Review - MTC Optics vir Nagskiet
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Review - MTC Optics vir Nagskiet
Middag manne,
Ek het vanoggend 'n MTC Taipan 6-24x56 AMD Reticle teleskoop gekry.
Hy gaan op my .25-06 gemonteer word vir hoofsaaklik nagskiet, alhoewel hy gebruik gaan word by die SA Jagters- vlakte en jakkals tabelle, asook medium tot langafstand (200m - 500m+) jag op bobbejane.
My eerste indruk van die teleskoop was "demmit, die ding is groot!"
Hy is ook nie die ligste teleskoop op die mark nie, hy weeg 6 gram oor 1 Kilo, maar my geweer is alreeds 11 pond sonder teleskoop, lekker om uit die stoel uit mee te skiet.
http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/IMG-20110818-00170.jpg
Hy kom ook met 'n verwyderbare "side-wheel", maar ek gaan hom nie gebruik nie, aangesien ek nie 'n groot aanhanger van so iets is nie.
Die teleskoop se kantfokus is gemerk van 10yd tot 500yd, en dan infinity.
Die spesifieke teleskoop is toegerus met 'n AMD (Advanced Mil Dot) kruishaar.
Ek wil kyk waar pas 'n jakkals in op die kruis oor verskillende afstande, om afstand-skat te vergemaklik.
http://www.mtcoptics.co.uk/images2/retAMDcombined.gif
Sy vertikale- en horisontale verstellings is 1/8" op 100yd, wat fyn verstellings lekker sal maak.
http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/IMG-20110818-00171.jpg
Hy het rooi en groen verligting in sy binneste kruishaar, wat ek deeglik sal toets in die nag op die dowwe verstellings.
So lyk die verligting-knoppies:
http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/IMG-20110818-00172.jpg
Hy het 'n "sun-shade" op wat teleskopies in en uit kan skuif, wat ek dink nogal 'n oulike idee is. Hy is ook toegerus met staal lens-klappies om stof uit te hou.
Sodra jou afstand en links/regs verstelling in is, draai jy 'n sluit-ring vas, en dit keer die turrets om te draai.
Nou ja, ek moet net 30mm ringe gaan koop, hulle lap, en die scopietjie opsit!
Ek sal deurentyd hier kom terugvoering gee oor die (Hubble?) teleskoop se werksverrigting.
Groete,
Eugene

Last edited by Geno on Mon May 27, 2013 10:23 am, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Sterkte met die teleskoop ...
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Arnold,
Dink jy ek gaan die sterkte nodig kry?
Groete,
Eugene
Dink jy ek gaan die sterkte nodig kry?
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Hopelik nie!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Vra bietjie vir Ludwig wat hy dink, hy het mos so scope op sy 300WM gehad.
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Baie geluk met die scope. Skryf asb n behoorlike review, wil graag kyk na die scopes. Mag ek vra wat jy vir hom betaal het en waar asb?
ek soek nog wapens...
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Arnold,
Ek het met Ludwig gesels, so ek het darem 'n idee waarvoor ek in is.
SV MAD,
Ek het 'n Leupold VXII 6-18x40 Target geruil vir die scope. Ek dink hulle retail vir +-R6500.00
Groete,
Eugene
Ek het met Ludwig gesels, so ek het darem 'n idee waarvoor ek in is.
SV MAD,
Ek het 'n Leupold VXII 6-18x40 Target geruil vir die scope. Ek dink hulle retail vir +-R6500.00
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Geno,
As hy sy zero hou, en jy sien jakkals op 'n lekker ver afstand, dan is jy gewax ou maat. Laat weet hoe sy helderheid is, hoe perform hy hier teen skemer??
EK sal altyd inloer op die post.
Raves.

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Raves,
Ek het laatmiddag bietjie met hom gekyk, hy lyk lekker helder tot op +-200m. Hy's nie so helder soos top-end Europese scopes nie, maar dis nie waarmee hy prysgewys en glasgewys kompeteer nie....
Sy rooi verligde kruishaar se swakste vlak lyk ook net reg vir my vir skemer/nagskiet, sy helderste vlakke weerkaats binne teen die lense, so dis redelik nutteloos om hom op daai vlak te gebruik.
Sodra hy gemonteer is sal ek hom behoorlik deur sy passies sit, veral met afstandverstellings, zero-retensie ens.........
Groete,
Eugene
Ek het laatmiddag bietjie met hom gekyk, hy lyk lekker helder tot op +-200m. Hy's nie so helder soos top-end Europese scopes nie, maar dis nie waarmee hy prysgewys en glasgewys kompeteer nie....
Sy rooi verligde kruishaar se swakste vlak lyk ook net reg vir my vir skemer/nagskiet, sy helderste vlakke weerkaats binne teen die lense, so dis redelik nutteloos om hom op daai vlak te gebruik.
Sodra hy gemonteer is sal ek hom behoorlik deur sy passies sit, veral met afstandverstellings, zero-retensie ens.........
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Geno,
Ek het die scope al mooi bekyk, dit was op 'n vriend se .243 en moet s? die scope lyk impressive en die sunshade...bakgat idee.
Raves
Ek het die scope al mooi bekyk, dit was op 'n vriend se .243 en moet s? die scope lyk impressive en die sunshade...bakgat idee.
Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Raves,
Ja, ek hou ook van die sunshade!
Wat ek ook wou noem, die beeld van die scope is helder tot reg op die kante, hy raak nie dof om die rant soos party ander scopes nie.
Groete,
Eugene
Ja, ek hou ook van die sunshade!
Wat ek ook wou noem, die beeld van die scope is helder tot reg op die kante, hy raak nie dof om die rant soos party ander scopes nie.
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
More manne,
Right, 2de fase van toetsing gebeur vanmiddag as ek die Taipan gaan instel.
Ek het die teleskoop op my Ruger M77 MKII-VT .25-06 gemonteer met Leupold 30mm Super-High ringe.
Ek moes ongelukkig die sunshade afhaal omrede hy aan die loop geraak het.
So lyk hy gemonteer op die geweer:
http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/25-06.jpg
Ek sal verder kom terugvoering gee sodra ek klaar ingestel is, en ek 'n "box-test" gedoen het om herhaalbaarheid van stellings te toets.

Last edited by Geno on Mon May 27, 2013 10:24 am, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
- Heinds
- Hero Member

- Posts: 786
- Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Eugene, ek wil nou nie vir jou jok nie maar daai geweer van jou lyk al te vraai! 
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Geno
Maak n mooi aantekening van na die hoeveelste skoot jy begin mirage deur jou scope sien.....
Mooi loop
Francois

-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Geno
Kyk bietjie vir ons na hoe vinnig jy 'n dier kan ID en of dit nodig is dat jy aan die paralaks moet draai om op 300m die verskil tussen 'n duiker en steenbok uit te ken? Ek kyk gewoonlik na die swart snoetjie, want 'n duiker en rooikat se oog lyk baie dieselfde somtyds.
Sterkte en laat die rooi honne bakkie ry!
Groetnis uit 'n koue en nat Stellenbosch!

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Geno.
Ek is nou van die punt af, maar miskien kan jy my help. Ek wil n 56mm scope op my ruger sit (gewone dun lopie), en ek sien dat jy super high ringe moes gebruik om die MTC te mount. Dink jy ek sal n 56mm met high ringe gemount kry omdat my loop dunner is. En dan wil ek sommer by jou hoor waar het jy jou ruger ringe gekry? Baie dankie.
Groete Tjops
Ek is nou van die punt af, maar miskien kan jy my help. Ek wil n 56mm scope op my ruger sit (gewone dun lopie), en ek sien dat jy super high ringe moes gebruik om die MTC te mount. Dink jy ek sal n 56mm met high ringe gemount kry omdat my loop dunner is. En dan wil ek sommer by jou hoor waar het jy jou ruger ringe gekry? Baie dankie.
Groete Tjops
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Hallo Tjops,
Jammer man, ek sien nou eers jy't 'n vraag gevra. Ek glo jy sal regkom met die "high" ringe.
Die ringe wat ek huidiglik gebruik is Leupold se ringe wat ek by Safari and Outdoor Pretoria gekoop het.
Groete,
Eugene
Jammer man, ek sien nou eers jy't 'n vraag gevra. Ek glo jy sal regkom met die "high" ringe.
Die ringe wat ek huidiglik gebruik is Leupold se ringe wat ek by Safari and Outdoor Pretoria gekoop het.
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Right manne,
Ek het intussen so + - 100 skote met die Taipan geskiet.
Hy is baie helder in die nag, en werk bitter lekker.
Ek gebruik 10x vergroting in die nag.
Hier is 'n skelm jakkalsteef wat ek op 80m geskiet het terwyl sy weg van my af gedraf het.
http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/IMG-20110909-00275.jpg
Die afgelope naweek was ek saam met Superdup en 'n pel van my op Roedtan, ons het die varksog opgejaag terwyl ons staanplek geskuif het, en my pel toe sy eerste vark op sy kerfstok kry.
http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/IMG-20110924-00322.jpg
Kort na die vark geskiet is, het ek 2 rooikatte ingeroep en geskiet, maar ek kon nie die katte in die lang gras opspoor nie.
Ek's redelik omgekrap met myself daaroor, aangesien dit my eerste geroepte katte is...
Ek beplan 'n roepsessie more aand, hopelik kan ek nog so paar rooihonne rol.....

Last edited by Geno on Mon May 27, 2013 10:27 am, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
-
langloop
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Hi Geno,
Well done! Jakke lyk altyd beter op hulle sye as op hulle pote!
Groete
Langloop

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Geno
Lyk of daai jakkals vir jou lag jy moet hom maar weer skiet, of het hy dalk gehoor van wat hier by my gebeur het.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
GenoGeno wrote: Hier is 'n skelm jakkalsteef wat ek op 80m geskiet het terwyl sy weg van my af gedraf het.
Kort na die vark geskiet is, het ek 2 rooikatte ingeroep en geskiet, maar ek kon nie die katte in die lang gras opspoor nie.
Ek's redelik omgekrap met myself daaroor, aangesien dit my eerste geroepte katte is...
Het jy met die nuwe Wildfire geroep?
Hoe was jou ondervinding met hom, as jy hom gebruik het?
Skolla
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Skolla,
Nee, daar het ek nog die Spitfire gebruik. Ek het die Wildfire op die katte gebruik die afgelope naweek. Ek sal na die naweek 'n review oor die Wildfire ook plaas.
Groete,
Eugene
Nee, daar het ek nog die Spitfire gebruik. Ek het die Wildfire op die katte gebruik die afgelope naweek. Ek sal na die naweek 'n review oor die Wildfire ook plaas.
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Sien uit daarna om dit te hoor!Geno wrote: Ek sal na die naweek 'n review oor die Wildfire ook plaas.
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
DankieGeno wrote: Ek sal na die naweek 'n review oor die Wildfire ook plaas.
Sal dit waardeer.
Skolla
-
hagar
Re: Review - MTC Optics vir Nagskiet
Ek moet my fluitjies saambring, ek sal my linker knersus gee vir n rooikat!