Vlakvarke vreet lammers en skape.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Vlakvarke vreet lammers en skape.
My broers en hulle seuns boer in die Suid-Vrystaat, in die Trompsburg, Springfontein, Philippolis en Fauresmith distrikte. Daar was nooit vlakvarke in die omgewing tot so ongeveer 10 jaar gelede nie. Sederdien het die getalle geweldig toegeneem. So twee of drie jaar gelede het hulle onverklaarbare verliese onder klein lammertjies begin kry, en toe op 'n stadium besef dat dit die vlakvarke moet wees. Meer en meer bewyse is gekry dat die vlakvarke die lammers beseer, vasdruk en vreet. Hulle vreet natuurlik ook die nageboortes. Skape is glad nie bang vir vlakvarke nie, hulle reageer nie op varke wat in 'n trop skape inloop nie, skape is dus maklike prooi.
My broer en sy seun het vroeër die jaar op 'n ooi afgekom wat besig was om te lam met 'n vark wat by haar doenig was. Die vark het hulle nie gesien kom nie en op die laaste oomblik weggehardloop. Soos die lam gebore word het die vark dit gevreet, en in die proses ook die ooi so stukkend gebyt aan die agterkant dat sy keelafgesny moes word. Dit is grusame tonele.
Verlede jaar het hulle oorlog verklaar teen die varke en het tot op datum al oor die 500 doodgeskiet. Na geweldige lamverliese die afgelope maand het hulle 'n doelbewuste poging aangewend om die varke op 'n plaas in die Fauresmith distrik te skiet. In so twee weke se tyd het hulle meer as 50 varke geskiet, maar die plaas het redelik baie rante en dele wat vir 'n bakkie ontoeganklik is, en dit het gelyk of hulle nie veel indruk op die varke se getalle maak nie. Die varke het natuurlik ook wilder as wild geword en my broer het toe verlede week 'n helikopter ingekry. Die het binne een oggend 75 varke en 4 jakkalse geskiet.
Die varke het nou ook begin om groter skape aan te val. Moontlik is dit die winter droogtetoestande en min kos tesame met groot getalle varke wat die aansporing kan wees om skape en lammers aan te val. Natuurlik as 'n vark eers bederf is om 'n skaap of lam te vreet, sal dit weer en weer gedoen word en ander varke word ook in die proses geleer.
Die foto hieronder is van 'n dragtige ooi wat twee dae gelde aangeval is. Verskoon die grusame foto, maar dit is waarmee die boere daagliks te make het. Die ooi is al om die anus en sagte dele uitgevreet. Dit was by die water- en voerkrip gewees, en met nog twee ander ooie wat 'n paar dae gelede gevang is en alreeds dood was ook op die toneel. Die twee dooie ooie het presies dieselfde skade as die een op die foto. Daar was 'n sog met groot kleintjies wat weggehardloop het toe my broer daar aankom. Die skaap op die foto het geen ander merke nie, nie aan die keel of op enige ander plek aan die lyf nie. Die derms het uitgekom toe sy op die bakkie probeer opstaan het. Op die betrokke plaas waar die skape loop is daar geen lammers nie, en daar is heelwat varke.
Ons wil graag by die ander boere en manne wat met ongediertebeheer te make het hoor wat hulle ervaring is.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Hercules Louw on Tue Sep 28, 2021 7:02 pm, edited 3 times in total.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Ek het al geisen hoe n vlarkvark plaas honders vang en vreet so met genoeg gedult sal hulle seker kan leer skaap vang. Hulle is stout oor vleis mens sien hulle altyd op n gut pile, vetste vlakvark wat ek nog gesien het was op n hoender plaas waar hulle smul aan die doeie kuikens
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Sjoe, dit is grusaam.
Groot probleem soos jy noem, nou word die ander ook geleer.
Die dokumentêre TV programme en youtube wys duidelik hoe ons die getalle van varke onderskat. Wild Boar is ‘n pes, vlakvark ook. Baie van ons hier het al gesien hoe ‘mal’ raak die Spanjaarde tydens varkjag, dit is ‘n pes. Ek self al meegedoen en ervaar.
Ons ou familiegronde in die Ooskaap dieselfde storie, getalle styg drasties. Lyk soos asof ‘n masjien heel nag al in die ronde gewerk het.
Hier in die Bolandse berge en hange loop baie ontsnapte en wildgeraakte varke - naam ontgaan nou - manne het al 5kg druiwe in een se maag gekry, een nag se vreet. Ek al gehoor van swaarder. Feit is, hulle rig net skade aan.
Ek ht nie vir jou raad nie, slegs hierdie verwysing na die omvang en dat ons hulle getalle altyd onderskat. Wilde diere verg wilde planne.
Beste.
ns. Ek lees op google\wikipedia\wildevarke. Hulle reukorgaan besonders goed ontwikkel, eet enigiets, larwes, wurms, slakke en verottende materiaal. Daar moet ‘n ooreenkoms tussen die reukorgaan en die reuke of wurms by die agterent van die skaap wees. Jy sê dit is waar hulle begin vreet?
Google vir beter info.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Ek het al gesien die manne in die VSA vang varke in hokke redelik suksesvol, kan dit dalk probeer.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 671
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Bosvarke het hier in die Suidkaap al skape gevang. Groot skape en lammers.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1113
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Jammer dat julle so sukkel, hier in die Bosveld moet ons tot R1500 beraal om een te skiet.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

Blink Stefaans
- Sr. Member

- Posts: 382
- Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
My oom het n mak vlakvark gehad
Hy het met grondbone en manna geboer en het n klomp katte gehad wat in die stoor gebly het om die rotte en muise onder beheer te hou.
Hy kom toe agter die katte raak al hoe minder.
Een dag braai ons by hom en die volgende oomblik kom daar n kat verby teen n moerse spoed gevolg deur daai vark. So paar draaie toe is die vark op die kat. Hy druk hom so vas met sy elmboë trek sy kop skoon van sy lyf af en vreet hom pens en pootjies op

Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Dankie vir die interessante terugvoer. Nie gedink dat 'n vlakvark 'n kat sal kan vang nie, maar die tegniek om die prooi met die elemboë vas te druk is presies wat hulle met die lammers ook doen.
Lategan, ek moet uitwys dat die skape beslis nie maaiers het nie, die varke vreet daar waar dit die sagste is want hulle het nie kake en tande soos 'n hond of jakkals nie. Hulle word eerder aangespoor deur die reuk van bloed en vrugwater. Die ooi op die foto bo was vêr dragtig en as die varke daarin kan slaag om so 'n skaap om te stamp, dan is dit verby.
Is daar geen ander skaapboere op die forum wat soortgelyke ervaring het met varke wat lammers en skape vang nie? Wat van die manne wat ongediertes jag bv. Geno, Heinrich en ander?
Lategan, ek moet uitwys dat die skape beslis nie maaiers het nie, die varke vreet daar waar dit die sagste is want hulle het nie kake en tande soos 'n hond of jakkals nie. Hulle word eerder aangespoor deur die reuk van bloed en vrugwater. Die ooi op die foto bo was vêr dragtig en as die varke daarin kan slaag om so 'n skaap om te stamp, dan is dit verby.
Is daar geen ander skaapboere op die forum wat soortgelyke ervaring het met varke wat lammers en skape vang nie? Wat van die manne wat ongediertes jag bv. Geno, Heinrich en ander?
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Ek vind ook snaaks niemand anders met praktiese ervararing nie, dalk lees die ouens nie meer hier nie.
Juis wat jy hier noem wat my laat dink het en hoekom ek daaroor opgelees het. My afleiding is ook dit kan reuk wees, dit dryf hom vir nog, nou vestig dit nuwe eetgewoonte.
“Hulle word eerder aangespoor deur die reuk van bloed en vrugwater.”
Ek insinueer darem nie hy is ‘n swak boer nie!
Sterkte.
Juis wat jy hier noem wat my laat dink het en hoekom ek daaroor opgelees het. My afleiding is ook dit kan reuk wees, dit dryf hom vir nog, nou vestig dit nuwe eetgewoonte.
“Hulle word eerder aangespoor deur die reuk van bloed en vrugwater.”
Ek insinueer darem nie hy is ‘n swak boer nie!
Sterkte.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Daar was so jaar terug 'n video wat die rondtes gedoen het van lammers wat deur varke gevang word, so dit kom al 'n rukkie.
Ek sien ook al hoe meer vlakvarke in die nag, veral by een van my kliente in Fauresmith waar ek onlangs 7 of 8 in een nag gesien het.

Goed, beter, 6millimeter!
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Probleem is, baie keer wanneer ‘n vark verbykom, skiet mens nie want dit jaag jou bokke of jakkalse weg. Dink as boere ‘n “donasie” vir ‘n geskiete vark gee, mag die prentjie dalk verander.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Ek het kliente wat my dieselfde prys betaal vir 'n vark as vir 'n jakkals, dan skiet ek hulle. Sonie los ek hul.Lategan1 wrote: Fri Oct 01, 2021 10:50 am Probleem is, baie keer wanneer ‘n vark verbykom, skiet mens nie want dit jaag jou bokke of jakkalse weg. Dink as boere ‘n “donasie” vir ‘n geskiete vark gee, mag die prentjie dalk verander.
Beste.
Ek is daar om my werk te doen, ek is nie op 'n jagtrip nie.
Goed, beter, 6millimeter!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Ek het so n paar jaar terug begin om trailkameras op te sit op plase waar ek jakkalse skiet. Dit is so algemeen dat ek varke afneem wat karkasse eet, dat ek opgehou het om van vlakvarke wors te maak.
Hercules, ek dink n mens moet maar n totale benadering hier volg. Hokke,(weetnie of hokke suksesvol is op groot varke nie) helikopter en skiet. Soos Geno noem, as jy n jakkalsjagter inkry, dan moet jy klaar n prys maak met hom vir die varke.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Ek het al sukses gehad met hokke. Eers het 1 die hok so 30m geloop en toe gebreuk, maar na die hok mooi geweld was en versterk is, vang hy die ot. Ek stel voor anker die hok net mooi.James Wilson wrote: Fri Oct 01, 2021 11:15 am Ek het so n paar jaar terug begin om trailkameras op te sit op plase waar ek jakkalse skiet. Dit is so algemeen dat ek varke afneem wat karkasse eet, dat ek opgehou het om van vlakvarke wors te maak.
Hercules, ek dink n mens moet maar n totale benadering hier volg. Hokke,(weetnie of hokke suksesvol is op groot varke nie) helikopter en skiet. Soos Geno noem, as jy n jakkalsjagter inkry, dan moet jy klaar n prys maak met hom vir die varke.
Groete Ben
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
BenJacobs wrote: Fri Oct 01, 2021 11:25 amEk het al sukses gehad met hokke. Eers het 1 die hok so 30m geloop en toe gebreuk, maar na die hok mooi geweld was en versterk is, vang hy die ot. Ek stel voor anker die hok net mooi.James Wilson wrote: Fri Oct 01, 2021 11:15 am Ek het so n paar jaar terug begin om trailkameras op te sit op plase waar ek jakkalse skiet. Dit is so algemeen dat ek varke afneem wat karkasse eet, dat ek opgehou het om van vlakvarke wors te maak.
Hercules, ek dink n mens moet maar n totale benadering hier volg. Hokke,(weetnie of hokke suksesvol is op groot varke nie) helikopter en skiet. Soos Geno noem, as jy n jakkalsjagter inkry, dan moet jy klaar n prys maak met hom vir die varke.
Groete Ben
Ben waar het jy hierdie vlakvarke gevang?
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Ja nee, laat mens wonder. Ons Joodse vriende eet mos hoekal nie iets wat met vark te doen het nieJames Wilson wrote: Fri Oct 01, 2021 11:15 am Ek het so n paar jaar terug begin om trailkameras op te sit op plase waar ek jakkalse skiet. Dit is so algemeen dat ek varke afneem wat karkasse eet, dat ek opgehou het om van vlakvarke wors te maak.
Hercules, ek dink n mens moet maar n totale benadering hier volg. Hokke,(weetnie of hokke suksesvol is op groot varke nie) helikopter en skiet. Soos Geno noem, as jy n jakkalsjagter inkry, dan moet jy klaar n prys maak met hom vir die varke.
Alhoewel ‘n kreef het spierwit vleis.
Ek hijack nou.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
By my oupa op die plaas oom. Hy het geboer net buite Christiana. Ons het eintlik jakals probeer vang met 'n hok wat ek en my broer gebou het. Maar toe ontdek ons dat die varke nie 'n probleem het om in die hok integaan nie. Ons het gestel met 'n dooie lam.joe rocket wrote: Fri Oct 01, 2021 12:07 pmBenJacobs wrote: Fri Oct 01, 2021 11:25 amEk het al sukses gehad met hokke. Eers het 1 die hok so 30m geloop en toe gebreuk, maar na die hok mooi geweld was en versterk is, vang hy die ot. Ek stel voor anker die hok net mooi.James Wilson wrote: Fri Oct 01, 2021 11:15 am Ek het so n paar jaar terug begin om trailkameras op te sit op plase waar ek jakkalse skiet. Dit is so algemeen dat ek varke afneem wat karkasse eet, dat ek opgehou het om van vlakvarke wors te maak.
Hercules, ek dink n mens moet maar n totale benadering hier volg. Hokke,(weetnie of hokke suksesvol is op groot varke nie) helikopter en skiet. Soos Geno noem, as jy n jakkalsjagter inkry, dan moet jy klaar n prys maak met hom vir die varke.
Groete Ben
Ben waar het jy hierdie vlakvarke gevang?
Groete Ben
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1490
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Jy vang 'n vlakvark maklik, maar hy verniel jou hok vreeslik. Het al 'n paar keer sog met kleintjies almal saam gevang in luiperd hok. Weet egter nie of jy met hokke gaan vang teen die gewenste tempo nie.
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 671
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Geheim van varke vang in hok is dat die hok se vloer glad moet wees sodat hy nie kan vastrap nie. Dan het hy nie mag/krag om hok te breek nie.
Groete
Groete
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Ek wil net noem dat daar so 6-7 jaar gelede ‘n vlakvark gesien is op ons buurplaas, ek en paar v my vriende het hom regtig gesien! Ek praat nou van Vanwyksvlei in die Karoo!!! Lyk my die goed is besig om te vervuil. Almal sal moet meer Russian wors maak en eet! JJV
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Ek het altyd gedink 'n vlakvark beweeg nie in die nag rond nie, Wat sal van hulle nagdiere maak?
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Hulle word geskiet in die dag.
-
B Five
- Full Member

- Posts: 211
- Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Hoe werk slagysters op varke.
Hulle is mos maar lief im n gat te maak en daardeur te kryp. As ek n paar ysters met swaar gewigte stel, dan is dit dalk net vark se ding?

- finch
- Sr. Member

- Posts: 461
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
Lyk my n shallow pig is soos n hadeda, kan aanpas in enige habitat.
Een van die Kalahari boere se reelings is jy betaal net vir n vlakvark as hy wegkom. As hy bakkie ry is hy verniet.

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Vlakvarke vreet lammers en skape.
By my pa het pienk boer varke al sy lammers geang. daai volgende maand het ons net vark geeet
HOU HOM DAAI DIKTE