Ek dra vir die laaste 6 jaar 'n Glock 19, maar het onlangs begin uitkyk na kleiner 9mm pistole. Die glock 19 het vir my net te ongemaklik begin raak vir my doeleindes. Omdat ek reeds ervaring het met Glock was die Glock 43 vir my die logiese keuse, maar na 'n onlangse skietery by ons kerk was ek maar skrikkerig vir die laer kapasiteit van die Glock 43. Na die skietvoorval het ons op die kameras gesien dat daar meer as een rower rondgesluip het. Ek het toe na verskeie opsies gaan kyk (Sig Sauer p365, Glock 43, S&W Shield) en baie opgelees oor die tipe van pistole. Ek het baie gelees oor Springfield Hellcat pistole, maar nie gedink dat dit in SA beskikbaar sal wees nie. Ek sien toe eendag toevallig op Dave Sheer se webblad die HS produkt h11 pistole en besef toe dat dit presies dieselfde ding as die Springfield hellcat is, in Amerika verkoop hulle hom net onder 'n ander naam. Ek vind toe uit by my plaaslike handelaar of hulle vir my een sal kry en voor ek daar uitstap is die pistool betaal en is die keuse gemaak.
Die H11 en die Sig p365 se grootte is basies identies, maar die H11 is aansienlik goedkoper as die sig.
Die H11 kom met 'n 11 en 13 rondte magasyn in die boks. Die kwaliteit van die H11 is vir my baie goed, ek is tevrede met my koop. Nou net vir die lang wag vir die lisensie.
Ek deel die sommer as daar dalk van julle is wat op die uitkyk is na mikro kompakte pistole.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk