Die .308 is wakker
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Die .308 is wakker
Ek plaas hier, interessant waarmee Jacques.308, Tripod en ander besig is. Dit gaan wegraak onder die huidige opskrif, dalk beteken dit iets vir iemand.
Beste.
——————————————————————————
“Jacques.308:
Full Member
Re: Kan iemand asb help deur om lading op QL te kyk?
Report Quote
Post Sun Mar 14, 2021 1:55 pm
Kan iemand moontlik vir my kyk wat is die lading se druk? Hy skiet bitter mooi
Sako .308
Loop 26"
Twsit 1:11
Doppe
Lapua
H20 volume = 55,67
lengte 51 mm
Punte 155 gr ELD-M hornady
TPL 72,24
Maks kamer lengte 73
Norma 202
43,8 gr
5 skote ProChrony 5 meter weg
Skoot 1 2783
Skoot 2 2772
Skoot 3 2783
Skoot 4 2777
Skoot 5 2788”

Last edited by Lategan1 on Sun May 29, 2022 7:22 am, edited 3 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Die .308 is wakker
“Jacques.308
Full Member
Re: Kan iemand asb help deur om lading op QL te kyk?
Report Quote
Post Fri Apr 02, 2021 9:44 am”
Lategan1 wrote:
As stoere .308’er volg ek hier, veral omrede myne stilstaan in die kluis en dinge begin krap.
Die 1:11 en 26” loop met moderne koeëls met hoë BC en die data wat julle hier toon, laat my weer bietjie dink. Ek meen, 155gr @ 2860 uit die 26”, sjoe.
Met ons pryse wat so drasties styg, (30-65% laaste jaar op meeste ingevoerdes) duurste van die duurste kruit, die onpraktiese aspek om heeltyd agter die beskikbare kruit aan ladings te moet ontwikkel ens. Die koste van jag en ammunisie wat al hoe verder wegbeweeg van die gewone mens, tot nadeel van ons plaaseienaars en betrokkenes.
Laat my net wonder, dalk is Jacques besig met een van die antwoorde. (andere weet dit reeds, maar lag in hulle mou)
Die klein dop met min kruit - lekker goedkoop - tesame met die
moderne onderdele soos genoem, mag dalk net weer ‘n sterk terugkeer vir die .308 inhou. Tyd sal leer, maar beslis iets om van kennis te neem. Die .308 dalk nie die enigste nie.
Geniet hom Jacques en hou ons op hoogte.
Beste.
Jacques:
Slaan jy die spyker op die kop, daar is n rede hoekom ek ander kalibers verkoop het en weer n .308 gekoop het

Last edited by Lategan1 on Sun May 29, 2022 7:21 am, edited 4 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1614
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: Die .308 is wakker
'n Welbekende skut se antwoord op 'n opmerking dat die 308 se tyd verby is was dat die 308 se tyd nog kom. Kyk maar na die oplewing in die beskeie 22lr.
2 daughters. Plenty guns.
2 daughters. Plenty guns.
Francois Vogel
-
Jacques.308
- Sr. Member

- Posts: 499
- Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am
Re: Die .308 is wakker
Lategan ja ek begin op n lekker plek uitkom. Jy gaan lag maar ek gaan van punte verander al is hy nou waar hy is. Die 155 ELD-M is baie sensetief vir sy Jump het dit nou verskeie kere getoets so ek skuif na 155 Custom Competitions. Maar ja die is tot waar ek gekom het met die ELD-M. Teiken is op 300 meter geskiet gemiddelde spoed van 2820 met n ES van 12 en 'n SD van 6
Moenie vir my teiken lag nie. Het op die plaas aangekom en besef ekt my teikens vergeet en met die son wat begin ondergaan het moes ek vinnig n plan sien. Darem is daar altyd van my Oupa se ou skyfskiet skywe in my skiet trommel en wie gaan nou erens heen sonder insulation tape.
Sent from my SM-N770F using Tapatalk

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Die .308 is wakker
308's is mos nie so "cool soos van die ander "nuwe", ballisties perfekte oplossings vir alle skietprobleme nie. Soos 'n goeie vriend is hy betroubaar en doen alle take sommer so stilstil sonder om jou moeite te gee.
Miskien is dit die rede hoekom die 308 kaliber deesdae nie so gewild is nie. Dit is nie 'n uitdaging om hom te maak werk nie!
Miskien is dit die rede hoekom die 308 kaliber deesdae nie so gewild is nie. Dit is nie 'n uitdaging om hom te maak werk nie!
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Die .308 is wakker
Stil stil doen hy dit ....
Ek blaai deur my versameling van uitknipsels, aantekeninge en tydskrifte, Magnum tydskrif Junie 2001 se een opskrif lees:
“.308W-Steeds pure parmant”.
Artikel geskryf deur onse vriend Koos Barnard, 20 jaar gelede. Trek nou ‘n parallel met al die “beter” kalibers wat die laaste 20 jaar gekom en party weer gegaan het... of oppad is, hoe meer ‘waar’ is die kaliber se parmantigheid nie nou nie!
Gegewe die nou bekende skaarsheid aan, die kostes van alles en spesifiek kruit, is dinge duur!! Met die wye keuse van premium koeëls deesdae beskikbaar(wat nie 20 jaar gelede so was nie) gaan hierdie kleindoppie oondjies verseker nog lank hulle ding stil stil doen!! Veral as die vroue die beursie in die huis dra
Die gesprekke oor die 7mm-08 en die foto’s van Mellies se mooie 7mm-08, het hierdie kleindoppie menere net weer op die voorgrond help plaas.
Met baie van ons wat deesdae ekstra kort roere aanskaf, klop min die .308 op die gebied, veral met goeie verbranding van sy kruit.
Kordaat of parmantig?
(vertel nou vir jou vrou jy hoor van die geweer wat so goedkoop skiet...)

Last edited by Lategan1 on Sun Aug 08, 2021 9:57 pm, edited 2 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Jacques.308
- Sr. Member

- Posts: 499
- Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am
Re: Die .308 is wakker
Die .308 se skade die afgelope 2 dae. 150 gr Ballistic tip teen 2900 fps. Skote soos volg.Lategan1 wrote:Stil stil doen hy dit ....
Ek blaai deur my versameling van uitknipsels, aantekeninge en tydskrifte, Magnum tydskrif Junie 2001 se een opskrif lees:
“.308-Steeds pure parmant”.
Artikel geskryf deur onse vriend Koos Barnard, 20 jaar gelede. Trek nou ‘n parallel met al die “beter” kalibers wat die laaste 20 jaar gekom en party weer gegaan het... of oppad is, hoe meer waar is die kaliber se parmantigheid nie nou nie!
Gegewe die nou bekende skaarsheid aan, die kostes van alles en spesifiek kruit, is dinge duur!! Met die wye keuse van premium koeëls deesdae beskikbaar(wat nie 20 jaar gelede so was nie) gaan hierdie kleindoppie oondjies verseker nog lank hulle ding stil stil doen!! Veral as die vroue die beursie in die huis dra![]()
Die gesprekke oor die 7mm-08 en die foto’s van Mellies se mooie 7mm-08, het hierdie kleindoppie menere net weer op die voorgrond help plaas.
Met baie van ons wat deesdae ekstra kort roere aanskaf, klop min die .308 op die gebied, veral met goeie verbranding van sy kruit.
Kordaat of parmantig?(vertel nou vir jou vrou jy hoor van die geweer wat so goedkoop skiet...)
Beste.
Gemsbok - Hy was 'n "cull" jag, sy been het ongelukkig gebreek maar dit het hom nie veel gebriek nie. 70 meter
Vark geskiet in kop - 280 meter
Vark - 240 meter hardloop skoot
Springbok - trek bokke wat tussen die mielie reste vreet, 330 meter skoot
Die .308 is nou perfek reg en ek geniet hom vreeslik baie

Sent from my SM-G960F using Tapatalk
-
danie1966
- Newbie

- Posts: 17
- Joined: Sun Sep 06, 2020 2:41 pm
Re: Die .308 is wakker
Baie netjies Jacques,308 bly koning

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Die .308 is wakker
Pragtig Jacques.
Hierdie is mos eintlik jou draad. Jy die inspirasie gewees.
Ek ht week terug met my skoonseun se nuwe Sako .308 geskiet. Het ook ‘n knaldemper opgesit, absolute sagte plesier.
Beste.
Hierdie is mos eintlik jou draad. Jy die inspirasie gewees.
Ek ht week terug met my skoonseun se nuwe Sako .308 geskiet. Het ook ‘n knaldemper opgesit, absolute sagte plesier.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: Die .308 is wakker
Soos dit nou maar is word soms gekrap waar nie gejeuk is nie. My seun se Musgrave 308 ( 1972 gekoop ) met ten minste 6000 skote deur die loop en twee van die landings al effens weggebrand is die afgelope tyd onder ernstige bepreking vir 'n loopvervanging ( of so iets ). Ingeval van 'n werkery of ombouery aan hom word ernstig gekyk na die 7-08 kaliber en vergelykkings gemaak, want ek hou van die 7mm koeël.
Nouja, voordat hy dan nou sal aftree of oorplanting ondergaan word die 308 toe vir laas op 'n jagtog geneem.
Jagpatroon: Winchester dop, Hornady interbond 165 gr punt, CCR BR slagdop, kruit S335 lading 42.1, jump 1mm, spoed gem.2730 vps( drie skote laag tot hoog spoedverskil 15vps) gemaklik onder 1moa groep.
Arriveer op jagplaas en seun deel die PH mee dat hy verkies nie verder skote as 180meter op grootwild. Vraag was onmiddelik van PH: hoekom?. Antwoord : dink nie die 308 kan met sekerheid grootwild effektief verder skiet nie. PH se reaksie: wie sê so? skiet hom op die regte plek met regte punt en hy is dood.
Dit is walkenstalk, einde van jagseisoen en die bokke gejag is al skrikkerig vir voetgangers: Resultaat: Trofee Swartwildebees 220 meter plankdwars, hartskoot - koeël deur bees anderkant uit - loop so 15 meter voor val.
Waterbokbul 260 meter skuins 45 grade, van voor tussen blad en nek en val op die plek, patroon nie uit. Groot Elandbul 370 meter 45 grade, skuins van voor net voor die linkerblad in en koeël sit aan regterkant onder die vel tussen die blad en boud -- gee so 4 tree en val.
Gevolg: dit is nou nie meer 308 se aftreejag nie en oorweging word daaraan gegee om die patroon kamer so 10 mm dieper te sny in die lig van die landings wat al weg is. maar is dit werklik nodig met groepering steeds konstant onder 1 moa en 'n geweer waarmee sy kinders ( 9 en 12 ) gemaklik 18 duim ghong skiet op 400 meter.
My ondervinding van die 308 is dat dit die mees vergewensgesinde groter kaliber is wat bestaan.

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Die .308 is wakker
Projagter
Dis glad nie nodig om aan die .308 se loop te vervang nie. Skiet hom net soos hy is, of laat sny dan maar die kamer oor. Ek het vir 'n hele paar jaar net met 'n .308 gejag en die kaliber het my nooit gefaal nie. Geluk met die bokke en die afstande waarop jy hulle geskiet het.
Mooi loop
Dis glad nie nodig om aan die .308 se loop te vervang nie. Skiet hom net soos hy is, of laat sny dan maar die kamer oor. Ek het vir 'n hele paar jaar net met 'n .308 gejag en die kaliber het my nooit gefaal nie. Geluk met die bokke en die afstande waarop jy hulle geskiet het.
Mooi loop
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: Die .308 is wakker
Dagsê Koos
My seun het hierdie bokke geskiet/gejag.
Ek saam geloop met my 7x57 A Imp -- darem ook gelukkie gehad.
Hierdie nuwe dubbelrus skietstokke vir die eerste keer beproef -- wat 'n plesier vir akkurate skote.
Wil darem sê dat jou storie oor jou 2 elande se jag gehelp het om die 308 en 7x57 te vertrou. Ook op 400 meter op staal ploegskaar ghong getoets -- dwarsdeur naby die middel waar die staal nogal dik is Die penetrasie op die eland was werklik ongelooflik -- wys net die regte spoed vir die afstand en regte punt. Spoed?? met die verkeerde punt gee nie penetrasie.
My seun het hierdie bokke geskiet/gejag.
Ek saam geloop met my 7x57 A Imp -- darem ook gelukkie gehad.
Hierdie nuwe dubbelrus skietstokke vir die eerste keer beproef -- wat 'n plesier vir akkurate skote.
Wil darem sê dat jou storie oor jou 2 elande se jag gehelp het om die 308 en 7x57 te vertrou. Ook op 400 meter op staal ploegskaar ghong getoets -- dwarsdeur naby die middel waar die staal nogal dik is Die penetrasie op die eland was werklik ongelooflik -- wys net die regte spoed vir die afstand en regte punt. Spoed?? met die verkeerde punt gee nie penetrasie.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Die .308 is wakker
Projagter-span, Uitstekend gedoen!
Ek sou baie lank tweekeer gedink het @ 370m op die Eland met myne, gehoop die bok verdwyn
Lyk my die skut is parmantig.
In my 24”(?) Musgrave loop 170gr RWS @ 2650 fps en is super akuraat.
Daai effe kort lande gaan nog baie skote skiet. Dankie vir deel.
Beste.
Ek sou baie lank tweekeer gedink het @ 370m op die Eland met myne, gehoop die bok verdwyn
In my 24”(?) Musgrave loop 170gr RWS @ 2650 fps en is super akuraat.
Daai effe kort lande gaan nog baie skote skiet. Dankie vir deel.
Beste.
Last edited by Lategan1 on Tue Dec 07, 2021 7:28 am, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Die .308 is wakker
Ek het basies grootgeword met 'n 308. Ek het meer varke met ou weermag volmantel koeëls geskiet as met enige iets anders. Vir bosveld jag was resultate uitstekend en daar is nie 'n eland op die aardbol wat daai kombinasie sal oorleef nie.
Dis dan ook die eerste kaliber waarvoor ek begin herlaai het en het 180gr proamm punte laat loop. Net jammer dis deesdae hoendertande. Ek sal dalk oorgaan na rhino of claw in die toekoms.
Omrede die laer spoed met 180gr pitte werk selfs bruin boks PMP baie goed vir bosveld jag en is dit nie nodig om die uitermatige duur punte te koop nie. Verlang ek nou na die geweer, sal hom eendag op my naam sit. Die geweer is so lig soos n veer met 'n dun loop en n kiaat hout kolf (wat gebreek het en weer geplak is na n insident met n skaapram). Ideale bosveld bakkie geweer.
Ek het nou nie n foto van die geweer byderhand nie maar wel sy laaste slagoffer.
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Die .308 is wakker
Baie geluk ! n Paar elande het al geval voor my pa se 308 ook.
-
Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Die .308 is wakker
Ek het vir omtrent 25 jaar meeste van my jagte met n 308 gedoen, tot my dogter hom van my onteien het. Ek het self van duiker tot eland geskiet en daar het ook een kameelperd voor hom geval. Ek het wel n persoonlike maksimum afstant van 150m op grootwild gestel en het nooit probleme ondervind nie. Gelaai met 165gr en later met 150gr nosler partitions was hy dodelik. My dogter geniet hom nog steeds baie en daar val nog steeds jaarliks n klompie bokke voor hom.
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: Die .308 is wakker
Lategan, Ekself het beslis baie enstige bedenkinge gehad met die eland toe die PH gids se leica 370 wys. Die gids se woorde aan my seun was egter : jou laaste kans vir die elandbul - skiiiet -- en toe klap die skoot. Moet sê dat hy met redelike sekerheid sy Zeiss se afstand stelling tot op 400 verstaan en vertrou. Hy mik dus waar hy wil skiet en nie soos ek wat met 200 zero op en af mik nie -- hierdie geknoppies draaiery werk net op my senuwees.Lategan1 wrote: Mon Dec 06, 2021 5:52 pm Projagter-span, Uitstekend gedoen!
Ek sou baie lank tweekeer gedink het @ 370m op die Eland met myne, gehoop die bok verdwynLyk my die skut is parmantig.
Beste.
Die rede vir die bydrae was nie om te vertel wat ons gedoen het nie maar net dat die 308 , as alles reg loop, nie onderskat moet word nie.
Last edited by projagter on Sat Dec 11, 2021 5:09 pm, edited 3 times in total.
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: Die .308 is wakker
Carl, ons het 180 m al die jare as maks. vir grootwild gestel met lyfskote en daarby gehou -- moet sê 200 bly vir my maar die geruste afstand vir lyfskote op die groot goed. Hierdie Ph het egter 'n geweldige vertroue in die 308 en al die wild gejag was verder as 200 -- of hy was lui vir bekruip/loop --- of het die ouman jammer gekry met die gevoetslaan.Carlc wrote: Tue Dec 07, 2021 9:13 am Ek het wel n persoonlike maksimum afstant van 150m op grootwild gestel
Maar nouja -- dit het gewerk. So alls well that ends well.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Die .308 is wakker
Lekker om die onlangse .308 QL ladings navrae te sien.
My nefie en sy studentevriend, plaasseun van Britstown distrik, het hierdie bulle verlede week gejag. Beide is geskiet met .308 + 150gr Gameking en enkel skote.
Kudu meet 45”. Hy vertel my die Elandbul het net 5 treë ver gestap, perfekte skoot in die enjinkamer.
Die Kudu bladbeen af en het nie veel treë meer gestap nie. Sy pens was reeds getrek met die neem van foto.
Beste.
My nefie en sy studentevriend, plaasseun van Britstown distrik, het hierdie bulle verlede week gejag. Beide is geskiet met .308 + 150gr Gameking en enkel skote.
Kudu meet 45”. Hy vertel my die Elandbul het net 5 treë ver gestap, perfekte skoot in die enjinkamer.
Die Kudu bladbeen af en het nie veel treë meer gestap nie. Sy pens was reeds getrek met die neem van foto.
Beste.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Jacques.308
- Sr. Member

- Posts: 499
- Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am
Re: Die .308 is wakker
Ek het my broer hulle so 2 weke terug paar goed hier by my laat skiet. Skote tussen 200 en 450 meter.
150 gr SST teen 2940 fps. Ek het intussen die lading net afgebring na 2890 fps toe. Die groepering is van die nuwe lading.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk
150 gr SST teen 2940 fps. Ek het intussen die lading net afgebring na 2890 fps toe. Die groepering is van die nuwe lading.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Die .308 is wakker
Die .308 lyk my het mense se nommer, hoe meer ander hom afskryf, hoe meer is daar diegene wat die teendeel geniet.
Komplimente van.
https://youtu.be/dNQdZ6JX5U4
Beste.
Komplimente van.
https://youtu.be/dNQdZ6JX5U4
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Die .308 is wakker
Ek lees n comment op die video sê iemand die barness vortex 130gr ammo is net die ding vir die 308. Hulle praat van 3000fps uit n 20" en self korter loop. En dis al wat jy rerig nodig het vir meeste bokke. Ek het nou al n ruk die jeuk om my 308 se loop korter en dunner te sny vir n ligte stap jag geweer. Ek weet net nie of ek op 20 of 18" die loop moet afsny. Wil dan met N135 of N140 of varget agter n 130gr impala of 135gr kriek laai en kyk wat maak hulle.Lategan1 wrote:Die .308 lyk my het mense se nommer, hoe meer ander hom afskryf, hoe meer is daar diegene wat die teendeel geniet.
Komplimente van.
https://youtu.be/dNQdZ6JX5U4
Beste.
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: Die .308 is wakker
Luan
Op kort afstande - net tot maksimum 250-300 het kort loop (20duim) beslis sy voordele.
As meerdoelige skietding het 308 wel sy langer loop nodig -- vir jag sal ek sê 24 duim is optimum.
Ek jag nie met knaldemper op my 308 nie en is my geweer dus in elk geval korter as die kortloop 308 met 10 duim knaldemper
Hierdie storie dat geweer sonder knaldemper bokke wild maak geld net vir die ouens wat oorlog maak as jag. 1 goeie skoot kan nie bok wild maak nie veral nie as hy dood is nie.
mooiloop