Ek het nou 'n nuwe Howa 6.5 Creedmoor 26" gekoop.
Ek het ook nuwe brass, koeels (142gr SMK) en kruit (RL26) waarmee ek nog nooit gewerk het nie begin laai.
Ek het 12 x rondtes gelaai. Dit was opgedeel in 5 x 3 skoot ladings om iewers met spoed en TPL te kan begin vir QL.
Ek was bitter gelukkig en een van dei groep meet 7mm en ander een 18mm. Die roer is uitsluitlik vir gonge skiet en speel so die tipe groep is meer as genoeg vir my.
Ek herlaai toe sommer 50 rondtes met die lading en vat hom skietbaan toe.
skoot 13-16 was op jakkals kop gong op 281meter wat almal raak was. Toe skiet my Pa 4 skote met die roer.
Ek is toe reguit 710meter toe en na 3 mis skote ( nat gesaaide koring land as agtergrond help nie!!!) kon ek Strelok Pro true. En skiet toe 2 skote raak op 710meter.
Daarna skiet ek 3 skote in die senter op 600meter geskiet.
So op 28 skote kan ek dalk my 1040meter gong aanvat en hom tref
My vorige 6.5 Creed se loop het eers op 150 skote syb MOA begin skiet op 100m!!!!!!!!
Wat is julle skoot telling met vars geweer en komponente om op 1000meter hits te kry?






