Uiteindelik laasweek my kaartjie vir hom gaan haal en toe Saterdag gaan speel by die baan.
Gelukkig ek het net so 150 rondtes 9mm saamgevat was vet pret, my vrou en seun het ook lekker geskiet.
So na die sessie weet ek die pistool werk soos stroop en volgende stap is cerakote en dan ook nuwe visiere wat makliker in die donker sal wys.
Eerste keer dat ek soort van groepering skiet met 'n 9mm my CP1 skiet raak maar bont met die lang trigger pull.
Sal so bietjie before fotos neem voor hy ingaan vir sy facelift.
Browning High Power 9mm Projek
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Browning High Power 9mm Projek
Goeie pistole. Gaan dit jou EDC word?Frederik wrote: Mon Aug 30, 2021 5:51 pm Uiteindelik laasweek my kaartjie vir hom gaan haal en toe Saterdag gaan speel by die baan.
Gelukkig ek het net so 150 rondtes 9mm saamgevat was vet pret, my vrou en seun het ook lekker geskiet.
So na die sessie weet ek die pistool werk soos stroop en volgende stap is cerakote en dan ook nuwe visiere wat makliker in die donker sal wys.
Eerste keer dat ek soort van groepering skiet met 'n 9mm my CP1 skiet raak maar bont met die lang trigger pull.
Sal so bietjie before fotos neem voor hy ingaan vir sy facelift.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Browning High Power 9mm Projek
My 2c se opinie. Voor jy iets laat doen aan die afwerking, kyk eers an die volgende:
1. Vervang of vergroot die veiligheidsknip. Die standaard ene is onbruikbaar klein.
2. Maak seker die pistool het 'n paar duisend skote deur en alles werk seepglad. Die Cerakote is hard en as daar nog hoë punte iewers is, sit die harde materiaal bo-op die hoë punte en is moeilik om weer daar af te kry.
3. Vervang eers die visiere. Dis moeilik om aan 'n item wat ge-Cerakote is te werk as daar masjinering mag nodig wees.
4. Maak doodseker die persoon wat die Cerakote doen weet wat hy doen. Glipsies is moeilik om reg te stel en duur ook.
5. Eers as alles uitgesorteer en getoets is, dan laat doen jy die Cerakote.
1. Vervang of vergroot die veiligheidsknip. Die standaard ene is onbruikbaar klein.
2. Maak seker die pistool het 'n paar duisend skote deur en alles werk seepglad. Die Cerakote is hard en as daar nog hoë punte iewers is, sit die harde materiaal bo-op die hoë punte en is moeilik om weer daar af te kry.
3. Vervang eers die visiere. Dis moeilik om aan 'n item wat ge-Cerakote is te werk as daar masjinering mag nodig wees.
4. Maak doodseker die persoon wat die Cerakote doen weet wat hy doen. Glipsies is moeilik om reg te stel en duur ook.
5. Eers as alles uitgesorteer en getoets is, dan laat doen jy die Cerakote.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Browning High Power 9mm Projek
Hein, nee dit gaan nie my EDC wees nie.
Alwin, dankie vir die info ek waardeer.
1. Op fotos as ek later opsit sal jy sien veiligheids knip is groter, die magasyn safety dat jy nie die sneller kan trek as magasyn uit is is ook uitgehaal.
Die sneller is noigal glad en loop mooi.
2. Die manne wat met die psitool gaan werk is baie goed in wat hulle doen die twee broers kompeteer hard en die een broper was al wereld kampioen so ek dink ek het die regte mense om aan die pistool te werk.
3. Afhangende van begroting sal ek dalk nog reflex sight opsit en nie nuwe visiere nie sal sien wat gaan werk maar dit sal alles gebeur voor die cerakote soos jy noem dankie.

Soos belowe fotos van my FN.
Ek is eintlik baie gelukkig met die pistool veral omdat hy soos ek gefabrikeer is in Belgie.

Dink die pistool was maar net 'n safe queen daar was bietjie aan hom gewerk met die Magasyn Safety wat weg is asook die sneller wat baie mooi loop en die grips. Daar was seker planne om meer te skiet maar toe laat vaar en verder in die kluis gesit.
Ek is eintlik baie gelukkig met die pistool veral omdat hy soos ek gefabrikeer is in Belgie.

Dink die pistool was maar net 'n safe queen daar was bietjie aan hom gewerk met die Magasyn Safety wat weg is asook die sneller wat baie mooi loop en die grips. Daar was seker planne om meer te skiet maar toe laat vaar en verder in die kluis gesit.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Browning High Power 9mm Projek
Ek kan nie jou reeksnommer mooi uitmaak nie (dalk beter so), maar as hy begin met bv. 75C123.... beteken dit dis 'n egte Belgiese FN, gemaak in 1975 en in kommersiële ("C") afwerking. Die militêre modelle was heelwat rowwer afgewerk.
Lyk heel bruikbaar net soos hy is.
Geniet!
Lyk heel bruikbaar net soos hy is.
Geniet!
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Browning High Power 9mm Projek
Dankie Alwin so wat jy nou vir my wil sé is dat hy so standaard uitgekom het?
En ja reeks nommer begin met 75C.
Dan is ek baie bly ek nie te veel gehuiwer om hom te koop nie.