Opleiding - self beskerming

Post Reply
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Opleiding - self beskerming

Post by Carl »

Ek sien die tema is aangeraak op 'n ander draad. Die tema is ook hoog op die agenda weens die feit dat plaas aanvalle hoogty vier.

Ongelukkig het ek nou die ander dag met 'n plasing op FB weer kennis gemaak daaroor. Die persoon wat 'n "vriend" is Callie Roos was in die Verkenningsmag. Iemand het hom ingeroep op 'n blad wat ek liefs sal vermy. Daar was 'n video gedeel waar 'n Isrealiese "Spesiale Mag" man die boere oplei ??? Die vraag aan Callie was hoekom doen ons Recces nie dit nie?
Kyk ek verpes dit as die kommentaar sentreer rondom ouens wat in die weermag was en weet wat om te doen en moet werk gegee word ens (in 1988 met Ops Modulêr laas iets gedoen)
  • Mnr IDF spes mag doen dit nie verniet nie. Ek glo egter nie aan sy "kamer leeg metode nie" Hulle is al uitgedaag ** deur Terrick Naude en het nog nie geantwoord nie. Dis onlogies met moderne veilige pistole soos 'n Glock. Sy ander tegnieke wel... :-X
    Daar is baie ouens wat fantasties is in Suid Afrika. Dalk nie Recces of Takies nie, maar onthou net die beste chirurg is nie die beste prof nie. Baie dinge het ook verander van toe hulle opgelei is en dan is die toepassing van hulle opleiding anders.
    Dis nou maar eenmaal so 'n profeet word nie geken in sy eie land nie. Almal het sterretjies in hulle oë oor 'n man wat baie lank terug in die IDF was - "I luv it when you talk foreign to me" Vir 'n paar rand minder kan 'n gemeenskap vir bv Arno Barlow kry vir 1-2 dae se opleiding. Die mense doen dit nie.
    Daar was onlangs 'n geval waar ouens R1000'e betaal het vir opleiding met een of ander Italiaans Youtube instrukteur, maar die ouens gebruik nie die lokale talent nie.
Is mense bereid om te betaal vir opleiding deur Suid Afrikaanse persone?
Is mense bereid om 'n wapen te EDD? Maroela het nou in die week 'n opname gehad oor vuurwapen dra, dit sal goed wees om die finale resultate te sien. Op die stadium is daar minder as 50% wat dit sal doen.

En dan is daar die realiteit, hoeveel mense van 70 en ouer is bereid om te EDD, opleiding te doen en fikser te word? Is daar leiers in gemeenskappe wat die tipe opleiding sal reel en mense kry om dit by te woon?

** Dis onmoontlik om vinniger te skiet met 'n ongelaaide pistool as met een wat reeds gelaai is. PUNT.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by Jaco vdW »

Carl, ek dink jy raak n klomp geldige punte hier aan.
Vir een of ander rede hou ons Suid-Afrikaners van "ingevoerde" goed. My ervaring is dat ons baie male eerder n buitlandse produk of handelsmerk sal ondersteun as n plaaslike een. In Europa was dit weer vir my opvallend hoe sterk hulle plaaslik ondersteun (gebasseer op besoeke aan sport en buite lewe winkels daar).
Ek het in 2018 n handwapen-kursus bygewoon onder die "Kalah"-faandel. Hier kan ek slegs praat oor my persoonlike ervaring van die spesifieke instrukteur, en die een kursus - sien dit in daardie lig. Eerstens dink ek die struktuur van die kursus was baie goed. Dit was opgedeel in 3 modules van omtrent 10 lesse elk. Lesse was op n Dinsdagaand van 18:00 tot 20:00 wat dit baie toeganklik maak vir werkende mense (slegs 2 ure/week na ure). Veral vir persone wat nuut is tot wapens of EDD help die "korter" les dat jy nie n inligting oorlading kry soos met n baie intense naweek-kursus nie. Die kursus se lesse bou baie goed op mekaar, en jy oefen weekliks wat jy in vorige lesse geleer het, so dit word goed vasgelê. Ek het geweldig baie geleer in die jaar, en dink werklik dat ek met baie groter selfvertroue, en ook veiligger my wapen dra. Verder wil ek noem dat die spesifieke instrukteur baie klem gelê het op veiligheid, en die korrekte hantering van wapens - dit was nooit n "cowboy-show" nie. Van wat ons geleer het, dink ek meer as 90% is baie sinvol en baie prakties, en miskien so omdat die kursus juis op die siviele persoon gemik is, en nie n tipe militêre / wetstoepassing kursus probeer wees nie. Ek kan eerlik sê party dae mis ek die klasse en oefening, en ek dink dit is juis waar die uitdaging lê vir die oorgrote meerderheid mense wat n wapen vir selfverdediging het / dra. Ek sou baie graag wou inskakel by n groep wat gereeld oefen, beide op die baan met lewendige ammunisie, maar ook, noem dit maar n meer teoretiese oefening, waar jy met mense wat dieselfde belangstelling en veiligheidsstandaarde het, scenarios bespreek en oefen om mekaar so te help en skerp te hou.

'n Ander uitdaging wat ek dink ons het, en dit sluit aan by n opmerking van Tau op die ander draad, is baie maal hoe ons iets sê. Ek verstaan baie goed wapens is n ernstige saak, en dit kan maklik lewe of dood beteken. Ek dink wel deur versigtigger om te gaan met woorde kan ons baie meer mense op die regte pad lei, en help van onseker na n bevoegde, selfversekerde wapen eienaar.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by Riaan Kriel »

Baie goeie een die Carl..

Om verder aan te sluit hier by, hoeveel mense wat wel handwapens besit woon van hulle plaaslike/naaste skietorganisasies se skietdae by?
Ek praat van skietdae soos SADPA, IPSC asook die nuwe MDS van SAJWV wat baie na aan SADPA is. Dit gee skuts 'n geleentheid om met jou eie wapen en toerusting in "veilige" omstadighede scenarios te oefen en ook te oefen om teen tyd, akkuraat te skiet. Al die kompetisies se puntetellings werk teen 'n kombinasie van tyd en akkuraatheid.. Net die druk van die shottimer en ander skuts op die baan geen tog 'n mate van adrenalien af.. :)

Meeste van die skietdae word geopen en klem gelê op veilige Wapenhantering en die baanoffisiere is opgelei om juis dit te kan hanteer en almal teenwoordig se veiligheid te probeer verseker.

Wanneer nuwe skuts opdaag word hulle meesal eers mee gesels om hulle vlakke van ervaring en wapenhantering vas te stel. Onervare skuts word ook eers touwys gemaak ten opsigte van veiligheid en die reëls.

Meesal is die gees goed en word daar eerder gehelp en opgelei as wat die skuts afgekraak of verkleineer/verneder word. Dit is tog deel van die sport om dit saam te geniet en om te leer by die meer ervare manne/dames.

Die manne wat die komperende deel meer ernstig wil opvat kan ook gaan deelneem aan ligas en kampioenskappe..
Last edited by Riaan Kriel on Thu Jul 30, 2020 4:20 pm, edited 2 times in total.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by Jaco vdW »

Miskien net om enige potensiele misverstande uit te skakel - met "veiligger dra" in my skrywe hierbo, verwys ek na my eie vermoë, en nie na die kondisie van die wapen nie. ;D

Ek het lankal die som gemaak dat twee aksies vinnigger as drie is.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by Plaashaas »

Carl,

Ons sit werklik met top klas manne wat uiters goeie opleiding bied. So goed en lekker soos wat dit is kan meeste van ons dit ongelukkig nie gereeld herhaal nie. Een kurses byvoorbeeld vir my en my vrou was R5000 (my ammo kostes ingesluit). Ek sal dit graag weer wil doen maar ja dis baie geld. Dit help ook nie jy was op n kurses en nou is jy vir altyd "getrain" nie. Dis nie fiets ry nie. Vat wat jy geleer word en gaan herhaal dit so gereeld moontlik op jou eie.

En ASB manne, moenie jy jou vrou probeer leer skiet nie. Betaal n goeie instrukteur om dit te doen. Glo my dis seker een van die beste dinge wat jy vir haar en jouself kan doen. Daarna kan julle saam oefen en dit saam geniet. Werk saam as span aan scenarios en planne by die huis. Wie doen wat en hoekom. Selfe ook so in en rondom voertuie. Gaan na jou vrou se werk, weet hoe dit lyk en vertel vir haar waar jy dink die risiko's is en wat die beste plan sal wees. (My vrou werk maandae en Vrydae in n baie groot shopping mall wat al seker 5x beroof is terwyl sy daar is)

So jaar of wat terug skrik ons in die middel van die nag wakker met glas wat breek. Hier is dit NOU. Sonder dat ek of sy n woord gese het is die plan foutloos uitgevoer. Elk met ons pistool, elk op sy plek van verantwoordelikheid. Die keer was dit darem net die spesery rakkie se two-sided-tape wat in die oggend ure besluit het dis nou tyd. Die hare in my nek staan nou nog regop as ek aan daai geluid dink.

Enige vuurwapen plan moet n noodhulp en toerusting plan insluit. As jy voorberei vir n gun fight moet jy en jou vrou oor voorberei vie skiet of steek wonde. Moenie die deel afskeep nie.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by Carl »

Plaashaas wrote: Thu Jul 30, 2020 1:24 pm Enige vuurwapen plan moet n noodhulp en toerusting plan insluit. As jy voorberei vir n gun fight moet jy en jou vrou oor voorberei vie skiet of steek wonde. Moenie die deel afskeep nie.
Baie belangrik. Ek het begin met Noodhulp klasse, teen koste by die werk. Ongelukkig is vlak 2, 3 dae uit my werk, en met die toestand nou is daar nie kans vir fisiese opleiding nie.

Ek het 'n goeie wenk gekry die ander dag. Waar is jou 1ste hulp sakkie wanneer jy op die baan is, die een met die toerniket en druk verbande? Dit moet binne 30sekondes van jou hand wees, dra dit soos jou gehoor en oog beskerming. Die bakkie is te vêr.

Alhoewel Youtube nie die finale antwoord is nie, is daar wel baie waarde om goeie ouens te volg en hulle advies te oefen. Ek het met my greep gesukkel en Robert Vogel se raad gevat, dit maak 'n moewiese verskil. Nou is dit net inoefen.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by Ratel »

Dis 'n interesante onderwerp die. Op 'n ligte noot, ek weet van mense wie nie vuurwapens besit nie maar wel heel behendig is met 'n klein byltjie en wie hulle self redelik goed sal kan beskerm in hulle huise.
Ek sou net soos met die koop van vuurwapens (deur daai bedrieers wie nooit aflewer nie) ook maar versigtig wees wie 'n mens moet toelaat om jou op te lei. Dit kan nie skade doen om eers meer uit te vind oor 'n instrukteur nie. Ek sou ook nie mense wie nie een in die kamer dra oordeel of afkraak nie. Ek het baie skuts gekry op die skietbaan wie nie "one up" dra nie en heel behendig is met sy SD wapen. Sal ek so dra? Nee want ek weet hoekom dit vir my belangrik is om een in die kamer te dra. 'n Goeie begin is om meer gereeld op die baan uit te kom. Wapen vaardigheid is een ding. 'n Tweede belangrike punt wat ek sien as deel van opleiding is kennis aangaande die wet en derdens en miskien meer belangrik is "mindset". 'n Mens kan jou nooit werklik voorberei nie, soos wat Carl se, maar die regte "mindset" is belangrik. Ek ken ook mense wie glad nie vuurwapens het of moet he nie want hulle se reguit hulle sal nie die vuurwapen vir SD kan gebruik nie.
Maak 'n verskil
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by airhunter »

Ek sit met groot oë en volg hierdie draad.
Mooi Carl. Goeie onderwerp. 8)
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
wynis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am

Re: Opleiding - self beskerming

Post by wynis »

Dankie Carl vir ‘n belangrike onderwerp. Ek sal graag tot die onderwerp wil bydrae deur te deel dat daar goeie YouTube kanale is wat jou kan help met jou instelling (Mindset).
Ek volg nou al vir seker twee jaar die “Active Self Protection” kanaal uit Amerika. Hy lewer kommentaar op elke situasie en wys goeie en slegte gedrag uit deur self verdedigers / beskermers. In meeste van die gevalle kom die self verdedigers die beste daarvan af, in party ongelukkig nie. Dit is baie keer moeilike kykstof, maar dit is realisties en gebasseer op CCTV en onderhoude. Vir interessantheid, Brazil, Amerika, Suid Afrika en Mexico lewer meeste van die onderwerpe.
My advies:
1) Oefen en leer jou wapen ken.
2) Kry professionele opleiding. Ek sal verkies om plaaslike spesialiste te betaal vir opleiding (en ek dra ook 1 up).
3) Dink deur verskillende situasies en wees reg om aksie te neem as die geleentheid hom voordoen. Partymaal is dit ook beste om niks te doen nie!
4) Bly weg van slegte plekke, met slegte mense, op slegte tye van die dag. * Direk van die YouTube site af.
5) En die moeilikste een van almal. Wees paraat, maar moenie die goeie van die lewe mis nie. Die Here kyk na sy kinders.

https://youtu.be/J6A8qJnzSTg


Sent from my iPhone using Tapatalk
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by OosKaapJagter »

Die meeste van julle het seker al gehoor van Jerry Miculek en na van sy video's op Youtube gekyk.

Hier gee sy dogter nogal 'n goeie oefenroetine om maksimum effek te kry uit 'n pakkie van 50 rondtes: https://www.youtube.com/watch?v=F8MvKIiXC2M

Oefen ook om met een hand asook jou dom hand te skiet. Die les het 'n vriend my geleer nadat sy sleutelbeen afgeskiet is en sy regterarm 'n passasier geword het.

Onthou ook dat enige oefening beter is as geen oefening nie. Deur net vertroud te wees met jou wapen en akkuraat te kan skiet, het jy reeds 'n masssiewe voorsprong op die meeste ander mense. Skiet ook met daardie duur selfverdedigingsammunisie. Dit is dikwels 'n groter lading en jy wil seker maak jou pistool funksioneer 100% daarmee.
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by saswart »

Netjies manne! Dit is mos nou baie beter om hieroor te gesels as van die ander goed wat al vandag genoem is. Stem 100% saam, doen 'n kursus, en dan oefen, weer 'n kursus en weer oefen en so aan... Terrick Naude (of Big T soos party mense hom noem) en Arno Barlow doen sulke kursesse.

Ek dink iets wat hier bo vinnig genoem is en baie afgeskeep word is jou persoonlike gesond- en fiksheid. Stoei of baklei bietjie vir 30 sekondes - ekwil amper se sal vir die meerderheid mans en vrouens te veel wees. Dit is verniet en sal jou baie meer help as wat jy dink.

Laastens sou ek se om weer by wapens te kom, he meer as 1 dra pistool...
Grobbieb
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Fri Jun 15, 2018 10:25 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by Grobbieb »

saswart wrote:Netjies manne! Dit is mos nou baie beter om hieroor te gesels as van die ander goed wat al vandag genoem is. Stem 100% saam, doen 'n kursus, en dan oefen, weer 'n kursus en weer oefen en so aan... Terrick Naude (of Big T soos party mense hom noem) en Arno Barlow doen sulke kursesse.

Ek dink iets wat hier bo vinnig genoem is en baie afgeskeep word is jou persoonlike gesond- en fiksheid. Stoei of baklei bietjie vir 30 sekondes - ekwil amper se sal vir die meerderheid mans en vrouens te veel wees. Dit is verniet en sal jou baie meer help as wat jy dink.

Laastens sou ek se om weer by wapens te kom, he meer as 1 dra pistool...
Die bigenoemde is baie belangrik.

In my opinie is hierdie nog ‘n paar van die belangrike dele:

1. Basiese fiksheid. Jy moet jouself kan rondbeweeg. Jy hoef nie super fiks te wees nie, maar hoe fikser hoe beter.
2. Gaan doen Stop the bleed kurses. Vat jou vrou, tieners, huishulp, jagmaats almal saam. Jy kan hulle op Facebook kry. https://www.facebook.com/nwustopthebleed/
3. Kry ten minste een ordentlike opleidings sessie in met iemand soos Arno Barlow. Hy het ‘n no-nonsense way om vinnig jou leemtes te identifiseer. Vat n nota boek saam. Maak notas en word n student. Wees krities met jou uitkyk en bevraagteken alles. As iets nie reg voel of lyk nie maak werk om dit te verstaan.
4. Oefen gereeld. Neem deel aan sport. Raak vertroud met jou vuurwapen. Dit is tog ook n social byeenkoms ook en is pret. SADPA, IPSC, SA Jagters almal het vir jou n geleentheid.
5.As jy nog in staat is probeer n kontak sport soos Jiu jitsu, Judo of gaan doen n gereelde self verdedigings klas soos krav mega. Of sels beter praat met Plaashaas en gaan speel saam die Sports adenture shooting manne.
Gebruik ook net jou logika.
6. Youtube sal ek Graham Combat, Warrior Poet, Thunder Ranch se Clint Smith en dan Ken Hackathorn is wie ek sal voor stel.
7. Maak planne en oefen dit. Veral by die huis en veral met jou familie.

Wees bedag want daar is n paar slange in die wereld. In hierdie draad is genoem een ex IDF trainer. Sy opleidings metodes is nie net oud nie maar ook gevaarlik. Arno Barlow, Bravo tactical in Gauteng. Multi Dimensional Warrior in die kaap is die wat ek kan aanraai.

Ek weet Arno het ook n moer lekker lock down special. https://www.facebook.com/profile.php?id=100005698713685

Jy hoef nie n super fiks dodelike skerskutter te wees nie. Net bietjie beter as die gemiddelde persoon.

Onthou! Niemand kom jou help nie. Jy is jou eie “first responder”.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by Carl »

Grobbie,
Clint Smith is goed, baie eerlik en soms nogal snaaks :)
Mr Murphy gee ook baie goeie advies. Ek hou van sy aanbieding, redelik, geen fieterjasies en Hollywood cool dude goed.
https://www.youtube.com/channel/UCSV5s- ... DewDQ5WbPA
Gregg Ellifitz is baie goed
https://www.activeresponsetraining.net/
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by Ratel »

Ek dink 'n baie belangrike deel van opleiding wat ons soms oor die hoof sien is modus operandi. Ek dink almal is dit eens dat die element van verassing vir die verdediger 'n baie groot voordeel is. 'n Voorbeeld is waar onlangs 'n video gepos is van die aanvaller wat twee mense in jhb in die slagoffer se oprit wou roof. Die slagoffer het dadelik sy wapen getrek en geskiet. Die aanvaller het dit nie verwag nie en gedink dis sagte teikens. Dis baie belangrik om te verstaan hoe die aanvallers optree en dat hulle ook die element van verassing gebruik en dan boonop nog in troppe kom soos hyenas. Dis belangrik dat ons nie net moet kennis neem van aanvalle nie maar dat ons dit ons taak moet maak om uit te vind presies hoe rowers opgetree het en dit reg gekry het om 'n aanval suksesvol uit te voer. Mense wie om n braai vleis vuur aangeval word by hulle huise. Ons moet leer om te verstaan dat die rowers bewus is daarvan dat ons dan ontspanne is en veilig voel en dit uitbuit en baie mense wil nie met 'n wapen staan en braai nie. Dis juis die tyd wat jou wapen by jou moet wees. Identifiseer die swak plekke op jou plaas/erf en besef dat selfs jou daaglikse roetines wat jy gebruik om by 'n sekere tyd of plek in te kom of uit te gaan jou kwesbaar maak. Kan ons roetines verhoed? Nee maar wees bewus van daai kwesbaarheid en berei voor.
Maak 'n verskil
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by airhunter »

Een van my groot frustrasies en n moeilike deel vir my om konstant te oefen is in winter klere. Ek is maar skraal en het min natuurlike issolasie teen koue so ek layer nogal in die winter.
Party dae sweaters, ander n baadjie en soms langer en korter baadjies. Dit veroorsaak baie veranderlikes in draws en om by my mag pouch uit te kom met die pistool in my skiethand en net my off hand om dit by te kom.
Dit als oor holster en mag pouch en om vinnig en effektief genoeg daarby uit te kom is my doodsteek.
Wat van n mag baie covertly uithaal sodra mens in orange mode gaan terwyl mens twee hand evry het om deur al die lae klere te stoei?
Ek sal my voortande gee vir n ordentlike kurses, veral in my eie taal :)
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Opleiding - self beskerming

Post by JJV »

Hallo
Ek het ‘n kurses by JC gedoen en ek kan hom regtig aanbeveel, hy het ‘n rustige manier en kan met mense werk, ek het egter nog nie ander kursesse gedoen om te kan vergelyk nie. Gaan kyk by Bravo Tactical Africa se FB bladsy en as dit lyk soos iets wat jy wil doen kontak hulle, ons het bv geleer om net met een hand (dominant en swak) een magesyne te ruil en te skiet sou jy gewond word in ‘n arm of hand.
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by Carl »

Ratel - Mindset, is halfpad na die wen van die geveg.

Airhunter, ek is darem heeldag tuis met my werk. Ek oefen maar so met die verskillende klere aan om die pistool ditvat. Nie heeldag uittrek en mik nie net om my hand reg op dit te kry met die tipe klere wat ek aan het.

Bravo se manne is goed. Ek hoor net positiewe komentaar oor hul opleiding.

Greep = die fondament van akkuraatheid. Mike verduidelik breedvoerig https://youtu.be/Ez54buSBAZc
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Sean3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 477
Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by Sean3006 »

Good to follow
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
NicovanderMerwe
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm

Re: Opleiding - self beskerming

Post by NicovanderMerwe »

Goeie dag almal, sonder om myself en die saam my te promoveer is dit belangrik om dit te noem dat 'n opleidings instansie 'n balans moet hê wat vir almal anntreklik is. SFC Tactical Solutions het tussen die x 4 instrukteurs saamgevoeg ongeveer 115 jaar ondervinding binne die weermag en polisie. Loer gerus op die youtube kanaal https://www.youtube.com/channel/UCqg3UY ... Wrkbsi2aJA
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Opleiding - self beskerming

Post by Toxxyc »

Die Isreali Defence Forces man wat hulle oplei - is sy naam dalk Idan Abolnik?
Post Reply