Vortex Fury 5000 HD RF of Kahles Helia 42 RF

Post Reply
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 429
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Vortex Fury 5000 HD RF of Kahles Helia 42 RF

Post by Leon Crous »

Goeie dag manne,
Hierdie bo-genoemde 2 se prys basies dieselfde en ek wonder sommer of iemand wat hulle al getoets het my kan raad gee.
Ek neig na Kahles (net omdat internet manne die Vortex se glas/helderheid redelik afskiet :confused: )
Let wel, hulle pryse is alreeds bo/top-end van my budget. So ek sal nie Zeiss of Swaro of so iets eers kan oorweeg nie...
Noem ook maar as daar iets anders is wat vergelyk kan word en dalk in selfde prysklas of minder val.
Ek dink ook die 8 x 42 opsie van Kahles is vir my aanloklik.
Laat weet wat julle dink,
Groete,
Leon.
Henna308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 397
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am

Re: Vortex Fury 5000 HD RF of Kahles Helia 42 RF

Post by Henna308 »

Leon

My swaer het een van die Vortex'e vir homself redelik onlangs gekoop. Ek dink dit was 'n redelike goeie koop want een van die goed wat my opgeval het was hoe goed die lense was (of ten minste beter as wat ek verwag het van 'n Vortex). Ek het nog nie een van die Kahles verkykers onder oë gehad nie so kan nie 'n vergelyk tref nie. Ek het net praktiese ervaring tussen die 2 fabrikate se geweerteleskoop lense. Die teleskope wat ek onder oë gehad het was die Vortex'e vir my beter as die Kahles teleskope, bygesê dit was nie die top spec van beide gewees nie maar hulle was almal in dieselfde prysklas.

2 sente as dit jou dalk help.

Groete
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Vortex Fury 5000 HD RF of Kahles Helia 42 RF

Post by Capt. Yoda »

EK het al taamlik met Leicas gewerk en het onlangs deur n Fury gekyk, daai manne wat sy glas af skiet is maar net soos jy dit daar noem...internet manne, hyt baie goeie glas in

Beste is maar om self deur hulle te probeer kyk, elke man se oe kyk maar anders deur "scopes"
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Vortex Fury 5000 HD RF of Kahles Helia 42 RF

Post by Pappabeer »

Ek het vir n paar dae met n Kahles gespeel. Ek was baie beïndruk. Sy glas was op par met my ou Geovid, maar hy is baie ligter en meer kompak. Die Geovid range wel marginaal vinniger
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Post Reply