Big Bore vir beginner.
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2330
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Big Bore vir beginner.
Die geweer sal nie op gevaarlike wild gebruik word nie en slegs op groot wild. Wapen moet verkieslik "controlled feed" he en in die klasieke safari style gebou en bekostigbaar wees.
Die 375 H&H sal seker nie as n Big bore beskou word maar hy voldoen aan die behoefte.
Die 416Rem en 416 Rigby is kalibers wat wel in CZ en Winchester mod 70 beskikbaar is.Ek het geen onder vinding met groot kaliber gewere nie,behalwe dat ek al paar skote met n oopvisier 416 Rigby geskiet het.
Wat stel julle voor?
DD

- Schalk van Wyk
- Sr. Member

- Posts: 341
- Joined: Fri Mar 07, 2014 2:09 pm
Re: Big Bore vir beginner.
As jy nie gevaarlike wild gaan skiet nie dink ek ‘n 9.3x62 is ‘n goeie opsie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
Geld maak mens nie gelukkig nie, maar geld kan gewere koop en gewere maak mens gelukkig!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Big Bore vir beginner.
My keuse sou wees tussen hierdie fabrikate en kalibers:
Winchester M70 Safari Express in .375 H&H of .416Rem
Ruger M77 Hawkeye Alaskan (as jy een kan kry), African of Guide Gun in .375Ruger of .416Ruger (My groot kettie is die African se barreled action in 'n Guide Gun kolf in .416Ruger)
CZ550 American Safari Magnum in .375 H&H
As jy meer geld wil spandeer en 'n switchbarrel konfigurasie wil kry van bitter goeie gehalte, Blaser R8 in die kalibers van jou keuse.
Of selfs 'n custom roer op 'n DSB Mauser tipe askie by 'n smid soos Ralph Badenhorst as jy allout wil gaan.
Tussen hulle almal is die naaste aan klassieke Safari styl in fabrieksgewere die CZ, Winchester en Hawkeye African.

Goed, beter, 6millimeter!
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Bly by bekende en beskikbare kalibers as dit moontlik en doeltreffend is.
Of kies een kaliber wat werklik jou hartsnare roer. Vir my sal dit waarskynlik n 404 Jeffery wees, of n 458 3".
Gegewe dat dit nie vir gevaarlike wild gebruik sal word nie is n 375 of een van die bestaande 416e waarskynlik die slimste keuse.

Dash431
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Baie goeie raad deur Geno.
MBT die maak is my persoonlike voorkeur die CZ. Die rede daarvoor is die 5 rondte magasyn kapasiteit teenoor 3 vir die Winchester en Ruger, en die dat ek nie hou van die barrel band op die laasgenoemdes nie. Die barrel band is voordeelig as jy n kaliber met baie recoil skiet, maar ek glo nie die 375 val in die kategorie nie.
As jy die sling gebruik om die geweer te stabiliseer uit die staan posisie (wat ek persoonlik doen), plaas jy druk op die loop self wat n efek kan he op jou POI.
In terme van die kaliber, sal ek die 375 verkies vir jou doeleindes.
Sterkte met jou besluit. Dit is n lekker probleem om te hê.
Groetnis.

- Bonesjara
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Tue Jun 07, 2016 8:10 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Ek is verseker bevooroordeeld. So ek begin daar.
Ek het beide 9.3x62 en ñ 404.
My 404 skiet gemakliker omdat hy swaarder is. My 93 is n sako bavarian met n dun kolf wat tande laat klap. So uit my kluis vir bosveldjag kom die 404 altyd eerste saam.
So vir my die belangrikste is om n geweer te kry wat swaar genoeg is en die regte balans het.
Of dit nou 93, 375(tegnies seker eerder medium bore), 404 of 416 is. Groter vir wat jy van praat sou nie vir my n opsie wees nie.
375 word amper orals aanvaar vir gevaarlike wild waar 93 sommige plekke nie aanvaar word nie. Ek weet jy sê nie gevaarlike wild nie, maar nooit is ń lang tyd.
404 skiet verseker gemakliker as 416. Hang natuurlik af hoe jy hom laai, maar meeste 416'e skiet 400gr teen omtrent 2350f/s en meesste 404'e skiet 400gr punte so onder die 2200f/s.
Rak patrone vir die grootmanne is duur! So as jy nie laai nie is n 375 seker beter, want daar sal meer rak opsies wees.
Laasstens van die 4 sou die 375 seker die maklikste wees om met 250gr punte n 'vlakte opsie' te maak, alhoewel dit nie sy primere doel is nie. (Ek skiet tans 230gr punte in my 93 om dit steeds te benut omdat dit net in die kluis gebly het.)
Ps As jy ń groot roer wil bou, kan ek Dawie by Markmans arms in Pta aanbeveel.
Sent from my SM-G998B using Tapatalk

J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Big Bore vir beginner.
Terwyl jy soek, moenie Zastava miskyk nie.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

- saswart
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Big Bore vir beginner.
klomp goeie raad reeds hier gegee.
Kry vir jou 416/404 in CZ. Die 404 gaan bietjie moeilik wees om te kry. Jy kan DWM aksies soek maar dan gaan jy moet bou wat duur raak en nie bekostigbaar soos jou versoek. Ek het 375 geeerf en toe 'n 458 Exp gekry. Wat ek vandag weet, sou ek se kry 416 Rigby, nee hy kan nie 5 vat in magasyn soos genoem nie, dink net 3, Ruger kan dalk meer vat, ek weet nie. Maar dit maak nie saak nie, jy gaan mos nie groot wild jag nie en altyd 'n "moot punt" want ander mense dra 'n dubbel wat net 2 vat....
Jy gaan 'n 375 kry en 2 dinge kan gebeur. Dit skop te veel want jy is gewoond aam jou LR gewere en dan verkoop jy, of jy raak soos baie ander verslaaf daaraan en dan is die 375 te klein. Onthou ja dit is "Big Bore", maar die minimum), dan gaan jy weer juk vir iets groter. So daarom kry die 416 (rigby/ruger) - jy kan lekker met hom speel mbt tot herlaai en kan as jy wil hom laai dat hy recoil soos 'n 375. As dit te veel skop, sit jy met opsie 1, indien nie het jy reeds iets lekker groot.

Last edited by saswart on Tue Mar 29, 2022 12:18 pm, edited 1 time in total.
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Ek gebruik nou al vir 15 jaar n Mauser .375 H&H om gewone wild mee te jag. Ek het al vanaf n rooibok tot n eland geskiet met hom. Tans voer ek hom 260gr Nosler Partitions, en dit maak dat ek gemaklik in die veld tot so 200m kan skiet sonder om vreeslik te kompenseer. Basies mik en druk.
Die .375 se terugskop is heel hanteerbaar, hoewel n klomp skote van die bank af nie pret is nie.
Wat lekker is van die Mauser, is die QD montering vir die teleskoop. Dit maak die opsie vir oop visier moontlik, en sonder uitsondering is die teleskoop weer 100% reg as jy hom terug sit.
Ek kan glad nie kommentaar lewer oor enige van die ander kalibers nie, omrede ek nog nooit met hulle gejag het nie. Vir my doeleindes is die .375 baie veelsydig, en dit sal sekerlik een van die heel laaste gewere wees waarvan ek ontslae raak.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Big Bore vir beginner.
More DD
Ek het al hierdie kalibers onder bespreking met die uitsondering van die 404 Jeffrey. Vir jou doel sal ek nie verder kyk as n 375 in die H&H of die Ruger weergawe nie. In terme van ekserne ballistiek sowel as terminale prestasie is dit n nommerpas keuse. Dit is die kaliber se balaans wat die deurslaggewende rol hier speel. Ek weet jy hou van oordentlike teleskope so vir daai rede voel ek dat n 375 met n 2-12 teleskoop baie beter gaan lyk as iets soos n 416 met een op. Geno se raad oor die opsies is soos altyd spot-on.Jy kan ook Sako by jou keuses voeg. Nou wel nie die tradisionele Controlled round feed nie maar die hybrid aksie kom baie naby aan die beste van altwee werelde, veral vir jou aplikasie. Die Sako is duur maar baie van ons vergeet van al die ekstras wat ons spandeer op ons uit die boks gewere wat baie keer daai einste inisieele bedrag verdubbel. Persoonlik sal ek die streep daar trek in prys want om twee of drie honderd duisend op iets soos n Rigby te spandeer gaan my verstand eenvoudig te bowe.
Groetnis
Wouter

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Wanne laas het ek sulke mooi ware woorde gelees. Maak my somer emosioneel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Hier is nou goeie raad gegee. Ek skiet deesdae heelwat wild met my 375 en met die 300gr krieke maak hy baie dood (skootplasing steeds belangrik!). Maar die jeuk het my gevang en nou is hy nie meer groot genoeg nie en soek ek iets groter vir die goete wat stamp.
Wat lekker is van die 375 is ek kan 'n jakkals oor die spieëltjie skiet of as ons buffel jag skroef ek die scope (QD ringe) af. Die kombinasie werk vir my goed vir 'n elke dag bakkie geweer op die plaas. So nou en dan skiet ek sommer tarentale met hom om in oefening te bly. My 375 is nou wel gladnie 'n klassieke geweer nie, eintlik lelik. Maar hy maak mooi!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Wat lekker is van die 375 is ek kan 'n jakkals oor die spieëltjie skiet of as ons buffel jag skroef ek die scope (QD ringe) af. Die kombinasie werk vir my goed vir 'n elke dag bakkie geweer op die plaas. So nou en dan skiet ek sommer tarentale met hom om in oefening te bly. My 375 is nou wel gladnie 'n klassieke geweer nie, eintlik lelik. Maar hy maak mooi!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2330
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Dankie vir julle bydraes,nou lekker gelees.
Wat tans nuut beskikbaar is en in my begroting pass is CZ 550 375 H&H.416 REM en 458 winmag.
Winchester M70 in 375 H&H EN 416 REM
Ek glou daar is n paar juwele wat erens in n kluis staan,so as julle weet van iets laatweet asb .
My verstand se 375H&H maar as dit by gewere kom gaan my besluite my verstand te bowe.
Iets IN 416 sal werk.

Last edited by Diesel Dog on Tue Mar 29, 2022 8:13 pm, edited 1 time in total.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Ons kan 'n 375 so bietjie vinniger laat skiet met ligter koele. Kan so by die 2900vps gaan draai met 200 en moontlik 235gr. Hang af van looplengte.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2330
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Marius ek soek juis iets wat stadiger skiet wat man dalk lood koeels kan voer vir goedkoop skiet.
DD
DD
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Gaan vir die 375HH in die Win of CZ. Jy sal glad nie spyt wees nie. En dit gaan ook nie jou enigste big bore wees nie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Big Bore vir beginner.
'n Lekker 300-350 loodpil sal werk in die 375 as jy dan spoed wil afbring. S335, IMR3031, VV N133/4, Norma N201 of H335 sal werk met verminderde ladings om so 1800vps te gee. Dacron en "gas check" is nodig vir daardie ladings.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Dash431
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Die 350gr Barnes TSX FB teen ongeveer 2200 fps gaan dalk n lekker opsie wees.Diesel Dog wrote: Tue Mar 29, 2022 8:19 pm Marius ek soek juis iets wat stadiger skiet wat man dalk lood koeels kan voer vir goedkoop skiet.
DD
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7987
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Ek sou sê jy moet soek vir n cz550 in 416 Rigby ... omdat ek nog altyd een wou hê 
Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2330
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Is 22" loop lank genoeg vir 375 H&H of gaan jy spoed opgee?
DD
DD
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 316
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: Big Bore vir beginner.
Jy gaan, in die jagveld, niks met 'n 24" loop .375 H&H kan doen wat jy nie met 'n 22" loop .375 H&H kan doen nie.
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2330
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Ek is bly dat die korter loop nie n probleem is nie. Geno het my op die geweer se spoor gesit en
die Brno 375 H&H behoort voor volgende jaar die tyd in my kluis te wees .
[img]//uploads.tapatalk-cdn.com/202201 ... af1225.jpg[/img]
[img]//uploads.tapatalk-cdn.com/202201 ... 3a18a0.jpg[/img]

Last edited by Diesel Dog on Sat Apr 02, 2022 9:45 am, edited 1 time in total.
-
Dash431
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Baie mooi roer!
Geluk met die koop.
Geluk met die koop.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Geluk DD!
Daardie roer en sy prys is meer as reg!
Geniet hom!
Daardie roer en sy prys is meer as reg!
Geniet hom!
Goed, beter, 6millimeter!
- Bonesjara
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Tue Jun 07, 2016 8:10 pm
Re: Big Bore vir beginner.
Baie geluk! Jy gaan hom geniet!
Sent from my SM-G998B using Tapatalk
Sent from my SM-G998B using Tapatalk