Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
"Press-lift" klink soos iets wat die Recce's tydens opleiding moes doen of wat sommige ouens moet doen om daai 48 duim boep in 'n 38 broek in te kry!
Met die bou van my nuwe herlaai kas was een van die vereistes dat die kas skuifdeure moet hê en dat alles binne-in moet pas. Ek was nie lus om elke keer die pers vas te bout en weer af te haal nie. Ek het na een van daai katoeters gekyk wat soos 'n watertenk stillasie lyk, maar hy sou te veel plek vat op my werksblad.
'n Kliënt vra my om 'n hyser vir haar menger in 'n kombuiskas te installeer en dadelik sien ek dus net die ding vir Sannie.
Leon Crous wrote: Tue Jul 20, 2021 4:14 pm
Nat netjies Gawie!
Lekker as mens praktiese aanleg het.
Hoe sterk is hy... gaan hy die vrag vat as 'n man effe force?
Ek gaan 'n matrys buig, voor hy daai hyser beskadig.
Ek het juis die horisontale staaf aangebring om die hyser in sy boonste posisie te hou. Dit werk dus soos die vlag veiligheids knip op die Mausers. Maak nie saak hoe hard jy probeer nie, die skoot gaan nie loop nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!