Ek lees anderdag op 'n ander draad van iemand wat SA air rifles aanbeveel vir herstelwerk op 'n windbuks. So google ek toe bietjie, want ek is al lank in Bloem maar ken nie die plek nie.
So gaan besoek ek toe verlede Woensdag die winkel en na Ian my daar 'n paar windbukse gewys het kon ek vir twee aande niks slaap nie en al wat ek doen is om pcp's na te vors. Dis iets waarin ek voorheen niks belangstelling gehad het nie, maar die gogga het erg gebyt. So koop ek toe Vrydag vir my 'n Artemis m11, lugsilinder en 'n pakkie 5.5mm 18,13gr JSB's. (Moet sê die aanvanklike koste om aan die gang te kom met die pcp gewere is nogals hoog.)
Ek kon gister baan toe om te gaan skiet en moet sê ek geniet dit baie en is verbaas oor hoe die tipe windbukse skiet, ek kon op 100m maklik skote op 'n 10cm ghong land.
Ek het vanoggend by die werk skelm die roer uit die bakkie gehaal vir 'n kransduif wat my koggel en moet sê die swaarder koeëltjies dop hom behoorlik om. Heelwat anders as die gewone groen pakkie 4.5mm Marksman koeëltjies waarmee ek groot geword het.
Met .22 ammunisie wat duur raak gaan die windbuks nou maar meer gereeld saam baan toe.
Ek kan Ian-hulle by SA air rifles aanbeveel, baie goeie diens en dis mense met 'n passie vir wat hulle doen.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
So kry ek toe 'n jeuk vir 'n luggeweer.
-
Silwer
- Full Member

- Posts: 136
- Joined: Thu May 14, 2015 11:30 am
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: So kry ek toe 'n jeuk vir 'n luggeweer.
Lekker om te hoor Ian se diens is steeds so goed as wat ek dit ervaar het en hoekom ek hom kon aanbeveel vir ander Jaracal-lede. Bly dat ander manne dit ook so ervaar.
-
Exiled4Life
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Sun Jun 11, 2017 12:36 pm
Re: So kry ek toe 'n jeuk vir 'n luggeweer.
Ek self is omtrent elke week daar by Ian, ek het perongeluk daar in die winkel op ge eindig, my eerste pcp gekoop so goedkoop as wat ek kon kry, ek koop toe n venom 5.5mm met n scope en alles, ek het hom geniet vir so 3 weke, toe gaan ek terug en ruil hom toe vir n Kral mega s, skiet hom toe vir so maand en toe gaan ek terug om hom warm te maak, toe het ek hom eers geniet, net daarna upgrade ek die scope weer, toe brand my gat weer en ek upgrade toe weer die geweer.
Kyk Ian hulle sien my gereeld!
Dis goed om nog manne in Bloem te sien wat pcp skiet!
Kyk Ian hulle sien my gereeld!
Dis goed om nog manne in Bloem te sien wat pcp skiet!
9mm Cz 75
30-06 Howa
.22 Slazenger
30-06 Howa
.22 Slazenger
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: So kry ek toe 'n jeuk vir 'n luggeweer.
Ek kyk ook na 'n PCP... My doel is net om 'n vuurhoutjieboksie grootte teiken op 40m raak te skiet... Is daar 'n budget tipe PCP waarna ek kan kyk? My Gamo Royal doen die job, maar raas te veel - en trek onnodige aandag...
Ek hoor graag - by julle wat ervaring van die gunne het.
Mooi aand daar!
Hein M
Ek hoor graag - by julle wat ervaring van die gunne het.
Mooi aand daar!
Hein M
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 611
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: So kry ek toe 'n jeuk vir 'n luggeweer.
Hein
Loer bietjie na n 4.5mm PP700 pistool
Glo jy sal n vuurhoutjie boks kan by kom op 40m vanaf n 3 poot
Loer bietjie na n 4.5mm PP700 pistool
Glo jy sal n vuurhoutjie boks kan by kom op 40m vanaf n 3 poot
Skiet bly maar lekker
-
Exiled4Life
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Sun Jun 11, 2017 12:36 pm
Re: So kry ek toe 'n jeuk vir 'n luggeweer.
HeinM bel vir Ian +27 (60) 588-8080 hy het gewere van R2900 tot R97000
9mm Cz 75
30-06 Howa
.22 Slazenger
30-06 Howa
.22 Slazenger
-
Silwer
- Full Member

- Posts: 136
- Joined: Thu May 14, 2015 11:30 am
Re: So kry ek toe 'n jeuk vir 'n luggeweer.
Hein jy kan kyk na 'n Artemis m11 of m22. Die Air venturi avenger / Nova vista leviathan is ook 'n lekker roer. Al hierdie kom uit met regulators wat jou roer se konstandheid van spoed verbeter. Die pryse is ook billik.
Om 'n lugsilinder te koop is duur, maar ek dink in die langer termyn is dit baie goedkoper om met 'n pcp te skiet as met 'n .22.
My .22 staan nou net in die kluis. My pcp gaan altyd saam baan toe. My vrou geniet hom ook baie.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Om 'n lugsilinder te koop is duur, maar ek dink in die langer termyn is dit baie goedkoper om met 'n pcp te skiet as met 'n .22.
My .22 staan nou net in die kluis. My pcp gaan altyd saam baan toe. My vrou geniet hom ook baie.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
-
Silwer
- Full Member

- Posts: 136
- Joined: Thu May 14, 2015 11:30 am
Re: So kry ek toe 'n jeuk vir 'n luggeweer.
https://youtu.be/j0Erqdjo-4c
Hierdie is 'n goedkoper opsie. Warrior b58 (Beeman commander). Vir R4500 is dit ook nie 'n slegte koop nie. 10 rondte magasyn, hy het wel nie 'n regulator nie.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Hierdie is 'n goedkoper opsie. Warrior b58 (Beeman commander). Vir R4500 is dit ook nie 'n slegte koop nie. 10 rondte magasyn, hy het wel nie 'n regulator nie.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: So kry ek toe 'n jeuk vir 'n luggeweer.
Dankie vir die raad kêrels. Ek sal 'n bietjie ondersoek instel...
Mooi naweek!
Mooi naweek!