Windbuks "onderhoud"?

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Windbuks "onderhoud"?

Post by Nico de Jager »

Jis manne, hier is ewe skielik n muis plaag by my.
Ek trek toe my windbuks BSA Airsporter en n pakkie Marksman koeëltjies nader.
Wel, ek en my windbuks is nie meer wat ons 40 jaar gelede was nie.
Behalwe dat koeëltjie stadig trek, skiet hy rond en bont.
Hoe maak ek hom skoon of diens ek hom?
Groete
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Windbuks "onderhoud"?

Post by Capt. Yoda »

Daar is nie baie wat jy kan doen nie maar wat heel moontlik gebeur het is die leer "breach seal" het oud geraak en nou seel hy nie meer goed nie. Ek het al gehoor ouens gooi bq oli daar in die "breach plug" (waar die lig uit kom) en dan cock hulle hom n paar keer sodat die oli in die leer in gaan en hom dan weer help seel. Probeer dalk eers iets soos JSB se Exact Diablo koeltjies om te kyk of hy nie beter skiet met hulle nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Windbuks "onderhoud"?

Post by LUAN »

Die ding wat sy akkuraatheid die meeste sal verbeter is die regte pellet. Daai marksman pellets skiet so bont. Kry Jsb of selfs iets soos n gamo pro hunter sal n groot verskil maak. Verder kan jy die geweer strip en kyk na die seel en veer. Jy kan die seel heel moontlik met n sintetiese een vervang ook.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Windbuks "onderhoud"?

Post by Ds J »

Ek het onlangs n Airsporter vir n ou oom oorgedoen. Die parte is skaarser as hoendertande, behalwe as jy invoer uit die buiteland. In Engeland is amper enigiets beskikbaar. Hulle maak selfs nuwe vere. ( https://www.airgunspares.com/gunspares/ ... -mk-1.html )

Kyk in die loop vir roes, aangepakte stof, ens.

Maak hom uitmekaar (neem foto's van elke stap om alles weer reg aanmekaar te sit) en maak alles skoon.

Die leersee"l is waarskynlik droog, gekraak, en geskeur. Jy sal hom waarskynlik moet vervang.

Die kamer waarin die suier loop is dalk selfs geroes. Dit vat werk om hom weer skoon te kry, maar dit is haalbaar.

Die regte koee"ltjies sal n baie groot verskil in die akkuraatheid maak. Kyk vir iets met n plat punt - dit is gewoonlik effektief en akkuraat.

Ek het n ruk gelede kontaknommers gekry:

Adriaan van Rensburg: 082 373 2393 (herstel)

Andre Robinson: 082 257 5667
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Windbuks "onderhoud"?

Post by Zuku »

Kry swaarder koeêls so 8.5 gr, dit sal groepering kleiner maak as al die ander goed in plek is. My Airsporter het 2 x O rings en nie leer wasser nie. Vaseline so af en toe en kry jare diens uir die O rings.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Windbuks "onderhoud"?

Post by LUAN »

N rondepunt is gewoonlik die akkuraatste pellet n platpunt is vir 10m teiken skiet bedoel nie vir ver skiet. Die spesifieke windbuks sal nie sommer meer as 400fps doen. Ek sal nie swaarder as n 8gr pellet gebruik.

Ek sien jys van Riversdal. George se windbuks klub het n paar manne wat ken van winbukse as jy dalk daar verbygaan.

Wimpie Swart
WS AIRGUNS
Cell: 064 349 2115
Address: 2A High Street, George South, George, 6529


Hierdie gekry op die air rifle forum
Vrystaat Vintage Springer Spares
Forum name: Vrystaat
Contact/s: Adriaan
Address: Bloemfontein
Phone/s: +27823732393
Email:
Website:
Services: Supplier and manufacturer of parts for most makes of vintage springers.
Agents for:
Distributors of:
Retailer of:
NB: By appointment only. Infrequently on forum, phone after hours is preferred.
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Windbuks "onderhoud"?

Post by Nico de Jager »

Dankie manne, ek waardeer. Sal julle op hoogte hou.
User avatar
moemin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 84
Joined: Wed Jan 12, 2022 6:47 am

Re: Windbuks "onderhoud"?

Post by moemin »

Dagse, ek neem aan jy het ook nog oop vesier?
User avatar
moemin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 84
Joined: Wed Jan 12, 2022 6:47 am

Re: Windbuks "onderhoud"?

Post by moemin »

Wat ek meen is n goeie air rifle scope sal dalk jou akkuraatheid ook verbeter...
User avatar
swakop_toe
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 52
Joined: Mon Apr 08, 2013 3:23 pm

Re: Windbuks "onderhoud"?

Post by swakop_toe »

Nico de Jager wrote:Dankie manne, ek waardeer. Sal julle op hoogte hou.
En wanneer jy die groepering verbeter het, is hierdie dalk ook 'n opsie? (stywe tong in die kies)

https://airgunplanet.com/what-is-airgun ... it-really/

Sent from my Nokia 5.4 using Tapatalk


Norinco 1911A1 45ACP Compact
Howa 1500 .243Win Varminter
LeeEnfield .303
User avatar
swakop_toe
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 52
Joined: Mon Apr 08, 2013 3:23 pm

Re: Windbuks "onderhoud"?

Post by swakop_toe »

Ds J wrote:Ek het onlangs n Airsporter vir n ou oom oorgedoen. Die parte is skaarser as hoendertande, behalwe as jy invoer uit die buiteland. In Engeland is amper enigiets beskikbaar. Hulle maak selfs nuwe vere. ( https://www.airgunspares.com/gunspares/ ... -mk-1.html )

Kyk in die loop vir roes, aangepakte stof, ens.

Maak hom uitmekaar (neem foto's van elke stap om alles weer reg aanmekaar te sit) en maak alles skoon.

Die leersee"l is waarskynlik droog, gekraak, en geskeur. Jy sal hom waarskynlik moet vervang.

Die kamer waarin die suier loop is dalk selfs geroes. Dit vat werk om hom weer skoon te kry, maar dit is haalbaar.

Die regte koee"ltjies sal n baie groot verskil in die akkuraatheid maak. Kyk vir iets met n plat punt - dit is gewoonlik effektief en akkuraat.

Ek het n ruk gelede kontaknommers gekry:

Adriaan van Rensburg: 082 373 2393 (herstel)

Andre Robinson: 082 257 5667
Ook J, indien jy sou belang stel, op die sleutelbord, hou die ALT knoppie in en tik die syfer op die numeriese sleutelbord:
Alt 0235 ë
Alt 0244 ô
Alt 0234 ê

Vir meer.
https://essentialit.co.za/blog/2013/08/ ... -keyboard/


Sent from my Nokia 5.4 using Tapatalk

Norinco 1911A1 45ACP Compact
Howa 1500 .243Win Varminter
LeeEnfield .303
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Windbuks "onderhoud"?

Post by Ds J »

dankië

dôt wêrk

;)
Post Reply