Ek het nou weer te veel YouTube videos gekyk en is besig om 'n juk te ontwikkel. Dit lyk nogals na pret.
Skiet iemand met so 'n geweer of 'n replika? Waar kry mens so 'n ding en wat betaal mens?
2 Band Enfield - Skiet iemand nog voorlaaiers?
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
2 Band Enfield - Skiet iemand nog voorlaaiers?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
Silwer
- Full Member

- Posts: 136
- Joined: Thu May 14, 2015 11:30 am
Re: 2 Band Enfield - Skiet iemand nog voorlaaiers?
So 10 jaar terug was voorlaaiers redelik maklik bekombaar. Ek en 'n vriend het gereeld daarmee geskiet. Ons het sannadex gebruik, wat 'n bietjie meer moderne swartkruit plaasvervanger is. Dit was maklik om te kry en goedkoper as ander swartkruit op die mark. Ongelukkig was daar 'n ontploffing by die vervaardiger en hulle moes toemaak. Na dit het die kruit hier in die Vrystaat opgedroog en het ons opgehou skiet. 'n Nuwe kruit is nou op die mark, Obatex. Ek weet net nie hoe maklik dit is om dit en slagdoppies in die hande te kry nie. Ek het lanklaas daaroor navraag gedoen by die winkels. Op gunafrica word heelwat voorlaaiers adverteer vir tussen R3500 en R8000. Om een te koop het jy net 'n voorlaaier bevoegdheid nodig. Jy gaan ook 'n swartkruit permit moet hê om kruit te koop, dit word as 'n plofstof beskou.
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
-
Silwer
- Full Member

- Posts: 136
- Joined: Thu May 14, 2015 11:30 am
Re: 2 Band Enfield - Skiet iemand nog voorlaaiers?
Kyk bietjie na die kanaal op youtube. Die man jag hoofsaaklik met voorlaaiers en maak baie van sy toerusting ens. self.
https://youtube.com/c/capandball
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
https://youtube.com/c/capandball
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 454
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: 2 Band Enfield - Skiet iemand nog voorlaaiers?
Wel, ek weet dat as jy iets wil raak skiet gebruik jy nie 'n 2-band Enfield nie...
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: 2 Band Enfield - Skiet iemand nog voorlaaiers?
Regtig? Dis interessant. Wat stel jy voor as alternatief?JF123 wrote: Fri Jul 29, 2022 7:10 pm Wel, ek weet dat as jy iets wil raak skiet gebruik jy nie 'n 2-band Enfield nie...
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2148
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 2 Band Enfield - Skiet iemand nog voorlaaiers?
Praat met Gert Odendaal. Hy koördineer die jaarlikse swartkruitjag saam met Dok Willie Barnard en MC Heunis. Hulle is redelik gesout en sal graag help.