Hulp met FL resizing

Post Reply
HJA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 329
Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am

Hulp met FL resizing

Post by HJA »

Goeie more,

Ek doen die full length resizing op my 243Win.(Musgrave)
As ek die dop deur gedruk het en trek dan die stang terug hak die dies iewers binne met die terug trek slag.
Kan dit die doppe skuif trek en hoe maak ek dit reg....?
As ek die die uit mekaar haal is daar koper shavings binne in die die.
As ek klaar is gaan ek al die doppe deur my geweer se kamer.
Party doppe maak die slot maklik toe en anders weer swaar.
Moet die doppe nie een vormig wees nie.

dankie
Henk
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Hulp met FL resizing

Post by Malan123 »

Henk, wanneer laas is daai doppe anneal en watse dies is dit? Is die doppe almal getrim na regte lengtes?
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Hulp met FL resizing

Post by Lategan1 »

Stem oor anneal as moontlikheid.

Sal ook gaan google en oplees en raad vra oor hoe die manne hulle nuwe matryse en ‘exp ball’/stang voorberei om growwigheid te verwyder en poleer. Goed soos 2000grein skuurpapier, polishing cream en of fyn fyn staalwol.

‘n 3M fyn ‘scrubbing pad’ en ‘polishing cream’ doen ook wondere, ek sou hiermee begin.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hulp met FL resizing

Post by Capt. Yoda »

Stap 1, haal die expander uit en moer hom weg.

Meet n dop wat jy geskiet het se nek so OD voor jy hom size en meet dan die nek se OD van n patroon wat jy klaar gelaai het met die koel klaar in dan kom sit jy die nommers hier

Jy kan ook kyk of jy nie dalk n donut of verdukking binne in die dop het nie, net so op die nek/shoulder junction van die dop.
As jy regtig n expander wil gebruik kan jy hom glad polish en jy kan self jou neck tension so beheer maar ek kan eerlik nie aan een positiewe ding dink waar jy n bal terug deur jou dop se nek moet trek nie. Daar is so baie faktore wat kan veroorsaak dat hy jou nek skeef gaan trek
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Hulp met FL resizing

Post by PWV »

Kyk, ek wil saamstem met die kaptein. My pelle beweer 'n 243 is 'n doughnut-spesialis!!
HJA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 329
Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am

Re: Hulp met FL resizing

Post by HJA »

Hallo julle,

Dit is nuwe Federal doppe, maak so met al die doppe. Oud en nuut.
Lyman dies.
Capt ek sal doppe gaan meet as ek klaar gelaai is.
Die poleer van expander die maak sin vir my.

Dankie ek kom terug na julle toe
Lekker dag
Henk
HJA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 329
Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am

Re: Hulp met FL resizing

Post by HJA »

Hallo Capt,

Help asb wat moet ek gebruik as ek die FL dies uit gooi.
Hoe gaan ek dan te werk moet net die nek dan gesize word.

Dankie
Henk
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Hulp met FL resizing

Post by HeinM »

Ek gebruik 'n Lee Collet om die nekke te size - en na drie laaie 'n Redding Body Die om die doppe se lyfgedeeltes te size. Het lankal die Fullsizer weggepak. Daar is heel moontlik beter opsies, maar hierdie 2 matryse werk - vir my - bitter mooi saam. Hulle moet net reg opgestel word.

Groetnis!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Hulp met FL resizing

Post by joe rocket »

HJA wrote: Thu Sep 02, 2021 3:32 pm Hallo Capt,

Help asb wat moet ek gebruik as ek die FL dies uit gooi.
Hoe gaan ek dan te werk moet net die nek dan gesize word.

Dankie
Henk

Lees mooi wat Cappie se. Vat n koeel en druk dit in die dop. As dit nie vassteek nie het jy nie doughnuts nie. Meet jou gevuurde doppe se buite maat. Haal die expander ball uit en moer hom weg. Size nou n dop. Druk nou n koeel binne in die dop en meet weer die buite maat. Gee mates hier
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hulp met FL resizing

Post by Capt. Yoda »

HJA wrote: Thu Sep 02, 2021 3:32 pm Hallo Capt,

Help asb wat moet ek gebruik as ek die FL dies uit gooi.
Hoe gaan ek dan te werk moet net die nek dan gesize word.

Dankie
Henk
Jy haal net die expander bal uit en gaan dan aan soos normaal. Kry daai mates dan kan ons sien of jy nodig het om die doppe te expand, ek laai met 5 FL stelle sonder bushings en nie een van hulle het n expander bal in nie. Waar ek bq meer presiesie soek gebruik ek dan n FL DIE met n bushing
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
HJA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 329
Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am

Re: Hulp met FL resizing

Post by HJA »

Goeie more,

Sien afmeting soos bespreek.

Dop klaar geskiet - OD 7,07mm
Patroon klaar gelaai - OD 6,89mm

Dankie
Henk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hulp met FL resizing

Post by Capt. Yoda »

Laai n paar sonder jou exander bal en kyk hoe hulle loop, ek dink jy sal reg kom sonder hom.
Jy kan altyd een dop met bal size en een sonder bal en kyk wat die verskil in mates van die nek is as jy regtig wou
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
HJA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 329
Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am

Re: Hulp met FL resizing

Post by HJA »

Hi Capt,

Baie dankie vir julle raad.

Lekker dag
Henk
Post Reply