Gebede versoek

Post Reply
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Gebede versoek

Post by DWB »

Ai manne, ongekende tye.

Rus in Vrede en mag die Vader vertroosting en vrede bo alle verstand gee.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Gebede versoek

Post by joe rocket »

Ek het nie woorde nie rus sag my vriend.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13643
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Gebede versoek

Post by Geno »

Slegte nuus! Riaan was 'n gentleman en sal gemis word! Sterkte aan sy naasbestaandes en vriende!
Goed, beter, 6millimeter!
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Gebede versoek

Post by Kaalvoetthysie »

Ai man, sterkte vir say familie en al sy vriende.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
wynis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am

Re: Gebede versoek

Post by wynis »

Gawie(13mm) wrote:Manne, my hart is bitter seer. Riaan is vannag oorlede.
Ek smeek ons Vader om Noens te dra en sy twee jong kinders te seën.
Hy was 'n vriend vir baie. Onbaatsigtig en vrygewig.
Ek huil, want my hart us seer.
Jammer ou maat! Ons dink aan julle in hierdie hartseer tyd. Image


Sent from my iPhone using Tapatalk
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Gebede versoek

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Gawie en aan al die ander mense hier wat vir Riaan geken het, ons harte gaan uit na julle terwyl julle hierdie verskriklike verlies verwerk. So ook natuurlik aan sy familie in hierdie ongelooflike donker tyd. Ons kan julle almal net opdra in ons gebede en vra dat vertroosting en aanvaarding tog n plekkie sal vind in julle verskeurde binnestes.

Mooiloop
Wouter
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Gebede versoek

Post by Ockert1992 »

Ai manne, ek het nie woorde. Riaan was 'n yster. Sterkte vir sy vrou, kinders, familie en vriende.
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Gebede versoek

Post by prohunt »

Ai manne en families. Ons bid saam en kan maar net vra dat die Here deur Sy Heilige Gees olie in die diep wonde sal gooi tot genesing van die seer asook vir aanvaarding en leiding op die pad vorentoe. Ons bid dat Hy so naby aan elkeen van julle sal wees in hierdie tyd dat julle heeltyd bewus sal wees van Sy vertroostende teenwoordigheid en Sy liefde.
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: Gebede versoek

Post by Basie2 »

Sterkte aan sy familie in die hartseer tyd. Ons is stil en dra jul op in .


Sent from my iPad using Tapatalk
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Gebede versoek

Post by Francoisv »

Gawie(13mm) wrote:Manne, my hart is bitter seer. Riaan is vannag oorlede.
Ek smeek ons Vader om Noens te dra en sy twee jong kinders te seën.
Hy was 'n vriend vir baie. Onbaatsigtig en vrygewig.
Ek huil, want my hart us seer.
Dit is baie hartseer. Ons verloor goeie manne.

Sent from my ELE-L09 using Tapatalk

Francois Vogel
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Gebede versoek

Post by Philip J »

Ai manne, dis nie lekker nie
Mag ons Vader elkeen wat seer is vanaand, toevou in Sy groot liefde en genade.
Groetnis
Philip
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Gebede versoek

Post by andre007 »

Org Hamman, n groot gees in alles geweer is vanoggend oorlede. Ons weet hy sit aan die voete van ons Vader. Sterkte aan al sy familie.

Sent from my SM-N770F using Tapatalk

"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Gebede versoek

Post by Frederik »

More almal,

Deon (DWB) op die forum en sy vrou is gediagnoseer met Covid Pneumonia hulle is tans by huis maar as kondisie verswak sal hulle moet hospitaal toe gaan. Hy as besigehid eienaar is ook onder groot druk omdat hy nie iets kan doen nie en die besigheid staan maar stil as hy nie werk nie.

As julle en sy vrou in julle gebede lys kan bysit.
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Gebede versoek

Post by Francoisv »

Frederik wrote:More almal,

Deon (DWB) op die forum en sy vrou is gediagnoseer met Covid Pneumonia hulle is tans by huis maar as kondisie verswak sal hulle moet hospitaal toe gaan. Hy as besigehid eienaar is ook onder groot druk omdat hy nie iets kan doen nie en die besigheid staan maar stil as hy nie werk nie.

As julle en sy vrou in julle gebede lys kan bysit.
Sterkte vir hulle Image

Sent from my ELE-L09 using Tapatalk

Francois Vogel
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2952
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Gebede versoek

Post by Lategan1 »

Dankie vir laat weet F.

Sterkte vir julle Deon.

Hou jou dokter teen jou en praat daagliks met hom. Probeer ook baie rustig wees, moeilik, maar angstigheid moet julle probeer vermy.

My 2c vir iemand wat onlangs hierdeur is met swak longe.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gebede versoek

Post by jdpretorius »

Frederik wrote:More almal,

Deon (DWB) op die forum en sy vrou is gediagnoseer met Covid Pneumonia hulle is tans by huis maar as kondisie verswak sal hulle moet hospitaal toe gaan. Hy as besigehid eienaar is ook onder groot druk omdat hy nie iets kan doen nie en die besigheid staan maar stil as hy nie werk nie.

As julle en sy vrou in julle gebede lys kan bysit.
Jis boeta, dis erg .....stuur asb aan dat hulle in ons gebede is en ek hoop van harte dit gaan gou beter.

Sent from my SM-A515F using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Gebede versoek

Post by DWB »

Baie Dankie julle. Klink darem nie of ons oppad hospitaal toe is nie.

Simpel siekte die!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gebede versoek

Post by jdpretorius »

Sterkte Deon !....vat dit maar baie rustig en spandeer so bietjie tyd elke dag in die vars lug en son .....en moet nie dat die ding jou bluf as jy dalk op n kol so klein bietjie beter voel nie, dat jy dink dis verby nie. Dit is maar net jou sisteem wat begin terug baklei. So dag 7 tot 10 is nogal n belangrike tyd.

Sent from my SM-A515F using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Gebede versoek

Post by Kaalvoetthysie »

Sterkte Deon


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Gebede versoek

Post by ruaanb »

Sterkte!
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Gebede versoek

Post by BenJacobs »

Sterkte oom! Die siekte is nogal erg!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Gebede versoek

Post by Wouter Roets »

Deon

Baie sterkte aan jou en jou vrou. Ons glo en vertrou dat julle sommer weer gou op die been gaan wees.

Mooiloop
Wout
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Gebede versoek

Post by BenJacobs »

Goeie dag almal.
'n Bietjie buite gewone versoek vandag. Ek vra dat julle asb saam my kan bid. Ek het 'n baie goeie werks geleentheid gekry wat Sondag bespreek word. Dit is 'n geleentheid wat ek al baie lank voor wag en dit is presies wat ek wil doen!

As julle dalk so skiet gebed kan opstuur vir my, sal ek dit baie waardeer.
Groete Ben
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Gebede versoek

Post by Fanta300 »

Maak so! Glo alles sal uitwerk soos dit moet ;D
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Gebede versoek

Post by Francoisv »

Die palmboom is wat ek vir 24 dae lank by die venster uit kon sien. Partykeer was hy my beskerm Engel, partykeer het ek gedink dit is die Engel van die dood.
Vandag 'n jaar gelede het ek by die Bone Marrow Transplant (BMT unit) ingeboek en na 24 dae net met genade van Bo weer daar uit gestap. Die oorplanting het gewerk, my beenmurg is eers totaal vernietig met enorme dosisse chemoterapie. Die stamselle het in die beenmurg gaan sit en dit geregenereer. Die kanker is weg. God's wonder.
Na 'n jaar kyk ek terug en dit voel soos gister. My persepsie oor baie dinge het verander. 30kg ligter. Vol lewe. En ongelooflik dankbaar dat ek saam my vrou en 2 dogters léwe. Image
Francois Vogel
Post Reply