Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Silwer wrote:Arnold, ek weet nie of hulle voorraad het nie, maar as ek reg onthou is Spartan arms die agent. Hulle behoort dalk te hê of sal kan sê waar jy kan kry.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Ek het al vir hulle gevra maar hulle het nie voorraad nie. Dit is ook dalk n teken dat ek eerder nog n bietjie moet wag
Holster is van Kydex Kreations, sal hom bietjie moet dra om te sien wat moet verander want daar is altyd iets wat kan verander om dit gemakliker te maak
Ek kan ook sommer bietjie terugvoer gee oor my H11. Ek dra hom nou vir net bietjie meer as n jaar en dra hom elke dag. Ek het nooit gedink dit sal so gemaklik dra nie. Ek het myne by Brother Arms gekoop. Die recoil is regtig min en ek skiet die 147Gr punte. Die wapen is ook baie akkuraat. Ek het vir my n Olight Mini Bldr opgesit wat ek saam met hom dra. Het vir my n custom IW holster laat maak deur Hindernis.
Groete.
Dankie vir die terugvoer Konrad, lyk dis 'n wapen wat maar moeilik is om te kry buiten by die groot winkel. Konrad het jy ander pistole gedra voor die HS en hoe vergelyk hulle? Arnold hoe vergelyk jy dit met jou ander wapens? In jul opinie goeie koop, sien dis defnitief nie 'goedkoop' opsie tans teenoor Cz's, Glocks en ander nie. Sou julle selfde roete gegaan het? Is ek reg deur te verstaan dat die groot winkel die regte het op Springfield Hellcat en HS weergawe nie meer beskikbaar is nie?
Ek dink Spartan Arms bring die HS11 in en S&O het dalk die Springfield aangesien hulle ander Springfield produkte ook het.
Ek het die pistooltjie nog min gedra maar hy dra definitief makliker as bv. my G19. Omdat hy kleiner is voel dit wel vir my of hy moeiliker "draw" en dit iets is wat mens kan verbeter met holster setup en oefening.
Die pistooltjie is nie goedkoop nie maar het sy plek. Ek weet nie of hy my G19 sal vervang nie maar met tyd en soos ek vertroue opbou met die gebruik van die wapen kan hy dalk.