hi Eduart,

Ek kan met n geruste hart en baie vrymoedigheid Dawie Nel van Marksman Arms voorstel vir so projek. Die man bou baie mooi roere. Ek weet hier is nog baie ander manne op die forum wat van sy vakmanskap kan getuig.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 458 bou prys

Post by Frederik »

Eduard,

Ek weet van 'n splinternuwe 458 win mag CZ 550 met reguit kolf wat jy kan dalk nog kan afbetaal.
Dit sal jou goedkoopste opsie wees.

Pasop ook vir loop korter sny gaan doen huiswerk op wat jy uit die geweer vir kry en waater gewig koeels jy wil skiet.
Anders eindig jy op waar jy sukkel om nodes te slaan wat of te hoog is of net te stadig is en jy dan maar net sowel 458 win mag kon skiet en nie baie meer uit die lott uit kry nie.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: 458 bou prys

Post by Eduard Venter »

Dankie vir die inligting! Oom Frederik, ek kontak jou privaat.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 458 bou prys

Post by Wouter Roets »

Eduard

Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik vertroudheid met n roer vir die spesifieke aplikasie is nie. Jy het al reeds n Winchester so jy verstaan sy veiligheids meganisme so ook die mates van die kolf en goed soos jou snellerbeul en self die sneller, So al hierdie goed al is dit klein is klaar ingeprent in jou skiet DNA, so my voorstel sal wees om vir jou n 458 Win Mag te soek in die maak. Jy kan hom redelik gemaklik verander na n Lott toe, maar met die feit dat ons oorsese poeiers nou tot ons beskikking het doen die kaliber baie beter as wat hy met ons poeiers gedoen het. Mens moet hom nie vlak kyk nie, maar eerste prys sal nog steeds wees om hom na n Lott toe te verander.

Groetnis
Wouter
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: 458 bou prys

Post by Eduard Venter »

Dankie oom Wouter, dis alles geldige punte. Ek sal beslis nie omgee om 'n mod 70 te hê in 458 nie. Ek wens net hulle het in die Lott uitgekom, maar ja 'n ombouing is nie moeilik nie. Slegs die papierwerk van die kaliber verandering is wat maak dat ek sal verkies om iets te koop wat reeds as 'n Lott van sy ma af kom.

Ek het gelukkig 'n paar CZ 550s ook en is deeglik vertroud met hulle. Ek verkies egter die mod 70 se veiligheidsmeganisme.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: 458 bou prys

Post by saswart »

Soos Deon genoem het, jy kan die knip baie maklik vervang op die CZ met die soos 'n Winchester. Ek het presies wat jy soek en eht (375 in Mod 70 en 458 Exp in CZ)(ja subjektief en ek gebruik my wapens dalk anders) maar nog nie gevoel die CZ safety is 'n probleem nie.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: 458 bou prys

Post by Eduard Venter »

Saswart, ek kontak jou privaat. Ek het 'n 458 express ook al oorweeg, beskikbaarheid van ammunisie is wat gemaak het dat ek 'n Lott verkies. Sal graag bietjie meer van jou opset wil hoor.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

Post Reply