Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek is al deur die hele spektrum van goedkoop, na so duur ek is bang om die ding te gebruik. Deesdae is daar 'n spyderco pacific salt lc200n in my sak. Vir my gebruik is dit amper die perfekte mes, tot daar 'n spydiechef lightweight uitkom....
Benchmade Osborne design elke dag in die hospitaal
As ek bosvarke jag en slag n Victorinox Hunter Pro M Alox
Ek het altyd n Havelon met so 15 nr 60 post mortem lemme beet
Soms n Spyderco Paramilitary II Titanium
Soms n Spyderco Delica as ek dink ek gaan hom verloor
As ek met n oopvisier jag dra ek n fixed blade uit NZ deur Gary von Gruff. Lieflike mes met n mild steel lem wat flymskerp slyp in minute, en n mooi patina ontwikkel.
In die kamp n stel Kershaw Blade traders.
Agterop die bakkie is twee kapmesse of kelembes om n skietpad oop te kap op n varkvoer
Daar is ook altyd n Victorinox multitool in my camelback, en n Leatherman Wingman in my rangebag. En n Coldsteel kudu (aka Okapi) in my bakkie.
Tussen n Victorinox Alox and n mes van n mesmaker virend.
Dit hang maar af van die broek wat ek die dag dra, die Alox is lig en dra maklik in enige broek. Die ander mes het gewig aan hom.
Ek is op soek na die oorsponklike okapi wat voor 1988 deur Soligen vervaardig was en dan ook na die Kudu mes wat basies n verbetering van die okapi was. Soek dit vir my versameling. Weet iemand dalk waar hierdie messe te koop is.
Ek dra nou al vir n klompie jare die volgende kombinasie:
Leatherman Charge met sy ekstra bit set op die heup.
Honey Badger Wharncleaver medium D2 in my broeksak gehak met sy knip.
CRKT Minimalist Bowie in sy kydex skede heel voor op my belt suiwer vir as die pawpaw die fan strike.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Kan julle manne dalk se waarmee julle jul messe skerp maak ook. Sal mens n' Honey Badger met D2 lem, se lem opneuk as jy hom sommer deur een van daai slypers met die V wat Crown verkoop trek?
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Chris (vdB) wrote: Sun Apr 17, 2022 5:22 pm
Kan julle manne dalk se waarmee julle jul messe skerp maak ook. Sal mens n' Honey Badger met D2 lem, se lem opneuk as jy hom sommer deur een van daai slypers met die V wat Crown verkoop trek?
D2 sal waarskynlik "daai slyper" beskadig
Chris, die maklikste is met skuurpapier op n stukkie sagte leer. Dit gee n effe ronde snyvlak, maar hy is sterker as die gewone reguit snyvlak, en slyp vinnig. Die nadeel is dat hy bietjie vinniger wegslyp as met n gewone slypsteen, maar darem stadiger as met n bandslyper.
As dit n spogmes is sal ek eerder die moeite doen om hom met iets soos n Lansky of n Warthog of n Tormec te slyp, of iemand betaal om dit professioneel te doen.
Die deurtrekslypers is regtig net goed genoeg vir messe met swak staal, of as jy werklik nie omgee nie.
As jy nie hou van sukkel nie, kry 'n warthog en klaar. Ek slyp elke jaar minstens een stel steentjies weg op hom. Ek het 'n lansky ook en gebruik hom, die resultaat is indrukwekkend maar dis nie bedoel vir die besige jagseisoen nie.
Vir uit en uit 'n selfverdediging mes sal ek op iets soos 'n lansky stel slyp. Hy gaan mos lank hou en vlymskerp wees die dag as jy hom nodig het.
Chris (vdB) wrote: Sun Apr 17, 2022 5:22 pm
Kan julle manne dalk se waarmee julle jul messe skerp maak ook. Sal mens n' Honey Badger met D2 lem, se lem opneuk as jy hom sommer deur een van daai slypers met die V wat Crown verkoop trek?
Ek het heelwat ouer tipe Kershaws, 'n paar CRKT M16's en 'n Gerber Applegate-Fairbairn.
In die jagveld en by die viswater dra ek deesdae 'n Morakniv Companion. Dit is uitstekende waarde vir geld, baie bruikbaar en jy huil nie baie as jy dit sou verloor nie. Vir die prys is dit onverbeterlik.
Ek het n Warthog multi edge as ek bou naam reg het en die V vir kombuis messe maar ek gebruik maar n lansky op my messe, die warthog is vir my n gesukkel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Ek het so paar jaar gelede een van die Monkey messe gekoop wat opslag gemaak het. Daai ding is hard verby. Ek is deur n stel warthog stene net op hom in 3 maande. Ek gebruik die mes baie.
Ek gebruik 'n Worksharp om my messe skerp te hou. As jy dink die Warthog is vinnig, wag tot jy die meneer gesien het. Jou messe bly stomp tydens load shedding maar dis OK.