Nuwe Ford Ranger

User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by sako 30-06 »

Ry my ou Ford al vir my 7 jaar, het nou so 170 000km op.

Turbo het gegaan op so 160 000km, ford het my R42 000 gevra vir n nuwe turbo. Het die turbo toe laat recon vir R7000. Ek moet eerlik wees, dit voel of hy nou meer krag het as voorheen.
Maar andersins is ek nog heel tevrede.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Eduard Venter »

Niks is so sterk soos Sako30-06 se ranger se tailgate kabeltjies nie! Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Smitstertjies »

My ou 3.2 Ranger het my 100 000 km gegee sonder moeilikheid. My nuwe 2.0 Bi Turbo Ranger het die naweek oorgeslaan 20 000km toe. Elke km sover was nog net plesier... Wragtig die naweek toe steel hulle my spaarwiel. Sou seker nooit met n Hilux gebeur het nie. Sal hom seker nou moet verkoop en Toyota moet begin ry...
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Koos Barnard »

Dagsê
In 'n vorige post het ek gesê my broer se 3.2 Ranger het al ver oor die 100 000km op en hy hou nog. Ek was verkeerd, dit was toe maar net 110 000km en nou het sy ratkas opgepak. Hy het nooit iets gesleep nie, nie eens 'n ligte Ventertjie nie en hy ry nie vinnig nie. So nou kyk ek ook met nuwe oë na die Ford... lyk my hulle is maar geneig tot probleme. My 2.2 het nou amper 46 000km op en hou nog. Maar vir hoe lank? 'n Nuwe ratkas kos glo hier by die R80 000 en 'n reconditioned een R27 500 (kwotasies wat my broer ontvang het). Hoe lank is ratkaste veronderstel om te hou as jy mooi ry?
Mooi loop
Last edited by Koos Barnard on Thu Jan 20, 2022 7:42 pm, edited 1 time in total.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by PWV »

As Toyota-manne bymekaar is, praat hulle oor jag en visvang.
As Isuzu-manne bymekaar is, praat hulle oor rugby en braai.
As Amarok-manne bymekaar is, praat hulle oor mans en modes.
As Landrover-manne bymekaar is, praat hulle oor waar olie die goedkoopste is.
As Ford-manne bymekaar is, praat hulle mekaar moed in.

Sterkte, Koos.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by LUAN »

Die ford is lekker terwyl hy nog onder warranty is maar daarna sal ek gou ontslae raak van hom...
User avatar
thys308
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Fri Aug 17, 2012 8:13 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by thys308 »

My 2.2dc 2017 Ford het nou 191000km op klok en loop nog sterk. So 155 000km het ek 1 injector vervang en master silinder wat binne belhousing sit vervang op 175000km en ek ry elke dag met vrag tools op sy rug. Daai man van gearbox wat nog niks gesleep het ,het verseker te stadig gery in 6de gear, as jy stadig ry soos 100km/h stel ek voor bly ry net tot 5de rat. 2c en dis al my 3de ford en ander my net goeie diens gegee.

Sent from my SM-A505F using Tapatalk

Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Blink Stefaans »

2.2 Ranger vir die werk gehad. Meestal lang pad gery met hom. Volledig gediens by Ford
500km buite waarborg toe slaan die conrod n gat deur die blok. Koop n nuwe motor en gaan voort. 10k km later toe slaan hy weer n gat deur die blok. Die volgende engine het n volle 80k km gehou voor hy gegroet het.
Op die einde van die dag was die bakkie op 220k km met sy 4e motor. Voor jul sê dis die drywer. Die vorige werks bakkie was n 2008 3.0 d4d en net so onder 400k km toe sien n tannie nie die stop teken nie en t-bone di3 bakkie in die scrap yard in. Eks seker daai bakkie was reg vir nog n paar honders duisend
Daars mense daar buite wat geen probleme het nie ander wat sommige aande hul self aan die slaap huil.
Ek sal nie met my eie geld n ford koop nie
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Arnold »

Dit klink of die mense wat gelukkig is met hulle Ford ook moet begin Lotto speel want hulle is definitief wenners

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Ranger
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Ranger »

The only thing I really like about my 2.8 Hilux D/C 4x4 is that I was offered R90k more for it than I paid 2 years after buying it used. My previous Ford beat it in comfort and interior space. I enjoyed my Ranger and will look at them again, if I don't buy the new Isuzu first.
Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Joe13 »

johans wrote: Sun Dec 19, 2021 6:25 pm ek het ook al manne gesien stry oor bakkies en dan ry hy n polo ;D
Yeah, ek ry n polo, en wil nou en dan stry. Ek sal dit kwaai like om weer n bakkie te hê (het al hilux en ford gehad), maar net die CEO's van Suid Afrika kan dit deesdae bekostig. (of wat is die trick hier, want ek sien hordes nuwe bakkies wat grens aan R1m. Tensy SA baaaaie CEO's het ;D )

Ek is maar n Toyota fan, agv my vorige ervaring met die brand.

Ek weet ook nie waarom die stryery en vinger wys tussen almal nie. Almal het issues, dink party het net meer as ander. Dalk is dit oor die QC?

Soos Wout wat nou die X7 het, so what? As jy dit smaak dan isit so. Daar is mense wat n spesifieke brand koop net om sy pelle happy te hou. Dis regtig vreemd om so te wees.

Die olie lek ding van ford raak regtig nou oud.

Daar sal altyd stryery wees tussen fanboys. Gerwere, sport, voertuie.

As mens na die AUS 4x4 toetse kyk op YT is die bakkies almal redelik naby aan mekaar.

Ek hou baie van die nuwe Isuzu, en blykbaar loop die nuwe Mazda met die Isuzu se enjin.
Last edited by Joe13 on Fri Jan 21, 2022 9:29 am, edited 1 time in total.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Diesel Dog »

Kyk ek maak nie n afgod van n voertuig nie,dis n gebruiks artikel en ek ry hom dat hy piss.3 x2.8 KB onder 70000km stukkend gery almal bearing geslaan.Landcruiser 4.2 D 280000km voor as 3 keer middledeur ,cylinderhead gekraak en ratkas bearings en syncros kaput.Nissan 2.7t dc 2 x enjins en ratkas 60000km.Toyota Hilux kzte diesel pomp aandrywing seize 50000km.Ford
F250 cam gear kom los op 14000km Ford sit nuwe enjin in staan nou op 380000km.Ford 3.2 dc 4x4 220000km loop nog mooi .Ford 2.24x4 120000km
Loop nog mooi.Het vanoggend weer n ikoon recover.Image

Sent from my SM-G980F using Tapatalk

Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Joe13 »

Diesel Dog wrote: Fri Jan 21, 2022 9:28 amsnip*
Image
Jy sien, die ford manne like van die tipe fotos.

Klink my jyt bad luck met alles behalwe ford. Nou weet jy wat om volgende te koop.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Diesel Dog »

https://youtu.be/P4GvePilvug

Sent from my SM-G980F using Tapatalk

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Lategan1 »

Diesel Dog wrote: Fri Jan 21, 2022 9:28 am Kyk ek maak nie n afgod van n voertuig nie,dis n gebruiks artikel en ek ry hom dat hy piss.3 x2.8 KB onder 70000km stukkend gery almal bearing geslaan.Landcruiser 4.2 D 280000km voor as 3 keer middledeur ,cylinderhead gekraak en ratkas bearings en syncros kaput.Nissan 2.7t dc 2 x enjins en ratkas 60000km.Toyota Hilux kzte diesel pomp aandrywing seize 50000km.Ford
F250 cam gear kom los op 14000km Ford sit nuwe enjin in staan nou op 380000km.Ford 3.2 dc 4x4 220000km loop nog mooi .Ford 2.24x4 120000km
Loop nog mooi.Het vanoggend weer n ikoon recover.Image

Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Dink jy mag slegs met ‘n trekker ry :police:

Diesel nog nooit gehou van hoë toere ry nie ... jy noem dit water afslaan :o

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Hercules Louw »

Toyota en Ford.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Diesel Dog »

Gelukkig het die ou met die Ford kop gehou toe die tou knak en nie in die Toyota se gat vas gery nie ><) ><)

DD
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Lategan1 »

Kyk mooi na die foto... Ford is in trurat ... reverse ligte brand... hulle is besig om hom agteruit te sleep ???

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Albertdwk
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Albertdwk »

Diesel Dog wrote:Kyk ek maak nie n afgod van n voertuig nie,dis n gebruiks artikel en ek ry hom dat hy piss.3 x2.8 KB onder 70000km stukkend gery almal bearing geslaan.Landcruiser 4.2 D 280000km voor as 3 keer middledeur ,cylinderhead gekraak en ratkas bearings en syncros kaput.Nissan 2.7t dc 2 x enjins en ratkas 60000km.Toyota Hilux kzte diesel pomp aandrywing seize 50000km.Ford
F250 cam gear kom los op 14000km Ford sit nuwe enjin in staan nou op 380000km.Ford 3.2 dc 4x4 220000km loop nog mooi .Ford 2.24x4 120000km
Loop nog mooi.Het vanoggend weer n ikoon recover.Image

Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Kyk DD, eks bly jys nie my baas en ek jou donkie nie! Moertoe my kroon!

Sent from my SM-A307FN using Tapatalk

Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Maroelas »

thys308 wrote: Fri Jan 21, 2022 5:17 am My 2.2dc 2017 Ford het nou 191000km op klok en loop nog sterk. So 155 000km het ek 1 injector vervang en master silinder wat binne belhousing sit vervang op 175000km en ek ry elke dag met vrag tools op sy rug. Daai man van gearbox wat nog niks gesleep het ,het verseker te stadig gery in 6de gear, as jy stadig ry soos 100km/h stel ek voor bly ry net tot 5de rat. 2c en dis al my 3de ford en ander my net goeie diens gegee.

Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Dagsê Thys, praat jy hier van handrat of outomatiese ratkas?
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Wouter Roets »

More Kerels

Gister toe die offisiele syfers van Ford Fleetsa gekry op die Raptor. Dis n 3L V6 twinturbo wat 292kw en 583nm uitskop. Die lys van standaard toerusting is ook iets om te beleef. Op papier is hy verseker next level.

Groetnis
Wouter
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by PWV »

Wout

Op papier lyk dit fantasties??

Wonder maar net of Ford-manne mekaar later sal moet moed inpraat wanneer hulle bymekaar kom?
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Wouter Roets »

Netso Oom Pietta

Ek is nog steeds in tweespalk oor die bakkie aangesien ek bekommerd is dat die teorie en die praktyk nie bymekaar gaan uitkom nie. As dit wel gaan gebeur is daar huidig absoluut niks wat kan kers vashou op enige aspek nie.

Groetnis
Wout
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13626
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote: Wed Feb 23, 2022 10:39 am More Kerels

Gister toe die offisiele syfers van Ford Fleetsa gekry op die Raptor. Dis n 3L V6 twinturbo wat 292kw en 583nm uitskop. Die lys van standaard toerusting is ook iets om te beleef. Op papier is hy verseker next level.

Groetnis
Wouter
Die lorie is diep mooi binne
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Nuwe Ford Ranger

Post by prohunt »

Wouter Roets wrote: Wed Feb 23, 2022 10:39 am More Kerels

Gister toe die offisiele syfers van Ford Fleetsa gekry op die Raptor. Dis n 3L V6 twinturbo wat 292kw en 583nm uitskop. Die lys van standaard toerusting is ook iets om te beleef. Op papier is hy verseker next level.

Groetnis
Wouter
Hallo Wouter,

Ek het nou nooit in my wildste drome kon dink dat jy ooit eendag die volgende uitluitings ....."game changer" en "next level" in dieselfde sin as "Ford" sou gebruik nie....dit nogal uit jou eie pen!! :laugh: :laugh: ++>:
Toemar ek ry al vir baie jare Rangers so ek is al gewoond daaraan ;) ><)

Groetnis
Johan
Post Reply