Hi
Ongedierte beheer was nog altyd vir my interessant, en die mense se vindingrykheid oortref alles. Maar glo my na alles wat ek gelees het glo ek nog dat al die geslagte hierna steeds met die probleem sal stoei want wat ek al van jakkalse gelees het glo ek dat hulle is meester breins wat die hele dag waarneem en koeverte operasies beplan.
Het julle al gehoor dat in die verlede boere jakkalse met driehoek vishoeke gevang het. Die wat ken van sal vir jou vertel dat die grootste voordeel van die metode is dat jy bitter min nie teiken spesies vang nie.
Kommentaar asb
Alternatiewe Metodes
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Alternatiewe Metodes
AvibusAvibus wrote: ...Maar glo my na alles wat ek gelees het glo ek nog dat al die geslagte hierna steeds met die probleem sal stoei want wat ek al van jakkalse gelees het glo ek dat hulle is meester breins wat die hele dag waarneem en koeverte operasies beplan...
Hier is wat ek glo: Dit is bog dat Jakkalse kwansuis so slim is. Hulle is wel uiters versigtig en leer baie gou om gevaar te vermy - die van hulle wat nie versigtig genoeg is nie en nie vinnig genoeg leer nie leef miskien bietjie korter. Dit is egter onsin dat hulle nie uitgeroei kan word nie. Daar was groot dele wat vir jare bykans nooit 'n jakkals geken het nie - bewys dat dit gedoen kan word as die mens saamwerk.
Hierin l? die probleem. Baie boere het verleer om jakkalse te jag. Omrede dit vir 'n geslag lank nie 'n ernstige probleem was nie. A.g.v. ander soorte gebruik van grond (wildsplase, beesplase, vakansie plase, ens.) het die jakkalse nou voet in die deur gekty en teelplekke is vollop. Dit is so dat ons waarskynlik permanent gaan sukkel met jakkalse, maar nie om die rede wat jy gee nie (dat hulle te slim is nie) Dit is baie eerder 'n gebrek aan die wil om op die probleem te fokus, deur die mens, wat die jakkalse 'n kans gee om te floreer. Gaan kuier bietjie saam met van hierdie manne op die forum dan sien jy hoe vinnig sien slim jakkals sy agterw?reld! Met die regte ingesteldheid kom 'n mens v?r - om te glo 'n jakkals is te slim, is die verkeerde ingesteldheid. Presies waar 'n deel van ons probleem begin.
Die vishoek ding staan my nie aan nie - daar is beter en mensliker maniere - jy kan gerus bietjie oplees werk doen hier op die forum om van beter idees te hore te kom.
Lekker lees.
Louis
Last edited by Louis102 on Thu Jul 30, 2009 9:51 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
britsman
- Hero Member

- Posts: 792
- Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm
Re: Alternatiewe Metodes
Louis 102,
Well said. SPYKER OP DIE KOP GESLAAN.
Ietsie wat ek nou die dag aan gedink het. In die ou dae voor daar met dorpers geboer was, het die meeste kleinvee boere in die somerreenval gebied net met merinos geboer. Omdat hulle net in die lente gelam het was daar nie lammers beskikbaar in die winter nie, en die jakkie moes net natuurlikke proei vang, so moes daar minder jakkies oorleef.In daarie tyd het ook die boere met hammels geboer en dus minder oie laat lam.
groete,
brits
Well said. SPYKER OP DIE KOP GESLAAN.
Ietsie wat ek nou die dag aan gedink het. In die ou dae voor daar met dorpers geboer was, het die meeste kleinvee boere in die somerreenval gebied net met merinos geboer. Omdat hulle net in die lente gelam het was daar nie lammers beskikbaar in die winter nie, en die jakkie moes net natuurlikke proei vang, so moes daar minder jakkies oorleef.In daarie tyd het ook die boere met hammels geboer en dus minder oie laat lam.
groete,
brits
Last edited by britsman on Thu Jul 30, 2009 9:30 pm, edited 1 time in total.
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
-
Ambessa
Re: Alternatiewe Metodes
Hallo Louis102 / Britsman
Ambessa
Duidelik het julle twee baie diep gedink. Ja, veranderdere boerderypraktyke (skaaprasse, lamtye, ingesteldheid, ens.) het almal 'n groot rol gespeel om die toestande te skep wat tans soveel hoofbrekens met roofdierskade lewer.britsman wrote:...In die ou dae voor daar met dorpers geboer was, het die meeste kleinvee boere in die somerreenval gebied net met merinos geboer. Omdat hulle net in die lente gelam het was daar nie lammers beskikbaar in die winter nie, en die jakkie moes net natuurlikke proei vang, so moes daar minder jakkies oorleef.In daarie tyd het ook die boere met hammels geboer en dus minder oie laat lam.
Ambessa

