Die totale inkomste word geskenk aan die kinderhuis Andrew Murray in Wellington. Ek sal sommer vir een van die forumlede hier vra in te help met admin(FdV).
Die plan is om R100 kaartjies te verkoop en dan 'n trekking te hou om soedoende die wenners van die 2 pryse te kies. Enige raad of bydrae tov dit sal waardeer word.
1e prys:
1x ATS ammo tas in kaliber 308-338.
2e prys:
1x Magnetospeed V3 kompakte sakkie.
R100 is nie baie geld maar 'n klompie van ons Jaracal manne se buffels kan 'n verskil in iemand se lewe maak. Ek vra dus nederig vir julle ondersteuning.
Daar is geen beperking op die inskrywings. Of R100 of R10000 ingesamel word, die totale bedrag gaan kinderhuis toe. Die hele proses sal ook deursigtig wees en oop wees vir ondersoek.
Groete
Francois Vogel.


Sent from my CPH2145 using Tapatalk











