Hand wapen belt vir elkedag dra
-
ricus 1
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Sat Feb 08, 2014 10:19 pm
Hand wapen belt vir elkedag dra
More almal. Waar kan ek n belt koop om te gebry vir my cz75 se holdster? My leer belt rek te veel.
Groete Ricus
Groete Ricus
-
sPRINGHAAS
- Sr. Member

- Posts: 332
- Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Hi Ricus. Ek(en meeste van my vriende) dra aan n CR Speed beld. Baie gelukkig met hom. Hy is lekker stewig en vou ook nie om nie. So selfs as ons stoei bly hy mooi sit
- Meteor
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Ek hou van my Wilderness belt van Hailstorm maar soek nou n leer belt met n buckle en gaatjies want ek wou n belt he wat ook mooi lyk in formele klere. Ek gaan vir my n ArmyAnt belt van DaveSheer bestel.
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
-
sPRINGHAAS
- Sr. Member

- Posts: 332
- Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Dis verseker iets om in gedagte te hou... wat jou doel vir hom is. Ek het huidiglik nie n tuckable holster nie, maar sodra ek een kry gaan n meer formele belt maar moet saamkom. CR speed nie juis gepas vir dit nie.
-
ricus 1
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Sat Feb 08, 2014 10:19 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Baie dankie vir die raad. Ja ek soek n belt vir elke dag se dra. Ek het die besluit geneem. Om my handwapen elke dag te dra.
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Hand wapen belt vir elkedag dra
Ek het self na Army Ant se belt gekyk so tyd terug, dit lyk na goeie kwaliteit. Al probleem wat ek kon sien (Wat vir 95% hier NIE 'n probleem gaan wees) is omdat ek dik is gaan daar 'n las in die belt gemaak moet word, blykbaar sien jy skaars die las. Vir die prys kan jy seker nie 'n fout maak, hulle maak immers holsters en behoort te weet 'n goeie belt is uiters belangrik.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Hi Ricus
N stewige egte leerbelt (nie Woolies se genuine leather made in china nie) behoort nie noemenswaardig te "rek" nie. Dis wanneer dit 2e graad leer is dat die belt nie egalige dikte het nie dat die dun gedeelte begin rek.
Woodheads se leerbelde sal jou jare hou...maar gaan kyk ook by Kaap agri vir Tarzan se leerbelde - of as jy op n dag op Tulbagh kom stap by Tarzan skoene in en kyk na hulle belde.

" My idea of gun control is using BOTH hands!"
-
ricus 1
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Sat Feb 08, 2014 10:19 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Baie dankie almal. Viking ek sal by Kaap agri en Tarzan gaan kyk. Groete
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Ek dra al vir byna twintig jaar skietgoed saam. Belde moet aan 'n paar vereistes voldoen: 'n leerbeld moet twee- of drievoudige leerlae hê, en hy moet deeglik gestik wees. Dus 5-8mm dik en 32-40mm breed. Die verskillende lae leer veroorsaak dat hy nie buig nie en die stiksels veroorsaak dat hy nie rek nie.
Met webbing Belde het ek 'n aangename verassing beleef. My vrou het "jarre en jarre gelede" by Edgars twee mooilyk webbing belde gekry saam met 'n denim of 'n romp. En op 'n dag het my leerbeld gebreek, toe dra sy die goed daar aan. Nodeloos om te sê was ek dikbek en stuurs. Twee jaar later dra ek hulle nog steeds. Die webbing is sag en kan dus deur smaller broeklussies buig. Hulle is breed genoeg om gewig te dra.
Onthou om jou beld buite-om die holster en skietding te dra. Dan vang die beld die gewig van die skietding baie beter op.

- Dawid S
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Sat Nov 21, 2015 4:44 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Ricus
Ek dra al vir meer sa 20 jaar 24/7.
Die beste beld wat hou bestel ek van USA af. Die beld hou my so 3 tot 4 jaar. Letwel dat die beld daaglik gedra word op die plaas. Jy wil he dat die pistool teen jou lyf bly en nie na 'n paar dae soos 'n slap ding weg van jou lyf begin hang nie. Die cowboy dae is verby. Kyk na Wild Bill concealment. Ek het oor die jare drie stelle bestel van hulle en hulle diens is goed. Dit kos baie maar die belde hou goed en jy kan jou buckle verander. Ek kon nog nie plaaslik 'n stewige dubbel beld kry nie. As jy bestel gebruik lugpos dit maak die wag korter. Bestel dan ook vir jou van hulle holsters dit is top kwaliteit.
http://www.wildbillsconcealment.com/index.html

Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
EK het by Clothing City 'n Eagle leerbelt gekoop vir seker so R200 en die ding is so stewig soos jou matriek-girlfriend se boudjies was. Ek gebruik hom sommer ook saam met 'n Fobus holster wanneer ek Steel Challenge skiet en ek het nog nooit rede gehad om te wil kla nie. (ten minste nie oor die belt nie, die skote wat mis het niks met die belt te doen nie XD)
Of so iets
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4790
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Ek het by Sedgefield se mark eendag 'n baie goeie leer gordel gekry. Dit is beslis dikker as die winkel soort, met dubbel brons gespe en mins stik werk - hou nou al so 3 jaar! Dis baie gemaklik en lyk goed. As jy weet van iemand wat leer werk doen vra vir so een. Die alternatief is om na van die VSA gordels te kyk ek het 'n DKW Looper by HAilstorm gekoop. Maak net 100% seker van die gordel grote - Looper se aanwysings is nie 100% nie.Harambe wrote:EK het by Clothing City 'n Eagle leerbelt gekoop vir seker so R200 en die ding is so stewig soos jou matriek-girlfriend se boudjies was. Ek gebruik hom sommer ook saam met 'n Fobus holster wanneer ek Steel Challenge skiet en ek het nog nooit rede gehad om te wil kla nie. (ten minste nie oor die belt nie, die skote wat mis het niks met die belt te doen nie XD)
Jy kan ook na die Middelburg gordel kyk. https://www.elsfineleather.com/ Ivan se produkte is nie goedkoop nie, maar jy gaan heel moontlik die gordel vir jou seun nalaat. Hy is in die Kaap en jy kan deur ry vir 'n aanpas.
Ek kan nie glo daar is nie iemand in SA wat leergordels maak wat nie ook 'n gordel maak met, of versterkte leer of met 'n insetsel kan maak nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
ricus 1
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Sat Feb 08, 2014 10:19 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Baie dankie aan almal se insette. Ek sal bietjie my huiswerk doen en dan besluit wat ek gaan doen. Ek sal laat weet wat ek gedoen het. Groete
-
ricus 1
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Sat Feb 08, 2014 10:19 pm
- Meteor
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Lyk mooi jong.
Ek dink die Army Ant so R600.
Ek dink die Army Ant so R600.
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
- Boerboel
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Mon Apr 20, 2015 7:51 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Ek het nou vir my 'n Ross belt gekry, dra dit al vir 'n maand, en baie beter as my voorige belt.
http://www.jizni.co.za/84-gun-belts
http://www.jizni.co.za/84-gun-belts
IF GUNS WERE OUTLAWED ONLY OUTLAWS WILL HAVE GUNS
Mauser 22LR
Musgrave 7x57
Howa 6.5 PRC
Zastava 375HH
Jacques van der Merwe
Mauser 22LR
Musgrave 7x57
Howa 6.5 PRC
Zastava 375HH
Jacques van der Merwe
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Hoe werk die Ross produkte nou?
Sover ek weet maak hy nie meer die produkte, of maak hy dit wel nog en verskaf slegs aan groothandel?
Dit is 'n goeie prys vir die Ross belt, beter as Army Ant
Sover ek weet maak hy nie meer die produkte, of maak hy dit wel nog en verskaf slegs aan groothandel?
Dit is 'n goeie prys vir die Ross belt, beter as Army Ant
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- Meteor
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Jammer ek was verkeerd oor die Army Ant prys, die belt deur Army Ant is R450. Dit is n leer belt met Kydex ingesoom. Die Kydex maak dit meer rigied.
Edit: ek sien die Ross het ook n "stiffener insert". Dit is darem maar n aantreklike belt jong, ek gaan sommer nou-nou op n 2 maand boontjie dieet
Edit: ek sien die Ross het ook n "stiffener insert". Dit is darem maar n aantreklike belt jong, ek gaan sommer nou-nou op n 2 maand boontjie dieet
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
-
ricus 1
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Sat Feb 08, 2014 10:19 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Ek het ook toe vir my n ross belt gekoop. Baie sterk gemaak. Ek sal laat weet hoe ek voel oor hom na n maand of twee. Groete Ricus
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Dagse
watse belde werk deesdae?
webbing? leer?
hou van snipr gear se belt met die dagger in. maar nie mal oor hulle gespe nie.
sal graag wil leer dra. maar in my dorpie is dit net google. en kan nooit sien en vat aan die goed nie

HOU HOM DAAI DIKTE
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
El Paso maak n geskikte leerbeld. Ek gebruik so een op Sondae en kan nie kla nie. Daar is beter en duurder belde beskikbaar by Hailstorm . Dit is die belde met n swaardiens laminaat-invoegsel.cassie_calvinia wrote: Thu Apr 07, 2022 12:27 pm Dagse
watse belde werk deesdae?
webbing? leer?
hou van snipr gear se belt met die dagger in. maar nie mal oor hulle gespe nie.
sal graag wil leer dra. maar in my dorpie is dit net google. en kan nooit sien en vat aan die goed nie
Vir Ma-Sa gebruik ek Cytac Tactical, hulle kos ongeveer R400-R450.
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1616
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Kore belde wat Hailstrom invoer. Kry hulle in leer of "webbing". Al hulle belde is versterk en styf sodat wapen nie belt laat vervorm en broek aftrek nie. Hulle gespe-stelsel verstel op 'n "ratchet" , kan stywer/losser maak sonder om gespe los te maak en kan fyner verstel as met gaatjies. Hulle is aan die duur kant, maar verseker die moeite werd.
https://www.koreessentials.com/
https://www.koreessentials.com/
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Weet nie of jy al reggekom het nie maar ek het onlangs 'n Ross leather gunbelt gekoop. Jy kry hulle in bruin en swart leer. Ek was verbaas dat mens nog sulke stewige netjies afgewerkte leer belde kry. Dis heel gemaklik vir elke dag dra maar baie stwewig en voel amper dieselfde stewigheid as my CR Speed belt. Jizni verkoop hulle en die prys is ook baie billik vir die kwaliteit wat jy kry. Die belt is netjies genoeg om by enige klere aan te trek.
Maak 'n verskil
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Hand wapen belt vir elkedag dra
Skies ek het soos my gat gelees. Ignoreer my pos hierbo. Is jy tevrede met jou Ross leather belt?ricus 1 wrote: Fri Jul 28, 2017 7:19 pm Ek het ook toe vir my n ross belt gekoop. Baie sterk gemaak. Ek sal laat weet hoe ek voel oor hom na n maand of twee. Groete Ricus
Maak 'n verskil
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm