Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
My man word einde volgende maand 40 en hy is mal oor alles jag, maar was nog nooit so gelukkig om self the kom gaan jag nie.
Ek vra nou maar net, want Google praat in dollars... Baie baie Baie dollars en dit sonder vleis...
Wat sou my goodkoper opsie wees om vir hom sy eerste jag ervaring the organize?
Ons Bly in Durbanville... Enige local opsies??
Dankie by voorbaat ouens!
Probeer gerus vir vriespoort@gmail.com
Tokkels Lombard [Vriespoort Hunting Safaris ]
Ek is seker hy sal julle kan help.
In daai area daar om julle is Koedoe pryse per kg glad nie sleg nie, die koedoes is nou nie so groot soos die hier in die Transvaal nie maar dit werk goed as mens per kg vir vleis jag. Ongelukkig is dit gewoonlik op "oop" plase waar daar nie hoe heinings is nie so jy is nie altyd 100% verseker van n dier nie maar dit is maar hoe jag loop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
My nederige insette . . . as jou man mal is oor jag, maar nog nooit die geleentheid gehad het om self te jag nie, begin klein en werk op van suksesse wat vooraf behaal is. Dit hang af watter gewere tot sy beskikking is, wat sy begroting toelaat en natuurlik wat sy huidige jagvermoëns is. Pas die planne dus daarby aan. Om in die veld te wees en heeldag of selfs die hele week te soek na wild en op die ou einde geen skoot te skiet nie, kan ook 'n positiewe en aangename ervaring wees as jou ingesteldheid reg is. Laastens, veiligheid altyd EERSTE!