One up dra
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
One up dra
Ek het 'n storie vir die manne wat nie daarin glo om met 'n rondte in die kamer te dra in hulle pistole nie...
Vanmiddag moer 'n parmantige mak wildebees my van agter af onderstebo. Jy sien net stof trek soos ek 'n noodlanding maak in die gras. My glock se magasyn het sommer verdwyn met die geskarrel en die wildebees stoei my steeds met sy horings. Gelukkig kry ek toe 'n skoot af langs hom in die grond in en die simpel ding vat die pad.
Ek moes hom waarskynlik tussen die oë skiet, maar aangesien ek nog skaars begin het by die nuwe werk wou ek maar probeer om nie die troeteldier vrek te skiet nie.
Les nommer 2... 'n Mak wilde dier is moeilikheid, maar eintlik weet ons almal dit.
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: One up dra
Bly vir jou klink of ok. Lyfseer wag moontlik môre.
One up het vir jou tyd gekoop om na te dink oor die makdier bly ‘n wildedier.
Wees versigtig.
Beste.
One up het vir jou tyd gekoop om na te dink oor die makdier bly ‘n wildedier.
Wees versigtig.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: One up dra
Waars jou nuwe werk?
Nee wat enige mak wilde dier wat horings, kloue en tande het is moeilikheid en volstruis ook. Mak volstruis ook al bo oor my dit was seer en baie snaaks vir die 2 yank kliente wat saam met my was. Ek het wel my 9mm uitgehaal en gewag dat volstruis weer kom en dan sou ek gegooi het. Ek dra wel altyd one up.
Nee wat enige mak wilde dier wat horings, kloue en tande het is moeilikheid en volstruis ook. Mak volstruis ook al bo oor my dit was seer en baie snaaks vir die 2 yank kliente wat saam met my was. Ek het wel my 9mm uitgehaal en gewag dat volstruis weer kom en dan sou ek gegooi het. Ek dra wel altyd one up.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: One up dra
Net so 30km weg van my af. Maar ja, as mens n troeteldier soek stel ek eerder 'n hond of 'n budgie voor.
Lategan, ja darem nie seergekry nie. Net bietjie nerfaf.
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Lategan, ja darem nie seergekry nie. Net bietjie nerfaf.
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1869
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: One up dra
Daai one up het jou van baie seer gered. Net sowel kon dit n mak krimineel gewees het en dan het die one up dra behoorlik tot reg gekom. Daai is baie meer voordele om one up te dra as nadele.
Maak 'n verskil
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: One up dra
Net so Ratel. 'n Spaar magasyn dra ook waarde. Die een wat in die glock was het uitgekom maar die ekstra een op die belt was nog daar.
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: One up dra
Wil gou hoor. Hoe voel julle oor one up dra in die bal af skiet holster (IWB)?
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1869
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: One up dra
Koop n ordentelike holster wat die sneller behoorlik toemaak en tweedens ken jou wapen. Ek sien op die baan gereeld skuts wat kyk hoe vinnig hulle die wapen weer kan holster. Dis nie nodig nie en dis waar dinge letterlik suid gaan. Ek dra n Cytac iwb appendix met G23 sonder enige problemeGerhardu wrote: Fri Sep 24, 2021 7:01 am Wil gou hoor. Hoe voel julle oor one up dra in die bal af skiet holster (IWB)?
Maak 'n verskil
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: One up dra
'n Goeie skede en behoorlike opleiding, of ten minste basiese "common sense", sal verhoed dat jy kritieke dele van jouself afskiet.
Met dit inaggenome, kon ek myself nog nie sovêr kry om 'n pistool voor in my broek te druk nie. Die blote gedagte dat 'n gelaaide wapen daar mik sit my af.
Dit kan egter letterlik 'n leeftyd neem om 'n rondte vanuit die magasyn in die loop te kry. 'n Vriend van my se eerste bewuswording van 'n roofpoging was toe 'n skoot van agter sy sleutelbeen vergruis het. Probeer maar 'n pistool met een hand oorhaal. Dit is ook waarom dit belangrik is om selfs met jou "dom" hand te leer skiet.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: One up dra
Gerhardu wrote: Fri Sep 24, 2021 7:01 am Wil gou hoor. Hoe voel julle oor one up dra in die bal af skiet holster (IWB)?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1869
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: One up dra
Capt. Oblivious wrote: Fri Sep 24, 2021 9:27 amGerhardu wrote: Fri Sep 24, 2021 7:01 am Wil gou hoor. Hoe voel julle oor one up dra in die bal af skiet holster (IWB)?Ekt jou gese dra die ding soos n normale mens en nie by jou goons nie
Maak 'n verskil
-
Herries23
- Newbie

- Posts: 10
- Joined: Fri May 13, 2016 8:43 am
Re: One up dra
Tracer ammo of nie, as die skoot klap gaan daar net traces oor wees van wat was.Ratel wrote:Capt. Oblivious wrote: Fri Sep 24, 2021 9:27 amGerhardu wrote: Fri Sep 24, 2021 7:01 am Wil gou hoor. Hoe voel julle oor one up dra in die bal af skiet holster (IWB)?Ekt jou gese dra die ding soos n normale mens en nie by jou goons nie
ja veral nie met tracer ammo nie
Op 'n ernstige nood - soos bo genoem, bly gefokus terwyl jy die pistool holster. 'n Skoot in die bobeen tref maklik 'n slagaar en dan het mens baie groter probleme as eersgenoemde opmerking.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Re: One up dra
Goeie dag almal.
jammer vir die hijack.
Ek wag nog vir my czpo7 se kaart.
Gaan elke dag aan my wees.
Ek kan mos die ronte in die kamer sit maar die haan laat sak? is dit beter so of loop julle met die haan oor gelaai?
Groete KH
jammer vir die hijack.
Ek wag nog vir my czpo7 se kaart.
Gaan elke dag aan my wees.
Ek kan mos die ronte in die kamer sit maar die haan laat sak? is dit beter so of loop julle met die haan oor gelaai?
Groete KH
-
Herries23
- Newbie

- Posts: 10
- Joined: Fri May 13, 2016 8:43 am
Re: One up dra
Kolhaas - haan laat sak is beslis die manier om te gaan. Die P07 is perfek hiervoor. Jou eerste skoot sal dubbel-aksie wees (die sneller moet verder getrek word voor die rondte afgaan) so dit sal die moeite werd wees om te oefen met dubbel aksie as eerste skoot.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: One up dra
Herries23 wrote: Sat Sep 25, 2021 2:47 amTracer ammo of nie, as die skoot klap gaan daar net traces oor wees van wat was.Ratel wrote:Capt. Oblivious wrote: Fri Sep 24, 2021 9:27 am
Ekt jou gese dra die ding soos n normale mens en nie by jou goons nie
ja veral nie met tracer ammo nie
Op 'n ernstige nood - soos bo genoem, bly gefokus terwyl jy die pistool holster. 'n Skoot in die bobeen tref maklik 'n slagaar en dan het mens baie groter probleme as eersgenoemde opmerking.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Dink as ek my zaber af skiet sal ek maar wil he daai ranger moet n hoof aar ook tref
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Re: One up dra
Herries baie dankieHerries23 wrote: Sat Sep 25, 2021 8:57 am Kolhaas - haan laat sak is beslis die manier om te gaan. Die P07 is perfek hiervoor. Jou eerste skoot sal dubbel-aksie wees (die sneller moet verder getrek word voor die rondte afgaan) so dit sal die moeite werd wees om te oefen met dubbel aksie as eerste skoot.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: One up dra
Daar is enkele redes om dit nie te doen nie, bv:Gerhardu wrote: Fri Sep 24, 2021 7:01 am Wil gou hoor. Hoe voel julle oor one up dra in die bal af skiet holster (IWB)?
- onervare persoon
- swak ontwerpte wapen
- swak toerusting
Daar is baie goeie oplossings vir elkeen van hierdie gevalle. Punt van die saak is dat doenbaar is, en oor die algemeen baie netjies werk.
Dit is n verstaanbare bekommernis om n gelaaide vuurwapen so naby aan jou manlike anatomie te dra. Die praktyk bewys egter daagliks dat dit veilig doenbaar is.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1869
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: One up dra
Kom ek se so. As ek op die plaas is dra ek op drie uur in OWB. Dis gemaklik. Maar in ons klimaat is dit moeilik om so te dra en te conceal. Dan maak appendix IWB meer sin. Die laaste ding wat ek wil he is om vir kriminele te adverteer dat ek dra. Vir die ou wie sy wapen een maal n jaar uithaal uit die kluis en dan wil dra sal ek se bly weg met jou wapen van appendix. Vir die wie dit 24/7 so dra maak dit perfek sin.
Maak 'n verskil
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: One up dra
Om nie one-up te dra nie is soos om te sê jy gaan jou seatbelt eers vasmaak net voor jy in ‘n ongeluk maak…..
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Re: One up dra
Baie mooi gestel!Apie wrote: Sun Sep 26, 2021 5:57 am Om nie one-up te dra nie is soos om te sê jy gaan jou seatbelt eers vasmaak net voor jy in ‘n ongeluk maak…..
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1872
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: One up dra
Die ouens wat dink dat die aanvaller, wilde dier of watter bedreiging ookal, 'n rooi hoed gaan opsit, vir jou gaan opdrag gee om te laai en vra of jy gereed is, het beslis die verkeerde flieks gekyk.