ford 2.2 auto brandstofverbruik
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
ford 2.2 auto brandstofverbruik
is hier dalk manne wat met die 2.2auto 4x4/4x2 ry wat vir my kan se wat hulle brandstofverbruik is asb?
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
-
Johann Marais
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm
Re: ford 2.2 auto brandstofverbruik
Hi Johans
2.2 4x4 9.8km/l
2.2 4x4 9.8km/l
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: ford 2.2 auto brandstofverbruik
Hulle is mooi ekonomies wanneer n hilux hom sleep

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- finch
- Sr. Member

- Posts: 467
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: ford 2.2 auto brandstofverbruik
Agterop flatbed spaar nog tyresluitasie ook.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: ford 2.2 auto brandstofverbruik
dankie vir jou sinvolle antw johann.is dit die auto?
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2958
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: ford 2.2 auto brandstofverbruik
Môre Johans, enige kommentaar op ‘n Maandagoggend wat ‘n smile by mense bring, is ‘n lied vir die week!!!
Die oorsprong is maar net die ou Land River grappies, my sakdoek altyd vol olie.
Beste.
Die oorsprong is maar net die ou Land River grappies, my sakdoek altyd vol olie.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: ford 2.2 auto brandstofverbruik
Môre Johan,johans wrote: Sun Jul 25, 2021 7:53 pm is hier dalk manne wat met die 2.2auto 4x4/4x2 ry wat vir my kan se wat hulle brandstofverbruik is asb?
Myne loop darem nog op sy eie stoom
Ek het 'n 2.2 Auto 4x2. Ek het gekry tussen 9.2 en 9.8km per liter.
Toe het ek in Mei die bande verander van 255 na 265. Die verbruik het toe afgekom na tussen 8.5 en 9km per liter.
Gemiddeld oor 38 000km is 9.3km/liter.
My broer het dieselfde bakkie, net die handrat en hy kry gemiddeld 'n km per liter beter as die auto.
Groete
Ockert
-
Maroelas
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Re: ford 2.2 auto brandstofverbruik
In die dorp so tussen 9 en 10km/liter.
Op die oop pad so amper 13km/liter.
Myne is 2.2 auto 4x2 (2017) met rapsie onder die 80k km op, geen olielekke of rookwolke of enige ander moeilikheid nie.
Op die oop pad so amper 13km/liter.
Myne is 2.2 auto 4x2 (2017) met rapsie onder die 80k km op, geen olielekke of rookwolke of enige ander moeilikheid nie.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: ford 2.2 auto brandstofverbruik
Jy ry seker nie vinniger as 100kmh. En dan moet jy nie die bakkie se computer vertrou oor die verbruik jy moet dit self uitwerk by die pomp.Maroelas wrote:In die dorp so tussen 9 en 10km/liter.
Op die oop pad so amper 13km/liter.
Myne is 2.2 auto 4x2 (2017) met rapsie onder die 80k km op, geen olielekke of rookwolke of enige ander moeilikheid nie.
-
Maroelas
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Re: ford 2.2 auto brandstofverbruik
Ek het detailed rekords van die laaste 21000km. Ek jaag nie, want ek haat spoedkaartjies. Maar ek ry beslis meer as 100kmh waar die spoedgrens dit toelaat.LUAN wrote: Mon Jul 26, 2021 10:19 amJy ry seker nie vinniger as 100kmh. En dan moet jy nie die bakkie se computer vertrou oor die verbruik jy moet dit self uitwerk by die pomp.Maroelas wrote:In die dorp so tussen 9 en 10km/liter.
Op die oop pad so amper 13km/liter.
Myne is 2.2 auto 4x2 (2017) met rapsie onder die 80k km op, geen olielekke of rookwolke of enige ander moeilikheid nie.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: ford 2.2 auto brandstofverbruik
dankie manne ek waardeer.lyk vir my auto is maar gem so 2km/L swaarder as MT.maak 4x4 ook n verskil aan verbruik as jy net op die teerpad ry?
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
-
Maroelas
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Re: ford 2.2 auto brandstofverbruik
Oor die algemeen is outomatiese voertuie altyd swaarder op brandstof as hul handrat eweknieë. Soos ek dit het sal die 4x4 opsie altyd swaarder wees op brandstof as die 4x2 opsie
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: ford 2.2 auto brandstofverbruik
Nie spesifiek 2.2 Ford/Mazda nie, maar my ondervinding is dat outomatiese voertuie tipies omtrent 10% meer brandstof gebruik as die ekwivalente handrat. Dis nou outomatiese ratkaste met koppelomsetters (torque converter in brits). Deesdae is sekere "outomatiese" ratkaste eintlik 'n handrat met gewone koppelaar wat deur 'n rekenaar beheer word. Hulle verbruik vergelyk met 'n handrat wat deur 'n bekwame bestuurder beheer word.
Dit bring ons by bestuurstyl en padtoestande. My vrou se kinderteksie (3 liter diesel outomaties) gee so gemiddeld 10,5km/l as sy hom bestuur. As ek hom bestuur kry ek 12-13 km/l, maar dis meestal op die langpad. Appels en pere...
Deesdae se 4x4 bakkies het nie meer vryloopnawe nie. Dit beteken die hele voorste dryfstelsel loop die hele tyd saam. Omdat daar altyd wrywing is, gaan dit die verbruik effens opstoot. Die moderne stelsels se wrywing is egter baie minder as die ouer stelsels soos bv. op 'n ou Land Rover s'n. Die verskil is dus gewoonlik klein, minder as 5% ekstra.
Dan is daar ook die kwessie van bande. My werksbakkie het gemiddeld 12,5 km/l gegee in gemengde gebruik. Toe die oorspronklike goedkoop bande die gees gegee het, is dit vervang met lekker (duur) vastrapbande. Dit het die verbruik laat opskiet na 10,5 km/l. Groot verskil. Gelukkig nie vir my eie sak nie. Ek moet egter noem dat die nuwe bande heelwat beter klou op slegte oppervlakke en tot dusver net 1 pap wiel opgelewer het met 'n dakskroef. Die ouer bande het 2 keer per week gepla. (Ons het heelwat sekelbos in die omgewing.) Die duurder bande gaan waarskynlik 100 000 + km leeftyd haal ook. My punt is bandkeuse het 'n groot invloed op brandstofverbruik.
Bandgrootte maak ook 'n verskil. Behalwe dat 'n verandering in roldiameter die effektiewe ratverhouding verander, affekteer dit ook die spoedlesing asook afstandmeter. Om dus die voertuig se eie metings te gebruik om verbruik te bereken, moet mens korreksies aanbring vir beide spoed en afstand. Met groter bande is die werklike verbruik gewoonlik beter as wat die voertuig se rekenaar vir jou gee.