Goeienaand Jaracal,
Ek toets n idee: sal n mens n Weaver/Picatinny-tipe montering kan maak wat in/op die agterste visier van n 303 SMLE pas? Dit behoort tog haalbaar te wees want die agterste visier is geklink met n gaatjie deur die loop, en sit gewoonlik baie styf. Ek twyfel dus of hy sal rondskuif.
Tweedens: sal dit werk? Bedoelende of die sweepslag van die loop ens die teleskoop sal breek? Daar is immers meer beweging aan n loop as aan n aksie. Teenargument: n pistool se glystuk beweeg baie, en vinnig, en die RDS'e hou dit.
Agtergrond: ek stoei nog met n ontwerp van n bakkiegeweer en wil graag n RDS of n "scout scope" opsit. Die visier van die SMLE sit presies waar die teleskoop moet vaskom...
Ek luister graag, en by voorbaat dank.
Teleskoop monteer op SMLE visier?
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Teleskoop monteer op SMLE visier?
Daar was 'n maatskappy, XS Sights, wat blykbaar sulke monterings gemaak het. Ongelukkig het hulle blykbaar nie meer die masjinerie om dit te doen nie.
Ek plaas egter 'n skakel om te wys hoe dit lyk: https://www.adorama.com/xssm6124rn.html
https://www.shootersforum.com/threads/s ... le.188689/
http://www.scoutrifle.org/index.php?topic=7157.15 Kyk nogal na die een prentjie. Dit is die voorblad van die plaaslike Magnum tydskrif se Januarie 2016 uitgawe waarin so projek bespreek word.
https://www.gunboards.com/threads/scope ... 1.1009106/
https://www.galatiinternational.com/no- ... scope.html
Hopelik kan dit help.

Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Teleskoop monteer op SMLE visier?
Baie dankie, dis regtig gaaf.
Kan jy dalk help met n paar Rand ook
n S&K Instamount kos $108.50 , en vervoer ten minste nog $45
Ek gaan begin soek - êrens moet iemand in SA een hê, en dit is nog laaaank voor ek die lisensiekaart het.

Goeienaand Jaracal, die lisensie is goedgekeur!
Dit lyk nie of passende monterings in SA beskikbaar is nie. Ek sal dus n montering moet (laat) maak. Nou is die vraag na die materiaal: goeie aluminium of eerder staal? Ek het n blokkie nodig van 11.5mm x 28mm x 100mm.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Teleskoop monteer op SMLE visier?
Maak dit van staal.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm